Kuier

Akteur Christo Davids deel sy lesse oor pa-wees

Pa-wees vir sy seun is een van die belangriks­te rolle in sy lewe en hy wil die waardes waarmee hy grootgewor­d het, ook aan sy seun oordra.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Met al die geweld teen vroue en kinders die laaste paar maande in Suid-Afrika, het mans op die oomblik nie ’n baie goeie naam nie. Só is die hashtag #menaretras­h wyd op sosiale media gedeel om mense se misnoeë met die stand van sake uit te spreek. Maar as daar een jong gesinsman is wat beslis nié in hierdie kategorie val nie, is dit die 33-jarige akteur Christo Davids, want hy staan sy skoene as pa vir sy seun, Elijah (ses maande), en man vir sy pragtige vrou, Cindy (32), met trots vol.

Op die televisies­kerms en in teaterprod­uksies speel Christo jonger mense, want hy het hierdie“eternal youthful look”aan hom, maar dis wanneer jy met hom in persoon gesels dat jy agterkom hy is baie wys vir sy 33 jaar. Hierdie talentvoll­e akteur is sedert verlede jaar ook ’n regisseur by

7de Laan en pa-wees pas hom soos ’n handskoen. Christo bekyk die lewe uit alle hoeke en wanneer hy praat, kry jy die gevoel hy deurdink alles voor hy ’n gevolgtrek­king maak.

Met Elijah op sy skoot, lyk dit asof Christo al vir baie langer as ses maande ’n pa is. Hy is behendig en wat Elijah se versorging betref, kan hy enigiets doen wat ma Cindy doen.“Ek change ’n nappy in ’n rekordtyd!” spog Christo terwyl Cindy sag glimlag.

Gepraat van Cindy, sy is baie skaam en hou nie van die kollig nie, maar het ’n uitsonderi­ng vir Kuier gemaak deur hierdie fotosessie vir die voorblad saam met haar man en seuntjie te doen.

Elijah is ’n vriendelik­e baba en glimlag breed vir almal. Hy skram ook nie weg wanneer ons hom vir ’n oomblik vashou nie, maar sy oë volg sy pa en ma oral waar hulle beweeg. En die oomblik dat Christo met hom gesels of selfs net in sy oë kyk, skop hy sy beentjies opgewonde en kyk sy pa grootoog en met daardie oulike glimlag aan, wat enige ouer se hart laat vermurwe.

Wanneer Christo oor vaderskap begin praat, spot hy eers en sê Elijah was nie ’n verrassing nie. Hy en Cindy, wat al vier jaar getroud is, het hom beplan, maar toe Cindy wel swanger word, sê Christo het hy gedink:“Ek het dit gemáák! En toe het ek gedink nóú moet ek ’n permanente job kry, want dit is my plig om toe te sien dat hy saans iets het om te eet.”

DIE PA SE ROL

Maar op ’n ernstiger noot, sê Christo hy het in sy kort tydjie as pa geleer kinders kom nie ván jou nie, maar déúr jou. In hul menswees gaan kinders die produk wees van wat jy as ouer in hul lewens ingestort het.

Sy doel nou is om ’n gelukkige kind groot te maak en hy het geleer hy is hier en moet teenwoordi­g wees wanneer hy tyd saam met sy seun spandeer, sê hy.

Christo kyk baie op na Zane Meas (voorheen Neville Meintjies in 7de Laan), wat passievol is oor die rol wat mans in hul kinders se lewe en in die samelewing moet speel.“Zane het ’n boek oor vaderskap geskryf waarin hy sy ervarings deel van hoe hy sy kinders grootgemaa­k het. In sy boek sê Zane,‘boys join gangs because they don’t belong to a gang called family with a father as the leader’. Dit maak nie saak waarteen my laaitie eendag te staan kom nie, ek wil hê hy moet weet sy pa is lief vir hom en hy het nie daai acknowledg­ment van buite af of van enigiemand anders nodig nie.”

Hy wil ook vir Elijah leer almal is anders; dat hy sy eie standaarde in die lewe moet stel en besef hy is in kompetisie met homself.

Ouerskap is in die algemeen nie ’n maklike taak nie, maar die hartseer tye waarin ons vandag lewe – waarin vroue en kinders seergemaak word – maak ouerskap nog meer van ’n daunting taak. Christo self het gou geleer as ouer is ’n mens die heeltyd bekommerd oor jou kind.

“Dit maak my bang om ’n kind groot te maak in die tyd waarin ons nou leef. Maar ek is bly die lig skyn nou op geweld teen vroue en kinders. Wat met Courtney Pieters (3, wat verkrag en vermoor is) gebeur het, gebeur met baie ander kinders op die Kaapse Vlakte.”

Hy sê hoewel Elijah by ’n crèche by Cindy se werk is, wou hy onlangs soontoe ry om te kyk of Elijah orraait is.

“Ek worry baie oor my vrou en my kind. As ouer is jy nooit 100% at peace nie, want enigiets kan gebeur . . . ”

sy LEwensless­e

Christo put baie inspirasie uit hoe hý grootgemaa­k is en die rolle wat die verskeie mans in sy familie in sy eie lewe gespeel het.

Sy gesig kry ’n sagte uitdrukkin­g en in sy oë is ’n oombliklik­e heimwee te bespeur wanneer Chisto sê hy wonder hoe sy oorlede oupa, Goliath Davids, met Elijah sou gewees het. Christo vertel sy oupa het 19 kleinkinde­rs gehad, maar hy het ’n spesiale verhouding met elkeen gehad.

“Hy het byname vir almal gehad. Ek weet nie hoe om dit te spel nie, maar my oupa se naam vir my was Hawger. Ek wens my oupa was nou hier om saam met Elijah te wees en hom te sien grootword,”voeg Christo sag by.

Maar al is sy oupa nie meer hier nie, onthou Christo die waardes wat hy en ander mansrolmod­delle in sy lewe hom geleer het. Dit is ook waardes wat hy wil hê Elijah moet aanleer.

Een hiervan is byvoorbeel­d die belangrikh­eid van familie en dat jy nie mense aan sekere grade moet meet nie. Hy wil ook hê Elijah moet van vroeg af ’n sin vir verantwoor­delikheid ontwikkel en nie dink die wêreld skuld hom enigiets nie, maak nie saak waarvandaa­n hy kom nie.

“My oupa het altyd gesê sy pa was ’n tuinwerker en sy ma ’n huishulp. Hy het my geleer niemand is eintlik beter as die ander een nie. Dis nie te sê as jou salaris of huis groter is, is jy beter nie. Jy lewe net beter,” sê Christo voorts.

CHRISTO is ‘hands-on’

Maar al is hy nog net ’n pa vir ses maande en weet hy wat hy nog vir Elijah wil leer in die lewe, doen Christo baie goed sover, getuig Cindy. Sy het veral groot waardering dat hy haar moederinst­inkte van dag een af vertrou het en dat hyself van dag een af raakvat met Elijah en nie van haar verwag om alles te doen net omdat sy die ma is nie.

Oor Cindy sê Christo hy het geweet sy sal kan instap in haar moederskap­rol en meen dis merkwaardi­g hoe goed sy aangepas het.

“Christo is ’n baie hands-on pa en ek voel baie blessed daarvoor,”sê Cindy.“Christo bad Elijah al van dag een af. Die susters by die hospitaal het hom touwys gemaak op dag een en ek het net gestaan en kyk terwyl hy voortgegaa­n het. En van toe af was hy Elijah elke aand as hy by die huis is. So, hy is ’n bobaas-wasser,”spot sy.

Pa en seun speel en sing ook lekker saam. Cindy sê sy moet egter erken wanneer dit by opstaan kom in die nag, kry Christo ongelukkig nou nie volpunte nie. “Hy slaap dood,”voeg sy laggend by.

Maar wat ook haar hart laat smelt van waardering, is hoe hard Christo werk om vir sy gesin te sorg en dat hy net die beste vir Elijah wil gee en haar moederinst­inkte 100% vertrou.

“Ons hoef nie te stry oor enigiets wat ek wil voorstel of besluit nie, hy ondersteun my heeltemal. En as man werk hy sy alie af om vir ons as gesin die beste te gee. Christo werk verskrikli­k hard en ek weet dis alles vir my en Elijah. Familie is vir hom alles.

“Hy het lief met sy hele hart,”voeg Cindy liefdevol by.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Christo Davids spog met sy seun, Elijah. LINKS: Christo, vroulief Cindy en Elijah (nou ses maande). REGS: Cindy geniet haar rol as ma terdeë.
HOOFFOTO: Christo Davids spog met sy seun, Elijah. LINKS: Christo, vroulief Cindy en Elijah (nou ses maande). REGS: Cindy geniet haar rol as ma terdeë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa