Kuier

KEER SÓ KONFLIK TUSSEN SIBBE

Hoe kan ouers die vrede bewaar as sibbe met mekaar kompeteer en daar kwade gevoelens ontstaan?

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Alle broers en susters kompeteer in die een of ander stadium met mekaar. Hierdie kompetisie tussen sibbe begin reeds gedurende die kinderjare – van daardie onskuldige“wê, jy het raas gekry en ek nie”, tot“ek het meer lekkers of albasters as jy”of“ek kan vinniger hardloop”. Sibbe kompeteer ook graag met mekaar vir hul ouers se aandag.

Kompetisie tussen sibbe kan egter ’n probleem raak as dit daartoe lei dat die een party gevoelens van jaloesie of kwade gevoelens teenoor die ander koester. Hierdie soort kompetisie kom gewoonlik voor wanneer sibbe ouer is. Dan word daar gekompetee­r oor goed wat die volgende kan insluit: Wie die meeste vir Ma of Pa doen; kompetisie oor wie die mooiste, grootste of duurste huis of motor kan bekostig; wie se kinders die beste presteer, ens. Om op hierdie manier met mekaar te kompeteer, is ’n probleem wat nie slegs konflik tussen sibbe kan veroorsaak nie, maar ook gewoonlik ouers by die getwis intrek.

’n Ouer wat moet aanskou hoe haar kinders in onenigheid met mekaar leef, kan magteloos voel omdat dit nie juis eenvoudig is om sulke konflik op te los nie. Toe die kinders jonger was, kon Ma of Pa hul stem dik maak, maar noudat die kinders volwasse is, is die kanse skraler dat hulle die onenigheid onmiddelli­k sal laat vaar wanneer ’n ouer dit versoek.

DALK IN ’N GEMAKSONE?

Ongesonde kompetisie tussen sibbe kan tot groot ongelukkig­heid lei as daar nie vroegtydig werk van gemaak word nie. Daar is selfs gevalle waar sibbe vir baie jare in onenigheid leef omdat hul ouers ’n sekere erfstuk aan hul broer of suster nagelaat het – iets wat hulle verwag het om ná hul ouers se dood te kry. Maar dit is moontlik om die strydbyl te begrawe.

Onderligge­nde kwessies vir ongesonde kompetisie tussen sibbe gedurende hul volwasse jare kan die volgende insluit: Een kind kan ’n selfbeeldp­robleem hê en ongemaklik voel in haar broer of suster se geselskap as hulle meer suksesvol is. Dit kan gebeur sonder dat die suksesvoll­e een hul sukses in hul broer of suster se neus hoef te vryf. Daar is ook gevalle waar ouers die kind wat later minder suksesvol is, kleintyd meer beskerm het en hierdie kind later in ’n gemaksone verval.

As ouers nalaat om jong kinders te dissipline­er as hulle ongesond met mekaar kompeteer, kan die situasie vererger en later heeltemal buite beheer raak.

’n Boek met raad oor hoe sibbe hul verhouding wat deur ongesonde kompetisie gekenmerk word, kan herstel en hoe almal saam kan werk om dit te verbeter, is: Adult SiblingRel­ationships. Dit is geskryf deur Geoffrey L. Greif en Michael E. Woolley en is beskikbaar by Amazon.com.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa