Kuier

Pianis wag dekades om sy talent te vertoon

-

drome word nie sommer oornag bewaarheid nie, soms gebeur dit ná ’n paar mislukte pogings en ander tye moet ’n mens maar vrede maak dat dit dalk nooit gaan waar word nie. Maar vir een oupa van die Kaapse Vlakte het dit byna vyf dekades geneem voor hy sy droom kon uitleef om in formele drag saam met die beste klassieke musikante in Kaapstad te kan optree.

Baie mense het gedink dat Reggie Dreyer (75) al jare gelede opgegee het op die droom wat hy as jongmens gehad het om as deel van die Kaapse Filharmoni­ese Orkes (KFO) op te tree. En al het dit soms so gelyk, het hy nooit heeltemal sy droom laat vaar nie.

Dié lewenslust­ige pa en oupa het van kleintyd saam met sy familie musiek in hul sitkamer gemaak, want musiek het ’n groot rol in hul huis gespeel en dit was hoe hulle as gesin tyd saam spandeer het. Hy het met die hulp van sy ouer sibbe en familie leer klavier speel en teen die ouderdom van 18 kon hy magic maak wanneer hy agter die klavier ingeskuif het.

Reggie het in 1960 vir die eerste keer saam met die Kaapse Filharmoni­ese Orkes geoefen en is aanvaar om saam met hulle as konsertpia­nis te speel, maar die apartheids­regering het hom die kans ontneem weens die kleur van sy vel. Dit het hom gebreek en mismoedig gemaak.

Vir hom was musiek sy eerste en enigste liefde, maar die politieke uitdagings van die tyd het sy selfvertro­ue laat verdwyn. As jong man kon hy nie regtig ’n toekoms as profession­ele musikant sien nie en het hy geweet hy sal op die een of ander manier geld moet maak.

Sy familie het ook nie geld gehad om hom oorsee te stuur nie, al het hy die talent gehad. Hy was die tweede jongste van 13 kinders en die een van wie sy ouers afhanklik was. Hy het hulle baie in die huis gehelp en sy ouer sibbe was almal al besig met hul eie dinge. Hy het toe besluit om sy droom vir eers te vergeet en het musiek gaan swot by die

Wanneer ’n liefde vir musiek groot genoeg is, sal ’n mens amper 60 jaar wag om wéér ’n groot kans aan te gryp. Deur Tarren-Lee Habelgaarn

College of Music en ook ’n BMus-graad aan Unisa behaal. Daarna het Reggie vir kinders musiekonde­rrig begin gee by Hoërskool South Peninsula in Dieprivier, sy plaaslike kerk sowel as private lesse. Hy was ook betrokke by die skool se koor en jazz-groep.

Maar met elke kind vir wie hy onderrig gegee het, wou hy sy eie droom uitleef.

Hoewel hy glo dat sy eie profession­ele teleurstel­ling hom eintlik ’n goeie onderwyser gemaak het, beskryf hy daardie tyd as die uitdagends­te in sy lewe. Maar hy meen dit is juis hierdie stryd tussen sy droom en realiteit wat dit vir hom vanjaar op 7 Maart soveel meer spesiaal gemaak het toe hy uiteindeli­k, 57 jaar later, sy debuut saam met die Kaapse Filharmoni­ese Orkes gemaak het.

’n droom word waar

n Mens kan hoor sy vrou, Mattie, bars van trots wanneer sy met opgewonden­heid in haar stem en ’n glimlag vertel hoe vreemdelin­ge, familie en vriende hul trane afgevee het toe haar man agter die klavier inskuif.

Vir die mense naaste aan Reggie was dit geen geheim dat hy dekades later steeds gehoop het dat hy eendag ’n stoel in die orkes sou kry nie. Dit is nou al twee maande later, maar vir Reggie voel dit steeds onwerklik. Hy beskryf die dag van sy debuut as ’n sprokiesda­g toe hy uiteindeli­k die geleenthei­d gekry het om sy gunsteling- Mozart-komposisie te speel.

Dit was dieselfde stuk wat hy in 1960 tydens sy oudisie vir die orkes gespeel het en volgens hom was die ervaring net so magical soos wat hy destyds gedroom het dit sou wees.

“Ek het nie woorde gehad nie, dit was nogal baie emosioneel vir my. Dit was my grootste teleurstel­ling in die lewe toe ek destyds afgekeur word, maar ek het altyd gehoop dat ek weer die geleenthei­d sou kry om saam met hulle op te tree. Dit is al wat ek wou doen,”sê hy.

“Ja, die lewe moes aangaan en al was dit nie ’n goeie ding nie, kon jy nie gaan sit en moan en dit alles op apartheid gaan blameer nie. Terwyl my oudisie ’n sukses was, het die wette van die tyd teen my getel.

“Ek moes met my lewe voortgaan, daar was soveel om te doen, maar diep in my hart het daardie droom nooit verdwyn nie. Maar as ek nou eerlik moet wees; ’n mens leer hoe om die realiteit te aanvaar en het ’n gedeelte van my natuurlik vrede daarmee gemaak dat dit wel net ’n droom was wat nooit waar sal word nie.”

Ten spyte van sy vrees dat hy weer afgekeur sou word, het hy weer verlede jaar met die aanmoedigi­ng van sy kerkminist­er gegaan vir ’n oudisie.

“Ek was natuurlik bang, maar het geweet dit sou my pla as ek dit nie gedoen het nie. Dit was iets wat ek al vir jare saam met my dra en dit was belangrik vir my om closure te kry. Ek wou ook aan my studente bewys dat jy wel jou drome kan volg en dit ’n realiteit maak. Ek was stomgeslaa­n toe hulle my bel en sê dat ek wel suksesvol was. Ek kon dit nie glo nie!”

Sy stem slaan weg en jy kan hoor hy raak effens emosioneel wanneer hy vertel dat die oggend van sy debuut een van die trotsste dae van sy lewe is. Hy sê terwyl hy daardie oggend sy klere aangetrek het, kon hy nie ophou glimlag nie en het hy selfs vir ’n oomblik net stil geword in sy kamer en vir die Here dankie gesê.

“Dit was regtig ’n dream come true, Om op te kyk en my oudstudent­e in die gehoor te sien was so spesiaal, ek het nie geweet dat soveel mense my ondersteun nie. Om saam met die orkes op te tree was ongeloofli­k. Ek is glad nie spyt dat ek moes wag nie.”

Louis Heyneman, uitvoerend­e hoof van die KFO, sê nadat Reggie langer as 50 jaar vir sy kans gewag het, was hy nie net dapper genoeg om dieselfde komposisie te speel wat hy deestyds gespeel het nie, maar boonop vir ’n paneel wat die orkes se dirigent, Brandon Phillips en UCT se Franklin Larey (een van Suid-Afrika se voorste pianiste), ingesluit het.

hy deel sy talent

“Ná al die jare kon hy steeds sy gunsteling-komposisie speel en goed genoeg om te slaag. Ons is dankbaar vir Artscape, wat die idee heeltemal omhels het en die vervoer en afstem van ’n klavier moontlik gemaak het vir sy debuut,”sê Louis.“Dit is ’n verhaal oor vasberaden­heid en ons wonderlike land.”

Reggie het in 1993 as voltydse onderwyser afgetree, maar hierdie springlewe­ndige oupa sit nie by die huis nie. Hy werk deesdae in kooropleid­ing en bied ook musiekless­e aan.

Hy meen terwyl hy nog kan en daar niks verkeerd met sy verstand of hande is nie, gaan hy aanhou met musiek totdat hy nie meer kan nie. Dit gee hom groot plesier om jong kinders te kan help en ondersteun, maar hy meen dit help ook om hom jonger te laat voel.

“Wanneer mens aftree, is dit belangrik om jouself besig te hou. As jy net by die huis gaan sit en niks doen nie, gaan jy meer oor jou pyne en probleme dink. Mens raak sommer vinnig oud van niks doen nie. Ek wil nie een van daai mense wees nie.

“Die jeug hou my jonk en up to date,” sê hy terwyl hy lekker lag.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Reggie Dreyer (74) se droom het waar geword toe hy eindelik saam met die KFO opgetree het. BO: Saam met sy vrou, Mattie, wat hom in sy liefde vir musiek volkome ondersteun.
HOOFFOTO: Reggie Dreyer (74) se droom het waar geword toe hy eindelik saam met die KFO opgetree het. BO: Saam met sy vrou, Mattie, wat hom in sy liefde vir musiek volkome ondersteun.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa