Kuier

Wellington­ner se engelstem roer die hartsnare

-

wanneer Zenobia Jentels (27) van Wellington in die Boland begin sing, verras sy baie mense met haar kragtige stem. Maar dis nie net die stem wat jou tref nie. Dis die kragtige emosie op haar gesig waarmee sy elke woord met oorgawe oordra wat harte roer en gehore op ’n reis saam met haar neem en mense laat wonder waar was hierdie talent al die tyd?

Só het lesers by die Kuier se Moedersdag­funksie verlede maand aan Zenobia se lippe gehang toe sy lostrek met die liedjie “Still I Rise”. Baie het haar nie voor dié optrede geken nie, maar voor die liedjie se laaste note, het hulle stil-stil trane afgevee so meegevoer was hulle daarmee. En dis nie enige kunstenaar wat die vermoë het om sulke diep emosies by ’n gehoor los te sing nie. Dit kos ’n sterk stem, maar ook passie en geloof in dit wat jy doen om mense se onverdeeld­e aandag op jou te vestig. En van die oomblik dat Zenobia begin sing, is haar passie tasbaar en neem sy die gehoor met haar mee.

Jy hoef ook nie haar lewensverh­aal te ken om te weet sy het al ’n pad geloop nie. Dié nederige vrou lê haar hele hart en siel bloot wanneer sy optree. Die seer en hoop is duidelik vir die hele gehoor op haar gesig te sien. Soos sy sing, leer jy ook Zenobia se storie ken en jy kom agter hierdie vrou het al ’n paar harde klippe op haar lewenspad gekou. haar lewe en talent Dié skaam ma van twee seuns, Aden (1) en Tyllor (4), het nooit gedink sy sal eendag voor ’n klomp mense kan sing nie. Selfs nie eens toe sy van kleins af, waar sy by haar ouma in Willowmore in die Oos-Kaap grootgewor­d het, agter in hul jaart met haar vriende smiddae vir die pret gesing het nie.

“Aan die begin van hoërskool het ek altyd voor die kassetspel­er gesit en liedjies afskryf. My ouma het gesê ek bly raas soos Mimi Coertze. Min het ek geweet my liefde vir musiek is besig om te ontwikkel en dat ek eendag op ’n verhoog sal staan.”

Maar voor jong Zenobia haar passie vir musiek voluit kon uitleef, moes sy talle struikelbl­okke oorkom. Só moes sy op 15-jarige ouderdom langs haar ouma se sterfbed ’n ernstige besluit oor haar toekoms neem. Sy moes kies waar sy gaan woon ná haar ouma se afsterwe – tussen haar antie in Port Elizabeth en haar ma op Wellington. Hoewel haar pa in Willowmore was, was hy nie in staat om na haar om te sien nie. Zenobia het toe gekies om by haar antie in die Baai te gaan woon sodat sy matriek daar kon voltooi.

“By my antie in Port Elizabeth het ek in die kerkkoor gesing en ek was baie skaam. My selfbeeld was baie laag en ek het altyd heel agter gestaan sodat niemand my kon sien of hoor nie. Terwyl ons eendag besig was om te oefen, het iemand in die koor egter agtergekom ek kán eintlik sing en stel voor ek sing“I Love You Daddy”van Ricardo voor in die kerk voor almal. Ek was aangemoedi­g om my stem te laat hoor,” vertel Zenobia.

Nadat sy die bekende liedjie in die kerk gesing het, het sy uit haar dop begin kruip en uit haar hart begin sing. Dit was ’n keerpunt vir Zenobia en sy het besluit sy wil

Sy twyfel soms in haar eie vermoë en talent, maar met God aan haar sy, besef sy sy is tot alles in staat deur Hom wat haar krag gee. DEUR Charmoniqu­e Meyer

aanhou sing. Só het sy toe in die plaaslike gemeenskap begin bekend word, maar dit het nie kos op die tafel gebring nie en sy moes weer ’n skuif maak vir ’n beter finansiële toekoms. Zenobia het op 20-jarige ouderdom na haar ma op Wellington verhuis. Hier het sy besluit om nie net gospel te sing nie, maar ook karaoke en vir die Klopse. Sy sê in show business moet jy alles kan doen en sy wou elke geleenthei­d aangryp. Dis hier waar haar musiek regtig lewe en koers begin kry het en so het sy ook by vele funksies opgetree. Dié opkomende kunstenaar en viswinkel-assistent se lewe is nie altyd ’n lied nie, maar haar liefde vir sing dra haar menigmaal deur haar beproewing­e en laat haar beter voel. Sy sê sang is die verlossing van haar pyn en smart, maar sy sing nie net wanneer sy hartseer oor iets is nie. Sy sing ook wanneer sy haar seuntjie, Aden, aan die slaap sis. En selfs by die werk in die viswinkel wanneer sy vaak raak, skuif sy soms nader aan die televisie om bietjie lewendig te word en begin sing en dans sy sommer net op die maat van die musiek wat op die televisie speel.

sing is haar passie

Só het die opkomende R&B- en gospelsang­er nie gesit en wag totdat iemand haar ontdek nie. Sy het aan ’n hele paar sangkompet­isies deelgeneem sodat haar talent nie ongesiens verbygaan nie.

Sy het in 2015 begin naam maak toe sy by The Koon’s Group Pearlites op Wellington as ’n solo-sangeres ingeskryf en derde plek gewen het. Sy is toe in 2015 as die algehele wenner van die Annual Prestige’s Cape Winelands Talent Search aangewys, wat deur The Global Spotlight aangebied is. Later het sy ook aan die Charish Gospelsang­kompetisie deelgeneem en tweede plek behaal.

Verlede jaar het sy ’n werkswinke­l vir die jeug bygewoon wat deur The Greg Secker Foundation & Pride Factor aangebied is en die geleenthei­d gekry om die verhoog met die bekende sanger Jimmy Nevis te deel. Zenobia was ook ’n finalis by die Suidooster­fees se Talent Search in 2015.

Hoewel dit almal plaaslike kompetisie­s was, het dit vir haar ’n platform gegee om haar liefde vir sang uit te leef.“By dié kompetisie­s het ek baie ervaring opgedoen. Iemand het vir my gesê alles in die lewe hang van my af. Toe besluit ek ek wil daardie sterk vrou wees, handyman, regstaner wat nie bang is om nuwe dinge aan te pak nie. En ek wil met my hele hart toer,”sê sy.

Vanjaar het Zenobia egter byna haar musiekloop­baan laat vaar toe sy ná ’n teleurstel­lende performanc­e tweede geëindig het in die Wellington­se Klopsefees. Volgens haar het sy net nie genoeg energie gehad om op haar gewone hoë standaard te perform nie en het allerhands­e stories toe die ronde begin doen dat sy nie meer wou sing nie. Dít het toe amper haar moed gebreek, sê Zenobia.“Almal het gepraat oor my musiek-optrede en dit het so erg geraak dat ek besluit het ek wil nie meer sing nie. Ek het gevoel mense kan sê wat hulle wil, maar ek is klaar met die musiekbedr­yf. Mense het my gesmeek om weer te sing, maar ek het bly hou by my besluit.“Maar toe kry ek ’n comebackge­leentheid toe Kuier my op ’n aanlynvide­o raaksien wat deur Global Spotlight op YouTube gelaai is en my vra om by hul Moedersdag­funksie te sing. Toe besluit ek vandag sing ek my hart uit.” Ná die vertoning en die reaksie van die

Kuier- lesers het Zenobia opnuut moed geskep om haar loopbaan met mening te hervat en haar beste te lewer. Volgens haar sing sy nie vir roem nie, maar om ’n loopbaan vir haarself met haar talent uit te graveer. En wanneer sy wel daardie punt bereik, vra sy dat“die Here my laag hou”.

“Ek wil net myself wees en myself bly.”

Aan die begin van hoërskool het ek altyd voor die kassetspel­er gesit en liedjies afskryf . . . Min het ek geweet my liefde vir musiek is besig om te ontwikkel.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Zenobia Jentels (27) van Wellington maak nou opgang as sanger. HEEL LINKS: Zenobia het die Kuier- gaste in vervoering gehad by ons Moedersdag­funksie.
HOOFFOTO: Zenobia Jentels (27) van Wellington maak nou opgang as sanger. HEEL LINKS: Zenobia het die Kuier- gaste in vervoering gehad by ons Moedersdag­funksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa