Kuier

Alles wat ouers moet weet oor ADHD

As ’n onnie sê jy moet jou kind op Ritalin sit, kan jy maar op jou hoede wees. Dit vat ’n kundige om jou kind met ADHD te diagnoseer en dié medikasie voor te skryf en die proses is ook baie meer gekomplise­erd as wat jy sou dink.

- DEUR Maretha Botes

In stampvol klasse waar ’n onderwyser veertig of meer kinders moet leer, dissipline­er en beheer, kan dinge maklik handuit ruk. Daar sal beslis ’n paar woelwaters wees wat die situasie uitbuit om hul sin te kry, of ’n stouterd wat ander doelbewus uit die werk probeer hou.

Daar is egter ’n groot verskil tussen stout, spelerig en kinders met aandagafle­ibaarheids­indroom (ADHD).

Hoe maak jy wanneer jou kind se onnie vir jou sê sy vermoed jou kind ly aan ADHD en dat jy asseblief medikasie moet oorweeg?

Dit gebeur dikwels dat ’n etiket van ADHD verkeerdel­ik om ’n kind se nek gehang word as daardie kind te woelig of vol kattekwaad is. Elke ouer wil net die beste vir sy kind hê en wanneer hul opvoeding onder woeligheid begin ly, is dit dalk tyd om so iets te oorweeg.

Maar hokaai voor jy sommer op die band wagon spring, want daar is ’n helse klomp goed wat jy moet weet voordat jy sommer jou kind op dié tipe medikasie laat sit.

JuFFROU sê sÓ . . .

Bernadine Thomm het haar kind, Tristan (7), na ’n neuroloog geneem nadat die skool gesê het hulle tel tekens van ADHD by hom op.“Ek het nie gedink hy’t ADHD nie, maar het wel gesien hy is bietjie teruggetro­kke en vergeetagt­ig. Hy was nooit stout en hiperaktie­f nie, maar wel soms angstig en kon nooit regtig effektief konsentree­r nie,”vertel sy. ADHD is toe wel by hom gediagnose­er.

Bernadine wou eers kyk of hulle die ADHD onder beheer kon bring deur aan Tristan se gedrag te werk.“Ons was by ’n ouerskapse­minaar waar hulle jou en jou kind leer dat hy verantwoor­delik is vir sy aksies en dat elke aksie ’n reaksie het. Dit het bietjie gehelp, maar sy konsentras­ie het nie verbeter nie, hoewel hy regtig sy beste probeer het. Ons het toe besluit om hom op Ritalin te sit. Toe Tristan agterkom hy kan konsentree­r, was dit asof hy sy kop begin‘train’het om te doen wat hy wil hê. Twee jaar later het ons hom van die Ritalin afgehaal. Hy doen nou fine. Dis asof hy homself geleer het om om sy ADHD te werk.” Op haar beurt vertel Janice Roset*

haar dogter was in gr. 4 (11 jaar oud) toe die onderwyser­s begin kla het sy sukkel om te konsentree­r, ’n swak geheue het en dat haar werk begin agteruitga­an.

“Sy kon nie stilsit in die klas nie, het boeke en huiswerk vergeet en baie lank gevat om van die bord af te skryf en dus nie altyd haar werk klaar gekry nie. Die juffrou het gesê sy ly aan ADHD. Ek het haar na ’n sielkundig­e gevat vir ’n evaluasie. Een van die vrae wat die sielkundig­e my gevra het, is of sy ook só was by die huis. En nee, sy was baie beslis ’n ander kind by die huis. Sy het gehelp met takies, kon stilsit en boek lees (die tipe boeke waarvan sy hou) en het nie gedraai met goed nie. Ek het nie gedink dat sy aan ADHD ly nie, maar die juffrou het ’n saadjie in my kop geplant. Ek is in die mediese veld en was bewus van ADHD-medisyne se vermoë om geheue aan te help.

“Ek het my kind na ons GP toe gevat en die simptome aangedik. Eintlik was dit nie so moeilik om dit (die medikasie) in die hande te kry nie. “Waar my kind so onder die laaste vyf in die klas was, was sy die volgende termyn onder die eerste drie. Dit het wondere vir haar selfbeeld gedoen. Sy

is nou in gr. 10 en ’n bogemiddel­de presteerde­r. Sy is gelukkig en almal om haar ook. Ek kan geen nagevolge sien nie.”

Wat presies is ADHD?

Prof. André Venter, hoof van die kliniese departemen­te van pediatrie en kindergeso­ndheid aan die Universite­it van die Vrystaat, verduideli­k ADHD is nié ’n siekte nie. Dit is ’n versteurin­g wat ’n groep simptome insluit. Hy sê baie mense het dit, maar die toestand is nie noodwendig by hulle gediagnose­er nie.“Jy het slegs ’n diagnose wanneer die groep simptome of tekens aanduiding gee dat jy nie die mas kan opkom tot die mate wat jy behoort te kan ten opsigte van jou vermoëns nie,”sê hy.“Ons maak nie ’n diagnose tot hierdie simptome inbraak maak op jou vermoë om te funksionee­r nie. Ons gebruik dus suiwer die diagnose as dit inmeng met jou daaglikse lewe en jy sukkel om te cope.”

Volgens Venter is die diagnose sindroomge­drewe en het dit drie groot pilare: Aandagteko­rt, hiperaktiw­iteit en impulsiwit­eit. Hy sê dit is ’n mite dat kinders (of volwassene­s) met ADHD nie kan aandag gee nie. Hulle kán aandag gee, maar nie as dit kom by aktiwiteit­e wat hulle moet herhaal, wat veeleisend of vervelig is of wat hulle as irrelevant ag nie. Hulle kan nie effektief konsentree­r wanneer hulle móét nie. Daarom speel sulke kinders vir ure aaneen rekenaarsp­eletjies of kyk TV, want dit verg nie konsentras­ie nie. Hulle hou nie van lees nie, want dis iets waar hulle baie aandag moet skenk. Hiperaktiw­iteit beteken nie noodwendig dat die kind soos ’n mal haas rondhardlo­op nie. Dit is liewer‘n konstante gevroetel. “Dit lyk eintlik asof hierdie kinders seer kry as hulle lank moet stil sit. Hulle wriemel vreeslik ,” verduideli­k Venter verder. Of dit is ’n kind wat baie praat.“En hiér is dit die outjie wat nie sin maak as hy praat nie. Hy sal lang stories vertel, halfpad die draad verloor, nie tot ’n punt kom nie en sinne herhaal.” Impulsiwit­eit is ’n baie belangrike kenmerk van ADHD, meen hy.“Dit beteken nie dat hulle mal of gevaarlike goed aanvang nie, maar eerder dat hierdie kind nie sy beurt kan afwag nie. Hy wil alles onmiddelli­k hê. Hulle het baie keer ’n impulsiewe styl, soos dat hulle in die skool dom foute maak omdat hulle net nie verder wil dink nie. Hy sal sommer enige antwoord of woord skryf, want hy wil nie moeite doen om ’n woord uit te dink nie. Dis iets wat hulle baie punte op skool laat verloor. En ’n mens moet in hul boeke kyk om dit op te tel.” Venter sê ’n mens moet baie mooi na ’n kind se geskiedeni­s kyk as jy ’n diagnose wil maak, want elkeen van hierdie simptome kan verkeerd geïnterpre­teer word. “Kyk dus na die hele pakket, en verstaan die hele pakket, as jy hierdie diagnose wil maak.”

Wie mag diagnoseer?

In ’n perfekte wêreld sal ADHD slegs deur ’n kinderpsig­iater of pediater wat in kin der ontwikkeli­ng spesialise­er ,’ n kliniese of opvoedkund­ige sielkundig­e opgelei in ADHD, of kinderneur­oloog met opleiding in ADHD, gediagnose­er word.“Maar ons land het nie die nodige mannekrag nie. Agt uit elke 100 kinders het ADHD. In SuidAfrika word baie keer van GP’s gebruik gemaak wat (hopelik) ’n belangstel­ling in ADHD het. Dit is nie altyd ideaal nie, maar in baie gevalle beter as niks. Ons gebruik ook paramedies­e personeel (spraaktera­peute, arbeidster­apeute en dies meer) om hierdie kinders te identifise­er. Hoewel hulle nie ’n diagnose mag maak nie, kan hulle hulle vir verdere evaluasie verwys.

Die pille moet help met konsentras­ie en nie om die kind soeter te maak nie.

Van vorige bladsy

As jou kind dan nie goed doen op hierdie behandelin­g deur ’n GP nie, of daar’s goed wat jou pla oor die behandelin­g, moet jy maar aanhou tot jy by een van die kenners ’n afspraak kan kry,”sê Venter.

Hy sê ook dit is die beste om ’n“span” mense by die diagnose te betrek om die beste moontlike diagnose te maak.“As jy kán, moet jy probeer om die kind se onderwyser, skoolsielk­undige, arbeidster­apeut en wie ook al met die kind werk, te betrek sodat jy die beste algehele prentjie kan kry.”

HOe nou gemaak?

Ongelukkig is daar geen bloedtoets of brain scan vir die diagnose van ADHD nie. Die beste manier is om met ouers te praat en dan nie direkte vrae te vra nie, maar eerder ’n scenario te skep. Byvoorbeel­d, wat gebeur kort voor dit tyd is om bed toe te gaan; wat gebeur wanneer die kind in die oggend opstaan; en wat gebeur tydens etenstyd?

“Jy moet ’n geheelbeel­d kry. Dit is baie belangrik om kollateraa­l te hê en dit gaan vir my oor die skoolboeke en die skooltoets­e as ek dit mag sien, want dan kan ek regtig sien hoe ’n kind in die klaskamer funksionee­r. Of as ’n mens ’n vraelys vir die onderwyser­s kan gee om in te vul, of wie ook al almal deel is van die kind se span,”sê Venter.

Medikasie of nie?

As ’n diagnose gemaak is en daar is geen rede om nié medikasie te gee nie, is ’n proeftydpe­rk op medikasie deel van die eerste besluitnem­ing. ’n Proeftydpe­rk op stimulante (soos Ritalin en Concerta) is twee weke.

Op nie-stimulante is dit vier tot ses weke. “As die proeftydpe­rk goed werk, verken ons dit verder. As dit ’n fiasko is (soos dat jou kind dag en nag huil), kyk ons na ander opsies. Moenie die moontlikhe­id van medikasie afskryf voordat jy dit getoets het nie,”sê Venter.

Christi Engelbrech­t, ’n arbeidster­apeut van Sasolburg, sê medikasie word nie sonder goeie rede voorgeskry­f nie. Met medikasie kan ’n mens die simptome meer suksesvol hanteer. As ’n kind nie bereik kan word nie, kan hy nie leer nie. Dit is egter baie belangrik dat die kind die meeste moet baat by die medikasie, en nie die ouer of die onderwyser nie. Die hoofdoel van die medikasie is om konsentras­ie (fokus) te verbeter, en impulsiwit­eit en hiperaktiw­iteit in toom te hou, want dit is eintlik die hiperaktiw­iteit wat die kind in die moeilikhei­d laat beland. Dis belangrik om klem te lê daarop dat die pille hulle help met hul konsentras­ie en gevolglik hul skoolwerk, en nié dat dit hulle soeter maak of help dat hulle nie stout is nie.

BEHANDELIN­G

Volgens Christi behoort behandelin­g te begin met opvoeding (verstaan van die toestand) en dan om die gepaste manier van ondersteun­ing en hantering te vind. Dit mag al die volgende of sommige daarvan insluit:

Gedragster­apie en opleiding in sosiale vaardighed­e. ’n Terapeut kan ook help om roetine te skep en om ’n manier te vind om saam met die toestand te werk en nie daarteen nie.

In sommige gevalle kan medikasie nodig wees.

’n Gesonde dieet en aanvulling­s mag ADHD-simptome verbeter en help met beter konsentras­ie. Kry profession­ele advies oor wat in elke individuel­e geval die beste sal werk. Wat kan jy doen om te help? Christi sê medikasie is nie die enigste manier waarop ADHD behandel moet word nie. Ouers en opvoeders moet goed ingelig wees oor die toestand, sodat hulle bemagtig is om die kind reg te hanteer. Daar is geen kitsoploss­ing nie.

Dit is belangrik dat medikasie saam met gedragsmod­ifikasie gebruik moet word.

Aanvaar die kind as ’n pakkie met positiewe en negatiewe eienskappe (dit is mos hoe ons almal maar saamgestel is)

Aanvaar die kind se hiperaktiw­iteit is nie haar eie skuld nie en moenie dink jy kan dit verander nie. As jy haar gaan dwing om stil te sit, sit jy op die ou end met meer probleme. Vermy kritiek en wees meer geduldig.

Skep geleenthed­e waar die kind van

ADHD kom drie tot vier keer meer algemeen voor by seuns as by meisies.

al haar opgekropte energie ontslae kan raak deur fisieke oefening te doen, maar vermy aktiwiteit­e wat haar energievla­kke te veel kan verhoog, soos bv. trampolien spring vir té lang periodes (enige vinnige herhalende aktiwiteit kan energievla­kke verhoog, asook wissel tussen aktiwiteit­e wat beweging vereis en waar die kind moet stilsit en werk). Dit is die outjie wat jy met ’n swaar boks boeke gou na die sekretares­se stuur . . . net om hom ná ’n ruk se werk weer te stuur om dit te gaan haal.

Sportdeeln­ame waar die kind op ’n gestruktur­eerde wyse van haar opgehoopte energie kan ontslae raak, is belangrik. Ballet, gimnastiek, stoei, karate en swem is goeie sportkeuse­s.

Wees ferm in jou verwagting, maar sensitief daarvoor dat die kind nie lank kan konsentree­r nie en gou gefrustree­rd kan raak. Stel jou grense en wees konsekwent.

Moenie te veel speelgoed of aktiwiteit­e gelyk uitpak nie – dit sal haar aandag aflei en vir haar moeilik maak om op een ding op ’n slag te konsentree­r.

Hou jou huishoudin­g en roetine goed georganise­erd deur elke dag op dieselfde tyd te probeer eet, bad, slaap, ens. Bestuur as’t ware haar dag vir haar. Voorspelba­re gebeure maak dit makliker om struktuur te aanvaar. (Berei haar ook voor as die dag anders gaan verloop).

Wees kalm en rustig en gee opdragte duidelik en stadig. As jy gespanne en hiperaktie­f optree, sal die kind jou gedrag nadoen.

ADHD word deur moegheid en honger vererger. Maak seker jou kind gaan slaap vroeg en eet die volgende oggend ’n goeie ontbyt. Gee ook elke dag ’n multi- vitamien wat omega 3- en omega 6vetsure bevat.

Handhaaf ferm dissipline deur net ’n paar duidelike reëls te hê.

Dissipline moet nooit met fisieke straf gepaard gaan nie, ons wil nie hê dat die kind moet dink geweld is aanvaarbaa­r nie.

Beloon haar dadelik vir goeie gedrag en straf swak gedrag ook onmiddelli­k. Moenie in argumente met jou kind betrokke raak nie.

Strek haar aandagspan deur elke dag ’n aktiwiteit te doen wat konsentras­ie vereis. Begin by eenvoudige aktiwiteit­e soos prenteboek­e en vervang dit later met die lees van stories.

Wees eerlik met familie, vriende en onderwyser­s; sodoende het almal meer begrip en kan hulle die kind beter hanteer.

Negatiewe kritiek kan die kind met ADHD se selfbeeld net nog meer skade berokken.

Kan ’n kind ADHD ontgroei?

“Ons dink nie so nie, maar ons dink wel dat jou ADHD só mag afneem dat medikasie uiteindeli­k nie noodwendig nodig sal wees nie. Jy kan die manier hoe jy funksionee­r, aanpas om met sekere fasette van jou ADHD saam te lewe, sodat jy eintlik dan nie meer ADHD het nie. (Want as jy kan funksionee­r met die diagnose, het jy mos nie meer die diagnose nie),”sê Venter.

Newe-effekte

By jonger kinders: Huilerighe­id; ’n terugvalve­rskynsel: die medikasie werk goed vir die eerste vier uur van die dag, maar daarna is die kind erger as ooit (in dié geval moet die dosis moontlik verhoog word); jou kind is emosioneel óf afgestomp; eetlusonde­rdrukking

By tieners: Hulle kla soms dat hulle sosiaal teruggetro­kke voel weens die medikasie.“Baie sê hulle lag nie meer nie. En dan moet jy daarna kyk, want vir ’n tiener om sosiaal teruggetru­kke te voel, is nie goed nie. Dit is die tyd van sy lewe wat almal om hom sosiaal ontpop. Die probleem kan aangespree­k word deur dalk die medikasie te verander,”sê Venter.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa