Kuier

VERHOUDING­S: Hoe gemaak as iemand kla oor alles en nog wat

Ons almal ken daardie vriendin wat oor alles kla. Maar hoe gemaak met ’n mens wat nét die negatiewe in die lewe raaksien?

- DEUR ELMARINE ANTHONY

As daar een ding is waaraan niemand ’n tekort het nie, is dit iets om oor te kla! Deesdae hoef jy regtig nie ver te soek nie, want weens die swak ekonomie hou ons geld nie, kospryse styg aanmekaar, die treine ry nooit op tyd nie en weens die misdaad is ons bang om ons huise te verlaat. Noem maar op! Daar is regtig soveel goed wat verkeerd loop en dis net menslik om soms so ’n bietjie stoom af te blaas. Maar sommige mense se lys van klagtes is egter eindeloos en hulle moan regtig oor álles.

Dís mense wat gereeld kla en kerm oor elke klein dingetjie. As dié ding nie te kort is nie, is daai ding te lank! Klakouse vra nie eens hoe dit met jou gaan nie, want die hele wêreld draai nét om hulle. Hulle tap jou energie elke keer wanneer jy met hulle praat. En as jy onmiddelli­k aan iemand dink wat in die kategorie pas, moet jy dalk briek aandraai, want soms is jý die kroniese klaer, maar weier jy om dit raak te sien.

Melissa Jantjies* (34) van Parow, Kaapstad, sê haar vriende kla onnodig oor wat hulle beskou as“geldproble­me”. Hulle kla wanneer hulle nie geld het om te gaan drink of om daardie rokkie te kan koop nie.

Volgens Melissa raak hulle glad depressief hieroor. Haar vriendinne werk wel voltyds en het dakke oor hul koppe en kos in hul huise.“Ja, dis depressing, maar daar is meer aan die lewe as net geld. Jy skep jou eie geluk. Jy hoef nie in jou bed te gaan lê omdat jy nie geld het vir ekstra dinge nie.”

Melissa werk nie voltyds nie en het ook probleme, maar om te kla gaan dit nie oplos nie, meen sy.

Klagtes kom in alle vorms, soos Natasha Klaase* (52) van die Paarl vertel. Haar vriendin het gereeld oor die een of ander mediese kwaal gekla.“Die een dag is dit maagpyn, dan sinus, dan haar derms . . . sy het heeltyd iets makeer. Sy het dit altyd

tot op die uiterste gevat. Sy het gereeld mediese spesialist­e gaan sien en selfs ook in die hospitaal gelê. Sy het die heeltyd iets makeer, maar aan die einde van die dag was niks met haar fout nie,”vertel sy.

nie ’n slagoffer nie

Natasha meen haar vriendin het gekla om aandag en mense rondom haar te kry. “As iemand ’n sekere leefstyl handhaaf, verloor hulle vriende. Ek dink dis ’n manier om mense weer om hulle te kry.”Natasha het geïrriteer­d geraak en vir ’n jaar nie met haar“baie hegte vriendin”van 14 jaar gepraat nie. Sy wou haar egter nie as ’n vriendin verloor nie. Toe hulle weer begin praat, het sy ’n gesprek oor die saak met haar vriendin gehad, maar het dit“baie subtiel” benader .“O pons ouderdom ken ons mense wat siek is. So, ek het baie vir haar gesê‘het jy gehoor van dié een wat oorlede is’of‘daar is baie mense wat in die hospitaal lê wat terminaal siek is’.”

Natasha dink haar vriendin het uiteindeli­k ophou kla omdat sy met die loop van tyd besef het mense hou nie daarvan nie.“Almal het agtergekom dis ’n patroon. Ons het dit ’n kultuur gemaak om te kla en weet nie meer wat dit is om dankie te sê nie,”meen sy.

Sommige mense kla gereeld oor hul omstandigh­ede omdat hulle empatie en simpatie by ander soek. Paulina Jacobs* (55) van Port Elizabeth is moeg vir haar twee susters se klagtes omdat dit, volgens haar, goed is wat hulle self veroorsaak het. Haar een suster dobbel haar salaris uit sodra sy dit kry en kla dan dat sy nie geld het om kos te koop of haar skuld en dies meer te betaal nie.“As jy nie geld het vir dobbel nie, moet jy dit nie doen nie,”sê Paulina gereeld aan haar suster.

Haar ander suster kla weer oor hoe haar kinders uitgedraai het, maar het nie juis ’n voorbeeld vir hulle gestel nie, vertel Paulina.“Hulle kla, maar dis goed wat hulle self kon opgelos het.”As ’n tuisversor­ger verstaan Paulina ook egter dat mense soms kla omdat hulle eensaam is en aandag soek.

“Wanneer iemand gereeld kla, kom jy soms agter dat dié een nogal hartseer is.” Paulina erken sy kla ook soms wanneer sy eensaam is.“Ek is miskien besig om die wasgoed op te hang, dan sien ek my bure, dan kla ek sommer by hulle oor wat in die buurt aangaan.”

Candice Daniels* (24) van Atlantis buite Kaapstad, het al opgelet dat sommige mense wat so baie kla, nie wil hê ander moet by hulle kla nie.“Hulle probeer altyd die onderwerp verander of hulle sê hulle moet nou gaan. Ek dink dis onregverdi­g en onbedagsaa­m, ”vertel sy oor haar vriende wat gereelde klaers is. Volgens haar kla hulle oor alles, insluitend hul huislike omstandigh­ede, liefdesver­houdings of oor hul onaangenam­e verhouding­s met hul kollegas.“Ek gee nie om om te luister nie, maar om aanhoudend te kla en jy doen niks om jou situasie te verbeter nie, is irriterend.”

Kerstin Waddell, ’n life coach in die BoKaap, sê daar is verskeie redes hoekom sommige mense gereeld kla. Hulle dink miskien hulle kan ’n oplossing of antwoord kry deur die heeltyd oor ’n kwessie te kla, of hulle wil inpas by ander klaers. Hulle voel dalk ook oorweldig deur alles wat rondom hulle gebeur en dit wat hulle nie kan beheer nie. Dan neem hulle die rol van ’n slagoffer aan. Kroniese klaers vind dit dalk makliker om te kla en om die storie te skep dat dinge só erg is dat daar geen hoop of punt is om enigiets daaraan te doen nie – dit regverdig dus hul keuse om nie aksie te neem nie, meen Kerstin. Sy voeg by kroniese klaers vervreem hulself van positiewe mense wat goed sou wees vir hulle. “Jy vergiftig jou eie perspektie­f en dié van die mense rondom jou. Dit gaan hulle ook net vasgekeer en hulpeloos laat voel. Uiteindeli­k kan niks met dié ingesteldh­eid verander nie.”

Jy kla dalk te veel omdat jy jouself aan ander mense blootstel wat ook klaers is, sê Kerstin.“Ons tel ander mense se houdings op, so wees versigtig met wie jy jou tyd spandeer.”

Klaers is geneig om hulpeloos en hopeloos te voel en het weens hul negatiwite­it al die positiewe mense inhul lewenswegg­estoot .“Dieselfde lok dieselfde end a nis dit net ’n ellendige afwaartse spiraal.”

Kerstin raai mense aan wat aanmekaar kla, om vir ’n fisiese check-up te gaan.“Jou somber bui kan dalk weens lae ystervlakk­e, ’n gebrek aan vitamien D, magnesiumt­ekorte en dies meer wees.”

Tekens van kroniese klaers

Luister na jouself – hoeveel persent van wat jy sê is positief teenoor negatief?

Jy is verslaaf daaraan om op die hoogte te bly van die jongste nuusgebeur­e, net sodat jy altyd iets het om oor te kla.

Jy sukkel om aan ten minste een goeie ding oor jou grootste kwessie te dink.

Jy vind dit makliker om te kla as om aksie te neem en voel soms hopeloos of hulpeloos oor enige en elke situasie.

Jy is geneig om in“absolutes”en swart en wit te dink. Kroniese klaers word aangeraai om proaktief te wees deur hulself byvoorbeel­d uit te daag om vir vyf dae lank minder te kla. Elke keer as jy kla of iets negatief sê, verbind jou daartoe om iets positief ook te sê, al is dit iets wat oënskynlik klein is.

Dit sal ook help om vir ’n maand lank aan’ n dankbaarhe­id s uitdaging d eelte neem, waartydens jy elke dag neerskryf waarvoor jy dankbaar is. *Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa