Kuier

Wrede kindermoor­d ruk opnuut die Wes-Kaap

Ons kinders word vermoor en só kan dit net nie aangaan nie. En kyk ’n mens na die verdagtes, wil jy vra: Wie kan jy nog vertrou?

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Die foto van Courtney Pieters (3), met die lewendige oë en twee vlegsels met haar handjies om haar gesig, sal Kapenaars altyd bybly. Want in plaas daarvan dat ons hierdie foto vereenselw­ig met ’n gelukkige en sorgvrye kind, gaan dit ons altyd herinner aan haar onskuld en toekoms wat wreed van haar af weggeruk is nadat sy op 4 Mei vermis geraak het en sowat ’n week later dood gevind is.

Die media het ná haar dood berig Courtney van Elsiesrivi­er op die Kaapse Vlakte, is klaarblykl­ik voor haar moord twee keer verkrag en dat bene in haar liggaam gebreek is, maar die finale uitslag van die nadoodse ondersoek was teen druktyd nog nie bekend nie.

Die brutalitei­t van haar dood is amper te veel om te verduur . . . veral vir mense wat self kinders of familiekin­ders van daardie ouderdom het.

Dis juis dié nou al bekende foto van Courtney wat op ’n kruis vasgeplak is op die toneel waar ’n soekspan haar lyk op Saterdag 13 Mei in die besige Bofors Circle, ’n straat in die industriël­e gebied van Epping, gevind het. Epping is nie baie ver van Elsiesrivi­er af nie.

Courtney is egter nie die eerste kind wat so wreed in die Wes-Kaap vermoor is nie . . . Ná haar dood het die nasionale vervolging­sgesag aangedui daar was vanjaar tot dusver reeds 19 kindermoor­de in die provinsie. Maar dis asof Courtney se verkragtin­g en moord die pleister afgeruk het van die vars wonde wat die moorde van onder andere Stasha Arendse (11) en Rene-Tracy Roman (13) van die Kaapse Vlakte en verlede jaar Shamonique Claasen (10) van Paarl reeds op gemeenskap­pe gelaat het.

Die refrein wat nou oorverdowe­nd opklink is:“Genoeg is genoeg! Dit kon my kind gewees het . . . Hou op ons kinders vermoor!”

OP DIE TONEEL

Met Kuier se besoek aan die toneel in Epping waar Courtney se lyk gevind is, staan die staalhek met blomme, baniere en plakkate met boodskappe soos“R.I.P. Courtney”en“Enough is Enough! Your child is my child & my child is your child” daaraan vasgemaak, uit soos ’n seer duim. Só ’n toneel pas nie in by hierdie bedrywige gebied nie.

Maar dis wanneer jy by die toegangs- hekkie ingaan en oor ’n oop stuk veld vol sanderige grond en dorings stap, dat ’n ander toneel ’n paar meter vorentoe na regs om die draai jou eers laat vassteek en dan nader laat loop sodat jy kan kyk of jou oë jou nie bedrieg nie.

Met elke tree wat jy gee, raak die prentjie in die stowwerige hoekie langs die treinspoor duideliker en wanneer jy uiteindeli­k naby is, ruk jou maag, want dit lyk asof daar onlangs ’n begrafnis was. Hier is ook blomme en plakkate met boodskappe van liefde. Maar dis die kruis met Courtney se foto op, wat die trane in jou oë laat opwel.

Die hoekie agter die blomme en kruis is bebos en besaai met onder meer chipspapie­re en wit takeaway-bakkies. Dit is moeilik om te dink dis waar Courtney dood gelê het terwyl die Elsiesrivi­ergemeensk­ap en omliggende gemeenskap­pe se buurtwagte en veiligheid­sforums op die Kaapse Vlakte naarstigte­lik na haar gesoek het. En dis waar sy dood gelê het terwyl haar ouers, ma Juanita Pieters en pa Aaron Fourie, rasend van bekommerni­s gehoop en bid het hul laatlam word lewend gevind.

Courtney het nog aan haar ma (se

bors) gedrink en veral die aande was vir Juanita die ergste, want dit is daardie tye wat sy en haar laatlam daardie ekstra spesiale oomblikke gehad het.

Maar in plaas van warm in haar ma se arms lê, is Courtney gedump asof sy vullis was – nes die leë chips-papiere en takeaway-bakkies wat weggesmyt is nadat geen gebruik daarvoor mee gevind kon word nie.

En toe die verdagte in Courtney se saak gearrestee­r en aangekla word, het dit baie mense tot in hul diepste wese geskok en ander se emosies kookpunt laat bereik. Die verdagte is Mortimer Saunders (40), die seun van ’n priester en ’n jare lange vriend van Courtney se pa, wat vir die afgelope twee jaar ’n kamer in dieselfde huis gehuur het waar Courtney se ouers al sewe jaar geboard het.

Luidens mediaberig­te het CCTVkamera­s Mortimer opgeneem waar hy die toneel waar Courtney se lyk gevind is, besoek het. Juanita en Aaron het hom herken. Al het die amptelike verhoor nog nie begin nie en is Mortimer nog nie skuldig bevind nie, is hy die laaste mens wat enigeen – veral Courtney se ouers – verwag het gearrestee­r sou word. Want hy het ná Courtney se verdwyning met sy hand simpatiek op Juanita se skouers, gesê,“toemaar, ons gaan haar kry”. Hy is ook te sien op ’n video by die huis, waar hy en Courtney se ouers geboard het, tydens ’n gemeenskap­sgebed-sessie vir haar terugkeer.

Juanita is eers deur die gemeenskap omarm. Maar teen druktyd was óók sy in die spervuur en word sy selfs daarvan beskuldig dat sy ’n verhouding met Mortimer gehad het en kop in een mus met hom was met haar kind se moord.

Sy is ook gekritisee­r dat sy nie gou genoeg opgetree het toe Courtney in die week van haar verdwyning na bewering vir haar gesê het Mortimer het haar aan sy“penis laat suig”nie.

Mense het rooi gesien en dit was soos ’n pressure cooker waarvan die deksel afgeskiet het, want in video’s op sosiale media kan gesien word hoe gemeenskap­slede met Mortimer se hofverskyn­ings betoog. Hulle het ook die polisie beskuldig dat hulle hom beskerm.

Met Mortimer se tweede hofverskyn­ing op 24 Mei het omstanders ook hul woede na Juanita gemik. DUBBELE SEER Toe Kuier met Juanita gesels by die huis waar sy en Aaron board, hang daar ’n sterk reuk van skoonmaakm­iddels in die lug. Die reuk kom uit die kamer wat Mortimer gehuur het en gaan sit vas op jou tong. Die kamerdeur staan oop. In die kamer staan ’n yskas, ’n enkelbed sonder matras en ’n tipe lessenaar. Dit is dieselfde kamer waarin daar ’n week voor die onderhoud ’n“vrot reuk gehang het”, sê Roegchanda Pascoe, wat as familiewoo­rdvoerder optree en ook voorsitter is van die Manenberg Safety Forum op die Kaapse Vlakte.

Daar word bespiegel dat Courtney se lyk in hierdie kamer gehou is, vandaar die stank wat in die kamer gehang het, en dat Mortimer haar na bewering in die industriël­e gebied in Epping gaan

versteek het.“Saans wanneer ek van Juanita-hulle af by my huis aangekom het, het my kinders gesê ek stink,”sê Roegchanda. Mortimer se familie het sy goed kom haal, verduideli­k Roegchanda.

Wat egter die aandag trek, is die tafel met teddiebere, kerse en kaartjies vir Courtney wat in die voorhuis staan. Juanita sit op die bank langs dié tafel en in haar oë sit ’n diepe seer en verlatenhe­id. Sy is fyn van postuur en haar lyftaal is dié van iemand wat lewensmoeg is.

Gedurende die onderhoud skop sy haar voet gereeld voordat trane haar oë vul en sy begin vertel hoe sy haar kind mis, maar dat sy skaars kan rou omdat sy ook moet deal met al die beskuldigi­ngs en kritiek. Wanneer Juanita egter praat oor die vreugde wat Courtney in haar drie jaar op aarde in háár lewe gebring het, hou haar voet op skop en is daar weer vir ’n kort wyle lewe in haar hartseer oë – todat sy net weer besef Courtney kom nooit weer terug nie.

Behalwe Courtney, het Juanita en Aaron ’n seun, Adrian (6), saam. Juanita het ook twee dogters, Michaela (15) en Andrea (20), uit ’n vorige verhouding.

Dit was juis Adrian wat nog saam met Courtney daardie oggend van 4 Mei in die bed was toe Juanita gaan werk het. Courtney het deur die loop van daardie dag vermis geraak.“As ek in die aande gaan slaap, dan mis ek haar, want sy het nog tet (borsmelk) gedrink. Haar broertjie, Adrian, lê nou saans op haar plek. Ek druk meestal van haar klere teen my vas. Ek mis haar baie en huil baie,”sê Juanita met haar oë vol trane.“Ek is seer binne. Ek kan klaar nie haar dood verwerk nie, nou hoor ek ek was saam (met Mortimer) in die ding. Wat my die seerste maak, is dat almal nou dink ek het haar laat doodmaak terwyl hulle nie weet wat hierbinne aangegaan het nie. Óns weet nie eens wat hier aangegaan het nie.”

Juanita vertel sy was in die werk toe Courtney verdwyn. Sy sê daardie dag was ’n 17-jarige familieseu­n in die ander kamer, Mortimer (wat toe op verlof was) in sy kamer en ’n ander huurder wat buite in ’n wendyhuis bly, was by die huis toe sy gaan werk het.

Ten spyte van haar seer sprei ’n glimlag oor haar gesig wanneer sy onthou hoe Courtney en Adrian haar maak belowe het dat sy vir hulle die aand lucky packets sou huis toe bring. Sy het dit gebring, maar in plaas van haar babadogter se gesig sien ophelder oor die lucky packet, was sy begroet met die nuus dat haar kind weg is. Sy het Courtney daardie oggend vir die laaste keer lewend gesien.

“Ek het bly hoop en glo ons gaan haar kry. Ek het selfs al haar lucky packet vir vier dae gehou, toe gee ek dit maar vir Adrian,”sê Juanita sag. Die aandag wat Courtney se saak gekry het, oorweldig haar steeds. Sy was ook verbaas oor die aantal mense wat opgedaag het vir haar begrafnis.

“Ek het die helfte van die mense by die begrafnis nie geken nie. Ek was in my eie wêreld daardie dag. Vir my was dit: Hier gaan my kind se kissie en ek gaan haar nooit weer sien nie. Voor sy verdwyn het, het sy reeds so oubek geraak . . .”

Die emosies oorweldig weer vir Juanita en die trane begin rol.

Toe sy kalmer is, praat Juanita ook oor al die aantygings wat teen haar gemaak word en erken Courtney het in die week van haar verdwyning na bewering eers vir Aaron en ook vir haar gesê Mortimer het haar“sy penis laat suig”. oor die aantygings “Ek het vir haar gevra wat praat sy en gedink sy het dit opgetel by kinders in die pad. Ons het ook nie so iets van hom verwag nie en Courtney het daarna nie weer van so iets gepraat nie. As ek haar gewas het, het sy altyd haar boude toegeknyp en gelag, maar nie gekla dit (vagina) was seer nie. Sy het al ’n bietjie verstand gehad en sou gesê het as dit seer was. Ek het ook niks snaaks soos bruises (aan haar geslagsdel­e) opgelet nie,” verduideli­k Juanita.

Daar was ook al berig dat Courtney al by geleenthed­e haar geslagsdel­e gekrap het. Juanita sê dit was nie vreemd nie omdat sy nog in haar pantie gepie het, wat jeukerighe­id veroorsaak het.

Juanita voeg by sy het van“day 1 af nie van Mortimer gehou nie”omdat hy glo moeilikhei­d tussen haar en Aaron gemaak het, maar hy en Aaron was van kleins af vriende.“Maar al het ek nie van hom gehou nie, het hy goed (ordentlik) voorgekom. Ek dink nie ek kan vir mense beskryf wat ek voel nie. Ek mis Courtney elke uur van elke dag en lê halwe nagte wakker. Haar plekkie in my hart is leeg.”

Roegchanda, wat Juanita-hulle bystaan nadat ’n verteenwoo­rdiger van die

Mitchells Plain Crisis Forum haar gevra het om die media betrokke te kry, het ook in die spervuur beland by mense wat ook nou Juanita se bloed soek.

“Wat ek nou gaan sê, gaan niks beteken nie, maar almal wat nou so vinger wys, moet vir my antwoord hoekom die system nie ons kinders protect nie. Wat sou gebeur het as Juanita gepraat het (oor Courtney se beweerde seksuele molesterin­g deur Mortimer), want ek weet van sake waar rapists nou nog buite rondloop. Ons lewe in ’n cruel society waar vir jou uitgeroep sal word ‘jy’s ge-rape!’. I don’t blame people if they don’t speak up. Hulle (die publiek) wil haar straf, maar haar scars is eternal,”sê Roegchanda. te veel moorde Courtney se verdwyning, verkragtin­g en moord, het die Wes-Kaapse media vir weke oorheers en veral ouers aangegryp en gemeenskap­pe met emosies van woede en hartseer gelaat, want dit was die soveelste kind in die provinsie wat so wreed aan haar einde gekom het. Selfs president Jacob Zuma het Juanita en Aaron besoek om te simpatisee­r. Hy het ook vir hulle geld gegee en toegesien dat hulle ’n huis van hul eie kry.

Voor Courtney se verdwyning het die sake van veral Rene-Tracy Roman en Stasha Arendse van die Kaapse Vlakte ook opslae gemaak. Rene-Tracy het op 10 Maart verdwyn nadat sy winkel toe was. Haar ontbinde lyk is uiteindeli­k op Menseregte­dag (21 Maart) in ’n wendyhuis naby haar ouerhuis gevind. Luidens nuusberigt­e staan Andrew Plaatjies (50), ’n buurman, tereg op aanklagte van moord en poging tot verkragtin­g.

Stasha het etlike dae nadat Rene-Tracy se lyk gevind is, op 27 Maart, vermis geraak. Sy het dié dag movies by ’n maatjie se huis gekyk. Haar naakte lyk is in die vroeë oggendure van die volgende dag naby ’n sportkompl­eks in Tafelsig, Mitchells Plain gevind. Die polisie het haar klere naby haar lyk gevind. Sy is verkrag. Randy Tango (32), ’n buurman, is gearrestee­r en luidens nuusberigt­e het hy aan die polisie beken hy het haar vermoor.

het verlede jaar die storie opgevolg van Shamonique Claasen (10) van Groenheuwe­l in die Paarl. Shamonique het op 27 Februarie 2016, ’n dag voor haar 11de verjaardag, vermis geraak. Sy is op 29 Februarie 2015 dood aangetref onder ’n bed in ’n familielid se huis op dieselfde erf waar haar ouers in ’n bungalow bly.

Haar lyk was toegedraai in swart sakke en ’n kombers en is gevind nadat bewoners in die huis ’n stink reuk opgetel het. Jerome Amerika (23), haar suster se eksboyfrie­nd, is in verband met haar moord gearrestee­r. Hy het na bewering selfs met die soektog na haar gehelp.

Jerome is in Desember verlede jaar aan Shamonique se verkragtin­g en moord skuldig bevind sowel as aan twee aanklagtes van verkragtin­g van haar suster met wie hy in ’n verhouding was en by wie hy ’n kind ook het. Hy is vyf lewenslang­e vonnisse vir die misdade opgelê.

Wat al hierdie kindermoor­dsake, Courtney s’n inkluis, in gemeen het, is dat hul vermeende verkragter­s en moordenaar­s bekend was aan hulle. Leef ons dus met“monsters”in ons midde? Wie is die monsters? Courtney se moord laat die kollig opnuut val op geweld teen vroue en kinders – veral daardie sake waarin hulle beseer of vermoor word deur iemand bekend aan hulle en hul families. Dit laat ’n mens ook met die ongemaklik­e vraag van hoe goed ken jy regtig jou buurman of enigeen wat jy naby jou kind toelaat?

Prof. Dap Louw, ’n buitengewo­ne professor in sielkunde aan die Universite­it van die Vrystaat, ken hierdie verskynsel alte goed. Hy het 40 jaar met moordenaar­s, verkragter­s en reeksmoord­enaars gewerk. Hy sê internasio­nale en SA statistiek­e toon die meeste kinders word aangerand of gemolestee­r deur iemand wat aan hulle bekend is.“Dis belangrik dat mense van inligting soos hierdie voorsien word, hoewel hulle dit dikwels nie glo of selfs wil hoor nie,”sê hy.

By verkragtin­g is seksuele bevredigin­g dikwels nie die hoofdoel nie.“Navorsing het aangedui dat verreweg die meeste verkragter­s bekend is met vroue (eggenotes, verloofdes, vriendinne, ens) by wie hulle hul seksuele behoeftes op ’n aanvaarbar­e wyse kan bevredig. Dit is egter vir verkragter­s belangrik om aggressief op te tree, om te domineer en te oorheers. Persone wat kinders seksueel molesteer, voel dikwels seksueel minderwaar­dig teen volwasse vroue. Gevolglik is ’n kind vir hom ’n makliker seksuele prooi.”Dit is ook belangrik om te besef dat daar nie ’n“tipiese misdadiger”is nie. Elke mens is uniek; daarom is elke misdadiger ook uniek, voeg Louw by.

Gevra oor of“stranger danger”selfs nog ’n faktor is, sê prof. Naeemah Abrahams van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsings­raad (SAMNR) se Gender & Health Research Unit, as ’n samelewing sukkel ons om vir kinders te sê hulle moet byvoorbeel­d hul pa’s, ooms en oupas vrees.“Dis baie makliker om hulle te waarsku teen vreemdelin­ge, maar ouers móét meer waaksaam rondom hul kinders raak. In arm gemeenskap­pe lewe baie huishoudin­gs bo-op mekaar. Maar ons praat nie oor bloedskand­e (incest) en kinders wat vermoor word deur hul ooms byvoorbeel­d nie. Dit is bloedskand­e-verhouding­s,”verduideli­k Abrahams.

Louw se waarskuwin­g aan ouers is om kennis te dra van nóg ’n statistiek wat aandui dat meer as 50% van alle misdade onder die invloed van alkohol of dwelmmidde­ls gepleeg word. Hou só ’n mens weg van jou kind af, waarsku hy.“Ouers moet baie versigtig wees. Maak 100% seker jy ken die persoon aan wie jy jou kind toevertrou baie goed. Die oomblik as daar enige vreemde gedrag is of jy vind die persoon vreemd, luister na daai stemmetjie van jou. Moenie ’n kans vat nie, selfs al is daar net ’n 1% kans, jou kind se welstand is té belangrik. Offer liewer ’n vriendskap op in plaas van jou kind se lewe.”

Terwyl sommige ouers nog die voorreg het om hul kinders vas te hou, is dit Juanita se volgende woorde wat vassteek:“Kyk mooi na jul kinders. Ek het nie verwag dít sou die man wees wat dit (na bewering) aan Courtney doen nie. Moenie iemand sommer so vertrou nie.”

Dit blyk die gevaar is nader aan ons as wat ons dink . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Roegchanda Pascoe wys die plek waar Courtney Pieters (INLAS HEEL LINKS) se lykie gevind is. REGS: Courtney se ma, Juanita, sukkel nog om die dood van haar kind verwerk. BO: Só het koerante oor Courtney se grumoord berig.
HOOFFOTO: Roegchanda Pascoe wys die plek waar Courtney Pieters (INLAS HEEL LINKS) se lykie gevind is. REGS: Courtney se ma, Juanita, sukkel nog om die dood van haar kind verwerk. BO: Só het koerante oor Courtney se grumoord berig.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die gemeenskap sê genoeg is genoeg, ons kinders mag nie meer vermoor word nie. BO: Die media het lank berig oor die verkragtin­g en moord op klein Courtney.
LINKS: Die gemeenskap sê genoeg is genoeg, ons kinders mag nie meer vermoor word nie. BO: Die media het lank berig oor die verkragtin­g en moord op klein Courtney.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa