Kuier

Bederf Pa met smullekker varkribbet­jies of -steak

Vir Vadersdag is daar niks so besonders soos ’n heerlike varkribbet­jie of -tjoppie om jou pa mee te bederf nie. Met dié resepte sal jy sy hartsnare roer. Deur Karen Hart

-

AMERIKAANS­E BRAAIRIBBE­TJIES MET MIELIE-EN-BONE-SLAAI Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vir die varkribbet­jie 2 eetlepels olie 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 eetlepel paprika 3 teelepels mosterdpoe­ier ½ teelepel selderysaa­d ¼ teelepel fyn foelie (mace) ¼ teelepel rissiepoei­er ¼ teelepel fyn wonderpepe­r (allspice) ¼ teelepel fyn naeltjies ¼ teelepel fyn gemmer 2 eetlepels appelasyn ¼ koppie bruinsuike­r 1 x 400 g blikkie tamatiepur­ee ¼ koppie Worcesters­hiresous 1,5 kg varkribbet­jie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die slaai 1 x 400 g blik mieliepitt­e, goed afgespoel en gedreineer 1 x 400 g blik rooi nierbone, goed afgespoel en gedreineer 7 matige peppadews, in repies gesny ’n Handvol sprietuie (chives), gesnipper ’n Handvol vars, gekapte koljanderb­lare 2 eetlepels lemmetjies­ap (of 1 eetlepel suurlemoen- en eetlepel lemoensap) ¼ koppie olie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak METODE Maak eers die marinade vir die ribbetjie: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die knoffel liggies daarin vir ’n halwe minuut. Voeg die paprika, mosterdpoe­ier, selderysaa­d en speserye by. Braai vir nog ’n halwe minuut. Voeg die asyn by en roer goed deur voordat jy die res van die bestanddel­e, behalwe die ribbetjie, byvoeg. Bring

tot kookpunt, verlaag die hitte en kook vir 20 minute of totdat die sous lekker dik is. Laat heeltemal afkoel. Hou ’n ½ koppie van die sous eenkant vir die tafel. Plaas die ribbetjie in ’n keramiek- of glasbak wat groot genoeg is om die ribbetjie te hou en giet die res van die sous oor. Laat staan vir minstens 2 uur of oornag. Haal die ribbetjies uit die marinade en plaas op die draadrak van ’n oondrooste­rpan. Giet 4 koppies kookwater onderin die roosterpan. Moenie dat die water op die ribbetjies val of daaraan raak nie. Bedek die pan met foelie en bak vir ’n uur in ’n voorverhit­te oond van 180⁰C. Haal die pan uit die oond, verwyder die foelie en giet die pansappe af. Verhoog die oondtemper­atuur – stel die oondrooste­r op maksimum hitte. Geur die ribbetjie met sout en peper en rooster vir 15 minute. Maak die slaai: Meng al die bestanddel­e vir die slaai en skep op in ’n mooi slaaibak. Bedien saam met die ribbetjie en ’n bakkie van die braaimarin­ade.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa