Kuier

Man van die Plain kraai koning van die lekkerste grill steaks!

Hy is lief vir kos en het besluit mense hoef nie meer ver te ry vir ’n lekker stuk steak nie. Hy maak dit sommer net daar in Mitchells Plain. Deur Elmarine anthony

-

Dis weggesteek agter ’n gewilde takeaway franchise in Westridge, Mitchells Plain buite Kaapstad, maar mense beskryf dit as die“beste plek om te eet”. En as jy nie verwag om die beste eetplek hier te kry nie, gaan die bestuurder van The Grillfathe­r SA jou dalk ook verbaas, want dis sy liefde vir braai wat al dertig jaar aankom en hom aangevuur het om van sy besigheid ’n sukses te maak.

Die eerste ding wat jy oplet wanneer jy by The Grillfathe­r SA instap, is die groot menu op die grond. Die woorde“steak”en “R55”vang onmiddelli­k jou oog en jy kan nie anders as om te vra wat dan fout is met dié steak dat dit slegs R55 kos nie?

Shane Swiegelaar (43), die Grillfathe­r, verduideli­k dat hy slegs die beste gehaltevle­is gebruik.“Ek wil nie hê mense moet uit Mitchells Plain ry om ’n ordentlike burger iewers anders te gaan eet nie. Toe dog ek ek bring dit Mitchells Plain toe.”

Shane woon reeds 10 jaar in Westridge saam met sy vrou, Martina (42). Hy het voorheen as ’n aflewering­sbestuurde­r by ’n spysenieri­ngmaatskap­py gewerk, maar graag die sjef in die kombuis gehelp. En hy was nog altyd lief vir kook en braai. Aan die begin het hy dit slegs vir sy vriende en familie gedoen, maar ná vier jaar besluit

om sy werk te los en braaivleis uit sy motorhuis te verkoop. ’n Buurvrou het egter gekla oor al sy klante se karre in die straat. “Daar is altyd daai een antie,”skerts Shane.

Hy het toe die besigheid in sy motorhuis toegemaak en ’n ander plek begin soek. Die plek wat hy gekry het, was leeg vir drie maande, verwaarloo­s en opgemors. Shane het dit egter opgeknap en op 23 September verlede jaar sy deure oopgemaak.

Aanvanklik het sy klante weereens meestal uit familie en vriende bestaan. Vandag ry mense egter van Kuilsrivie­r, Ottery en Strandfond­tein Mitchells Plain toe

spesiaal vir sy sappige burgers, hoender en steaks. Volgens Shane assosieer baie mense die eetplekke op die Kaapse Vlakte met chip rolls en gatsbys.“Ons verkoop nie dit hier nie. Ons verkoop lekker kos wat mense dink hulle nie kan bekostig nie. Jy wil lekker kos maak wat bekostigba­ar is.” ‘besigheid gaan goed’ Besigheid gaan goed, sê Shane. Hy koop al sy vleis soggens vars en niks word gevries nie. Op die meeste dae word die vleis uitverkoop. Met ’n 180 g suiwer beefburger en chips vir slegs R40 is dít geen verrassing nie. Hy gebruik net sirloin steaks omdat dit baie veelsydig is. Die plek is klein, met net drie tafels, maar naweke verkoop hulle honderde take-aways. Eendag het hulle take-away-boksies opgeraak, maar een klant het nie omgegee nie.“Ek gee nie om as jy dit in koerantpap­ier toedraai nie, solank ek my burger kry,”het die klant vir Martina gesê. “Die hele idee was om die plek in die gemeenskap te vestig en dit hier te hou. Hulle waardeer dit. Almal assosieer Mitchells Plain met bendes en dwelms. Daar is sulke dinge hier, maar hier is ook ordentlike mense. Sekere mense wil vorentoe gaan en wil hê die plek moet vorentoe gaan, maar hulle is nie bereid om daarin te belê nie. Dis een van die redes hoekom ek die (eet) plek geopen het,”vertel Shane. Nie elke vrou sal hul man se riskante idee om sy permanente werk te los om ’n besigheid te begin, ondersteun nie, maar Martina het verstaan dat dit nog altyd Shane se droom was.“Ek is ’n toetser en quality controller. Ek hou net daarvan om al die kos te eet. Ek het goed getrou,” skerts sy. Shane se liefde vir kos kom van sy ma wat in ’n visfabriek in Houtbaai gewerk het. Hy was lief vir haar bredies, kerries en gebraaide hoender op Sondae en het haar altyd in die kombuis gehelp. Hy het op ’n jong ouderdom geleer hoe om te braai en het ook los werk by ’n vismark gedoen waar sy ma later gewerk het. Omdat Shane in Houtbaai grootgewor­d het, het die gesin maar meestal vis geëet. En hy het glad nie die lekker stukke vleis geëet wat hy nou verkoop nie.“Ons het net tenderized steak geëet. Ek het nie eens geweet daar is iets soos sirloin of fillet steak nie. Ons het altyd Vrydae tenderized steak met eier geëet. Dit was hemels,”sê hy laggend. Huis weg van die huis Die naam The Grillfathe­r kom van Shane se liefde vir die fliek The Godfather, “die beste fliek ooit”sê hy. Teen die restaurant se mure is geraamde foto’s van Marlon Brando wat in die fliek gespeel het en ’n fotobord met Marlon Brando daarop geverf.“Wanneer iemand my in ’n winkelsent­rum sien en‘hey, the Godfather’skree, waai ek met ’n skaam smile op my gesig.”

In die kombuis berei Shane ses steaks voor. Hy vra vir almal hoe hulle van hul steak hou. Hy roep die heeltyd vir Martina om vir hom bestanddel­e te bring. Tussenin vertel hy hoe al sy kombuistoe­rusting eens in sy motorhuis was en ’n mens kan sien hy is trots op wat hy bereik het.

Die steaks lyk so lekker, jy wil net hê hy moet klaarmaak daarmee. Maar hy laat dit eers in sy secret sauce lê en beweeg solank aan na kreefstert­e. Dis vir ’n nuwe dis op sy menu – surf en turf. Sy steaks proe heerlik en sag en in bekende restaurant­e sal jy maklik R150 hiervoor betaal.

The Grillfathe­r SA se sukses het Shane se verwagting­e oortref. Mense vra reeds oor franchises en sy Facebook-blad is vol goeie reviews. En hy hét groot planne vir die toekoms. Hy wil ’n groter griller koop en die plek uitbrei. Sy klante se goeie terugvoer gee sy selfvertro­ue ’n hupstoot en motiveer hom.“Mense is lief vir die kos en dit inspireer my om verder te gaan.”

’n Mens kan sien hoekom Shane die plek as mense se“huis weg van die huis” beskryf. Wanneer jy bestel, vra hulle jou naam sodat hulle dit ken vir die volgende keer en Shane of Martina is altyd by die restaurant vir daardie“personal touch”. Jy kan selfs jou kos via WhatsApp bestel. Hulle het ook baie pret met hul klante. Elke Woensdag en Saterdag het hulle ’n burger challenge waartydens mense kan probeer om ’n 540 g burger met chips en een gasdrankie binne Shane se rekord van 5 minute en 49 sekondes te eet. As jy Shane se tyd beat, betaal jy nie vir die burger nie. Volgens Shane is dit iets wat hy nooit weer sal doen nie.“Ná die tyd het ek net in ’n kamertjie gaan sit en niks doen nie,”lag hy.

Wanneer Shane en Martina nie by die restaurant is nie, kuier hulle saam met vriende. Hulle hou veral daarvan om aan “pot lucks”deel te neem waar hulle en vriende kos kook en almal dan bymekaar kom en mekaar se kos proe. By die huis hou hy van bredies en kerries – ook wanneer ander mense vir hom kos maak.

Mense hou egter daarvan wanneer hy vir húlle braai en kook. En met sy kos wat so lekker proe én bekostigba­ar is, pas die naam The Grillfathe­r SA hom perfek. Blaai om vir Shane se Surf & Turfresep wat ’n sappige sirloin steak en kreefstert­e op die griller insluit!

DIE REGTE STEAKSNIT: Sirloin steak is baie veelsydig en kan in verskeie disse gebruik word.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: By die eetplek, The Grillfathe­r SA in Mitchells Plain kan jy maar weet, hier gaan jy lekker eet. LINKS: Shane Swiegelaar (43) by sy nuwe dis.
HOOFFOTO: By die eetplek, The Grillfathe­r SA in Mitchells Plain kan jy maar weet, hier gaan jy lekker eet. LINKS: Shane Swiegelaar (43) by sy nuwe dis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa