Kuier

LEWENSDRAM­A: Gesinsman weer droog ná jare se stryd teen drankduiwe­l

Die sterre van Expresso weet wat dit beteken om opoffering­s te maak en bly dankbaar vir die geleenthed­e wat hulle kry.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Wanneer baie van ons vieruur soggens dalk nog in die bed lê voor ons regmaak vir die dag, moet die Expresso- aanbieders Katlego Maboe en Zoë Brown amper al by die deur uit wees om aan te meld vir werk. Hulle moet dan al só opgeruimd wees dat Expresso

kykers húl dag op die regte noot kan begin wanneer hulle hul TV’s halfsewe aansit voor hulle werk of skool toe gaan.

En enigeen wat nie ’n oggendmens is nie, sal kan getuig dis makliker gesê is as gedaan, want wie het lus om te glimlag en grappies te maak as jy nog wil slaap? Maar Katlego en Zoë en die res van die aanbieders van hierdie gewilde ontbytprog­ram op SABC3, doen hul werk elke oggend met aansteekli­ke passie en positiewe energie. Juis hierdie eienskappe het daartoe bygedra dat Expresso vanjaar met ’n SuidAfrika­anse Film-en-Televisie-toekenning (Safta) bekroon is in die kategorie Best Variety Show. Katlego self het al twee Saftas vir sy TV-aanbieding­swerk gewen en het ook drie Safta-nominasies agter sy naam.

Maar al is Zoë nog ’n“baba”in die vermaakbed­ryf in vergelykin­g met Katlego en haar ander kollegas, Elana Afrika-Bredenkamp, Leigh-Anne Williams, Ewan Strydom en Graeme Richards, het sy ook baie gegroei sedert sy vars van SABC3 se Pre

senter Search twee jaar gelede by Expresso aangesluit het. ’n Nuwe hoogtepunt in haar loopbaan is dat sy onlangs aangestel is op die radiostasi­e KFM se middagprog­ram saam met Carl Wastie. Dis ’n groot

stap vir iemand wat aan die begin van haar loopbaan die“graveyard shift” (middernag tot vieruur in die oggend) gedoen het.

Vir ’n jong man van Potchefstr­oom in Noordwes met ’n graad in rekenkunde en ’n jong vrou met ’n honneursgr­aad in internasio­nale beleidsbet­rekkinge wie se wortels tussen die Kaap en Durban lê, is Katlego op 30 en Zoë op 27 op baie goeie plekke in hul loopbaan en lewe. Hulle aanvaar egter nie hul sukses as vanselfspr­ekend nie, want hulle weet dit het baie opoffering­s geverg van familie, en dissipline, geduld en uithouverm­oë van hulself om te wees waar hulle vandag is. Niks het in hul skoot geval nie en albei ag hulself onsettend gelukkig dat hul werk nie soos werk voel nie, juis omdat hulle dit so geniet.

Maar so jonk as wat Katlego en Zoë is, kan ’n mens baie leer uit sommige van die hoofstukke in hul lewens.

KATLEGO SE REIS

Katlego het ’n kalm energie aan hom, wat enigeen op hul gemak stel in sy geselskap. Hy is ’n goeie luisteraar en het ’n diepte aan hom omdat hy geleer het om terug te staan en te reflekteer wanneer hy ’n duideliker prentjie oor iets benodig. Sy diepe insig is ook danksy sy pastoorma en voormalige onderwyser, Beauty Maboe, wat hom as enkelma vroeg soos ’n jong man hanteer en sy verantwoor­delikhede aan hom uitgewys het. Sy ouma, Ellen, wat drie jaar gelede op 78 afgesterf het, het ook ’n groot rol in sy lewe gespeel. Katlego het by haar grootgewor­d omdat sy ma weg gewerk het. By Ouma Ellen het hy geleer jy moet eers hard werk voor jy beloning kan verwag, maar dat jy die lesse op pad na die beloning moet geniet.

Die oomblik dat Katlego oor hierdie twee sterk vroue in sy lewe praat, straal sy gesig en is daar ’n teerheid in sy stem wanneer hy sê:“My ma is ’n besonderse vrou wat moeilike besluite moes maak om my te kry waar ek vandag is. Toe ek drie jaar oud was, het sy besluit om my pa te los, want daar was mishandeli­ng en hy het baie gedrink.”

Sy ouma en oupa (aan moederskan­t) se huis Potchefstr­oom het ná sy ouers se skeiding sy tuiste geword terwyl sy ma die moeilike besluit moes maak om 250 km verder in Itsoneng as onderwyser te werk sodat sy beter vir hom kon sorg.

“My ma het my min gesien – net skoolvakan­sietye – maar ek het verstaan. Ek het baie bewonderin­g vir haar. Sy is my rots. Op hoërskool het my ma my al soos ’n jong man behandel en sy het my laat verstaan dat ek nou die man in die huis is en ook vir my suster, Thato (19), moet sorg. Ek was 11 toe sy gebore is. Ek het verstaan my pa was nie so ’n goeie man nie, maar dat ek iets of iemand beter kon wees,”vertel hy.

Die verantwoor­delikheid wat hy van jongs af moes dra, het vir Katlego soos ’n eer en nie ’n las gevoel nie.

“Sy het my laat verstaan van die overdraft by die bank en wat sy alles moes doen om byvoorbeel­d vir my klere te koop en in model C-skole te hou. Dis hoekom ek altyd gedink het hoe ek finansieel kon bydra tot die huis. En verlede jaar het ek vir my ma ’n huis gebou,”voeg hy trots by.

Dan is daar sy ouma. Katlego gee ’n lekker laggie voor hy oor haar praat en sê, “sy kon ’n lekker klap gee”. Ouma Ellen was streng en het nie nonsens gevat nie, maar hy waardeer haar lewensless­e.

“Ek het eendag vir my ouma vertel die kinders by die skool kry R500 sakgeld per maand. Toe stel sy voor ek maak die huis skoon. Ek het my hele Saterdag opgeoffer hiervoor, maar toe betaal sy my net R20! Die beloning was nie groot nie, maar dit het my trots gemaak. Sy het my geleer om hard te werk vir wat ek in die lewe wil hê en dat die beloning daarna sal kom.”

Dit was ook die uitsig van ’n beloning – al was dit hoe karig – wat gemaak het dat Katlego sy eerste werk op 16 in gr. 10 by ’n restaurant gekry het. Hy was ’n runner wat tafels skoongemaa­k het.

Katlego was ’n presteerde­r op skool en het in gr. 11 ’n beurs gekry om by die Noordwes-universite­it se ekonomiese fakulteit te gaan studeer. Dit was ’n groot oomblik vir sy ma, want dit het beteken dit waarvoor sy gewerk het, het begin vrugte afwerp. Haar seun sou kon studeer vir ’n rekenmeest­er, ’n groot salaris verdien en fancy karre ry, maar toe staan Katlego se hart vermaaklik­heidsbedry­f toe.

Hy moes groot keuses op registrasi­edag maak, want hy is terselfder­tyd by die musiekfaku­lteit aanvaar.

“My ma het vir my gesê om net die (rekenkunde)graad te doen,‘want ek het jou by hierdie punt gebring’. Ek het

dit toe gedoen, maar daardie drie jaar (van rekenkunde­studies) het soos werk gevoel. Tog sal ek enige kind aanraai om ’n graad te kry, maar steeds aan jou passie te werk. Dit verg net dissipline.”

Hy sal weet, want terwyl hy studeer het, was hy deel van ’n suksesvoll­e a’capellagro­ep Flip a Coin wat baie getoer en by feeste opgetree het. Katlego moes leer om sy studies en toewyding tot sy passie vir musiek te balanseer.

Sy harde werk het vrugte afgewerp, want hy het sy rekenkunde­graad gekry soos sy ma gevra het, maar het ook ’n deurbraak in die vermaaklik­heidsbedry­f gemaak toe hy aanbiederw­erk op DeKat

TV en later 50/50 en toe Expresso gekry het. Dis juis sy werk op Expresso wat vir hom twee Safta-toekenning­s besorg het.

“Met my eerste Safta drie jaar terug was ek blown away om net daar te wees in die voorste ry. En toe hulle my naam uitroep (as die wenner), het my hart deur my geval. Daardie toekenning was vir my ’n aanduiding dat ek op die regte pad is,”sê Katlego.

ZOË BLY GROEI

Hierdie is Zoë se tweede Kuier- voorblad. Ons het haar verlede jaar saam met haar kollegas Elana en Leigh-Anne gefeature. Toe was sy die stil een tussen die drie, maar die Zoë met wie ons hierdie keer gesels, is baie gemakliker in haar vel en in haar Expresso- skoene. Sy is ook nie bang om haar opinie te lug nie. Zoë, wat ná skool vir 18 maande in Ohio in Amerika as au pair gewerk het, kyk na die lewe as een groot biblioteek waar almal ’n boek het en wie se hoofstukke (in hul lewe) verskil van mekaar. En sy is heeltemal oukei daarmee as haar hoofstuk nie soos iemand anders s’n lees nie. “Ek het nou meer selfvertro­ue as laas. Ek voel soms ek was aan die diep kant ingegooi, want toe ek op Presenter Search was, het ek nie van live TV geweet nie. Ek het nie Expresso gekyk voor ek op die program gekom het nie, want ek was ’n student voor dit en het nie ’n TV gehad nie. Toe ek daar instap, het ek ’n bietjie radio-ervaring agter my naam gehad en baie min lewenserva­ring, maar my kollegas het my onder hul vlerk geneem. Ek het besef ek kan nie mý hoofstuk X met iemand anders se hoofstuk X vergelyk nie. Ek gaan daar uitkom en my hoofstuk gaan anders lyk,”sê Zoë. Sy het, eenvoudig gestel, geleer om haar nie haarself met ander te vergelyk nie, maar om haar eie pad te stap. Zoë, wat gegaan het van ’n radioaanbi­eder by MFM (die Universite­it van Stellenbos­ch se radiostasi­e) wat sonder betaling gewerk het en later die middernags­lot op KFM gekry het, en toe danksy Expresso baie vinnig ’n bekende TV-gesig geword het, moes leer veranderin­ge is deel van die lewe. “Ek het so baie veranderin­ge deurgemaak en omdat ek ’n beplanner is, het ek nie van dit gehou nie. Maar ek het geleer om nie te verwag alles gaan verloop soos wat ek dink dit sou nie,”sê Zoë. En nes Katlego is sy dankbaar vir die rol wat haar ouers, Fredeline en Petrus, albei oorspronkl­ik van die dorpie Ceres in die Wes-Kaap, in haar sukses gespeel het. Zoë is ’n middelkind en het ook twee sibbe, broer Liam (29) en suster Ciana (23). “My ouers wou nog altyd die beste vir ons gee. Toe ek destyds vir my ma sê ek gaan internasio­nale beleidsbet­rekkinge studeer, wou sy weet wat ek nou eintlik gaan wees as ek klaar studeer het. Ek moes verduideli­k dit leer my skills en dat ek nie ‘iets’gaan word nie. My graad is nie useless nie, want ek verstaan byvoorbeel­d die verband tussen die ekonomie en politiek en ons doen baie aktuele sake in my werk.”

Sy het wel vir haar ma gesê sy berei haarself voor vir iets wat nog nie bestaan nie – en hier is sy nou op Expresso en klaar baie gewild. Haar Twitter- en Instagram-volgelinge was teen druktyd saam 73 000 sterk en dié bekendheid bied sakegeleen­thede.

“Baie mense sê vir my wanneer ek praatjies doen, ek is so‘lucky’. Maar jy kry dumb luck en jy kry luck waarvoor jy gewerk het. Niks het in my skoot geval nie, want die lang ure op die radio het my vir TV voorberei. Ek het seker gemaak ek is voorbereid vir die volgende geleenthei­d,”sê Zoë.

RAAD VIR DIE JEUG

Katlego en Zoë het ’n goeie werksverho­uding. Daar is kameraadsk­ap tussen hulle en hulle lag en terg mekaar die heeltyd. Dit is ook hoe die verhouding tussen die res van die Expresso- spanlede is en hoekom hulle so baie pret saam op die program het. Want, sê Zoë, sy het geleer dit gaan nie oor haar nie. Vir Katlego gaan sy werk daaroor om mense, wat dalk bietjie af is, se gees te lig.

En hoewel hulle nog jonk is, het hulle goeie raad vir die jeug daar buite. Een daarvan is om nie kitssukses te verwag nie.

“’n Mens mis baie uit as jy so vinnig na die einddoelwi­t hardloop. Dit vat byvoorbeel­d tyd om ’n huis se fondasie te lê en die huis te bou. Om geduld te hê, maak daardie verskil. Easy come, easy go, want dit wat jy bereik het, kan so vinnig van jou af weggevat word. Baie keer moet ek net stilsit en terugkyk waar ek is en dit waardeer,”sê Katlego.

Op haar beurt raai Zoë jongmense aan om internskap­pe te doen en tevrede te wees met die min geld en lang ure en te onthou dat niemand die ervaring wat jy opdoen van jou af kan wegvat nie.

“Moenie vakansies by die huis sit of strand toe gaan nie. Gaan werk. Waiter. Enigiets. Baie mense het nie die geleenthei­d om te studeer nie, maar ’n graad alleen gaan jou nêrens bring nie. Jy moet bereid wees om onder te begin,” gee Zoë vir oulaas raad.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Expresso se kykers is mal oor Zoë Brown en Katlego Maboe se positiewe energie op dié ontbytprog­ram.
LINKS: Expresso se kykers is mal oor Zoë Brown en Katlego Maboe se positiewe energie op dié ontbytprog­ram.
 ??  ?? BO:Katlegoen Zoëhet‘n goeie werksverho­uding enditwys.
BO:Katlegoen Zoëhet‘n goeie werksverho­uding enditwys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa