Kuier

OUD EN ALLEEN: Bejaardes word te maklik die teiken van misbruik

Dis maklik om ouer mense uit te buit omdat hulle dikwels alleen bly en van ander afhanklik is vir hulp.

- DEUR jackie pienaar-brink

ouer word is nie vir sissies nie, hoor ’n mens gereeld. Wanneer bejaardes alleen bly, is hulle boonop ’n maklike teiken vir gewetenlos­e misdadiger­s en selfs familieled­e. Baie word eenvoudig vergeet en kom só aan ’n eensame, bitter einde.

Soos die vrou in haar sewentigs wat alleen op die Kaapse Vlakte gewoon het.

Hier het iemand haar gegroet, daar het iemand met haar gesels, maar niemand was so nou betrokke by haar lewe dat hulle agtergekom het dat haar gesondheid besig was om kommerwekk­end vinnig agteruit te gaan nie.

Uiteindeli­k was sy nie meer in staat om self haar medikasie te neem of kos te maak nie. Omdat sy nie ’n telefoon kon bekostig nie, kon sy ook nie hulp ontbied nie. Toe haar bure begin wonder het hoekom hulle haar nie meer sien nie, het sy al dae lank verswak en ontwater in haar huis gelê.

Gelukkig is hierdie ’n verhaal met ’n gelukkige einde, sê Irene Snell-Carroll, Wes-Kaapse direkteur van Age-in-Action (vroeër die SA Raad vir Bejaardes).

Iemand het haar deur oopgedwing en dié organisasi­e is om hulp genader.“Die vrou is in die hospitaal opgeneem, waarna ons vir haar ’n noodbed in ’n ouetehuis kon kry totdat sy in ’n ouetehuis opgeneem is.”

Hierdie is maar een van vele gevalle wat die kwesbaarhe­id van bejaardes beklemtoon, veral as hulle alleen woon. Die probleem is dat die nood so groot is dat basies net verswakte ouer mense in ouetehuise opgeneem kan word, sê Irene.“Totdat hulle letterlik amper niks meer vir hulself kan doen nie, het baie bejaardes geen ander alternatie­f nie as om alleen te bly.”

Maar ’n verswakken­de gesondheid is nie die enigste ellende wat oor ouer mense se pad kan kom nie. Age-in-Action werk hoofsaakli­k in minderbevo­orregte gebiede en ’n groot bron van kommer is dat toenemende dwelmmisbr­uik en werklooshe­id ’n rol speel by die uitbuiting en mishandeli­ng van bejaardes. Woon hulle op hul eie, is hul uiteraard ’n veel makliker teiken. Dis so maklik . . . Nie net vreemdelin­ge misbruik bejaardes nie. Gemeenskap­sorganisas­ies weet goed hoe gewetenloo­s sogenaamde vriende of selfs familieled­e kan optree. Die maniere waarop uitbuiting geskied, is legio.

In die dorpie Sir Lowry’s Pass naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap het‘n ouer man afgetree en ’n pensioenui­tbetaling van digby R100 000 ontvang.

Ver weg van winkels en banke, en sonder ’n voertuig, het die goedgelowi­ge bejaarde sy kaart en PIN aan eers een gemeenskap­slid toevertrou en toe nog een. Binne twee jaar, vertel ’n inwoner wat anoniem wil bly, was hy pennieloos en verplig om na familieled­e in die Oos-Kaap te trek sodat hulle vir hom kan sorg.

Dis ook nie vreemd dat“barmhartig­e samaritane”aanbied om vir alleenwone­nde bejaardes kruidenier­sware te gaan koop en hulself in die proses aan hul skamele inkomstetj­ie of inkopies help nie. Veral as ’n ouer persoon vergeetagt­ig begin raak, is uitbuiting soveel makliker.

Moet ’n bejaarde weens die een of ander gesondheid­sprobleem dringend by ’n kliniek of hospitaal kom, is daar ook oorgenoeg gewetenlos­es daarbuite wat aanbied om hulle te vervoer, maar teen ’n belaglik hoë tarief.

Mense wat met bejaardes werk, kan baie stories vertel wat nader aan die huis is, soos van kinders of kleinkinde­rs wat ’n bejaarde deur middel van afdreiging of intimidasi­e dwing om ’n Sassa-kaart te oorhandig. Soms word ’n ouer persoon wat alleen woon, oorreed om onder die voorwendse­l van versorging by familie of vriende in te trek, net om daarna totaal geïsoleer en finansieel misbruik te word.

Veral in die huidige moeilike ekonomiese omstandigh­ede is dit nie vreemd dat werklose ouers én hul kinders van ouma of oupa se pensioen af leef nie. En dit terwyl stygende pryse, saam met ’n ouderdomsp­ensioen wat met minder as R100 ’n jaar styg, dit vir bejaardes ál moeiliker maak om sowel kos as mediese sorg te bekostig.

Dis kommerwekk­end dat sommige werklose kinders nie werk probeer kry nie. “Hulle dink dis maar oukei om so aan te sukkel en die bejaarde tot ’n inkomstebr­on te reduseer,”sê Irene.

Die melkkoei, veral in armer gebiede, noem Syd Eckley – voorsitter van die Suid-Afrikaanse Gerontolog­iese Vereniging en lid van die Menseregte­kommissie – dit sommer op die naam.

Afhanklikh­eid van ander is dikwels die rede hoekom bejaardes op All Pay-dag met hul volle toelaag in kontant rondloop. Omdat hulle ander mense gedurig in die oë moet kyk vir vervoer, verkies hulle om soveel moontlik van hul inkopies op een dag af te handel. Met al daardie geld in hul besit, loop hulle uiteraard die gevaar om beroof te word, veral as hulle op hul eie rondbeweeg. Irene het al ’n huilende slagoffer teëgekom wat nie ’n krummeltji­e kos in haar huis gehad het nie omdat haar hele pensioen gebuit is.

Aangesien Age-in-Action nie oor die finansies beskik om in sulke gevalle te help nie, sal hulle slagoffers op ander maniere probeer bystaan deur byvoorbeel­d uit te vind aan watter kerk hulle behoort en miskien die pastoor te betrek.

Tog is die probleme wat met die ouderdom gepaardgaa­n, nie altyd dramaties of selfs sigbaar nie. Eensaamhei­d en ’n gevoel van nutteloosh­eid kom wyd voor, veral as jy vanaand niemand het om mee te praat wanneer jy jou deur agter jou toetrek nie.

Dis algemene kennis dat baie jongmense na stedelike gebiede verhuis op soek na beter geleenthed­e, wat kan beteken dat die fisieke en emosionele versorging van ’n ouer agterweë bly.

Navorsing het al getoon dat veral ouer vroue wat hul mans verloor het, of wat geen kontak met kinders en kleinkinde­rs het nie, baie vatbaar vir depressie is.

Maar wat staan bejaardes te doen wat geen ander keuse het nie as om alleen te bly? Dís wat jy kan doen Vele studies het al aangedui dat mense met ’n sterk sosiale netwerk meer gebuffer is teen depressie en angs, veral in hul later jare, sê die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag). En omdat die verlies aan vriende en familie deel is van ouer word, is dit veral vir bejaardes belangrik om nuwe vriende te maak.

Raak betrokke by die kerk, sluit aan by ’n leesklub, doen vrywillige­rwerk of aandstudie, beveel Sadag aan. Syd maak ook die volgende voorstelle: Bly ekonomies aktief. As jy die vermoë het, kook konfyt, brei, bak vetkoek en verkoop jou produkte.

Raak betrokke by kinders en jongmense; dit maak jou minder vatbaar vir eensaamhei­d en ’n gevoel van nutteloosh­eid.

Ontwikkel ’n gesindheid van dankbaarhe­id – en beperk jou alkoholgeb­ruik. ’n donker prentjie Alkohol- en dwelmgebru­ik raak 17% van ouer volwassene­s, sê Sadag.“Dis nie vreemd dat bejaardes met alkohol en dwelms selfmedike­er om eensaamhei­d of chroniese pyn te verlig nie.”

Volgens Sadag ly rofweg ’n kwart van alle mense ouer as 65 aan depressie en maak bejaardes 20% uit van diegene wat aan selfmoord sterf.

Tog kan ’n mens nie verby die feit kyk dat baie bejaardes verkies om alleen te bly nie. Veral die jongeres onder ouer mense hou daarvan om hul eie ding te doen, sê Syd.“Of hulle wil nie ’n oorlas wees nie.”

Sommige bejaardes weier ook om te aanvaar dat hulle nie meer alleen kan bly nie en hulp nodig het.

Die Wet op Ouer Persone – wat in 2010 geïmplemen­teer is – het ook nooit werklik sy doel bereik nie, naamlik dat almal wat bewus is van ’n ouer persoon wat misbruik, mishandel of verwaarloo­s word, verplig is om dit aan te meld. ’n Navorsings­pan kyk tans na die redes hiervoor.

*TAFTA, ’n organisasi­e sonder winsmotief wat in Durban dienste aan bejaardes lewer, verskaf op sy webwerf dié statistiek­e: 16% van alle afgetrede Suid-Afrikaners is ten volle afhanklik van ’n staatspens­ioen; 31% van alle mense wat aftree-ouderdom bereik, moet aanhou werk om ’n bestaan te maak; net 6% van alle Suid-Afrikaners kan onafhankli­k van ander aftree.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa