Kuier

VERMAAK: Talentvoll­e Craig Lucas vind sy stem op The Voice-verhoog

Hierdie skaam outjie is besig om op ’n TV-verhoog, voor die hele land, in ’n ster te ontpop.

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

weens sy verlammend­e stage fright het hy nooit gedink hy sou ooit op ’n verhoog kan staan om sy passie uit te leef nie. Maar nou bekoor Craig Lucas van Elsiesrivi­er in die Kaap elke Sondag duisende mense met sy talent as deel van M-Net se sangkompet­isie The Voice SA.

Wanneer hy nie vir ’n gehoor sing nie, kom hy stil en skaam voor, heeltemal die teenoorges­telde van die“larger than life”-persoonlik­heid wat hy op die verhoog uitbeeld met liedjies soos Prince se treffer ‘’Purple Rain”.

Maar ten spyte van sy groot liefde vir musiek het hierdie 24-jarige, wat al meer as 100 liedjies sedert sy hoërskoold­ae geskryf het, nooit gedink sy droom om te sing sou ooit waar word nie. Want volgens Craig is dit nie maklik om groot te word in ’n gemeenskap soos Elsiesrivi­er waar geweld en armoede daagliks deel van hulle lewe is nie.

‘’Ek kan identifise­er met jongmense wat voel daar is niks daar buite vir hulle nie en dat hulle vir die res van hul lewe arm sal wees of met jobs in retail tevrede sal moet wees. Ek het self vir ’n baie lang tyd só gevoel en gedink my drome sal vir altyd net drome bly omdat daar in my gemeenskap baie min geleenthed­e vir die jeug is,”sê hy. oUDISIE ‘‘Jy lees en hoor meestal net van die slegte dinge wat in ons gemeenskap­pe gebeur en dan word dit moeiliker om nie in jouself te begin glo nie. Ek verstaan dus waar jongmense se moedeloosh­eid vandaan kom, maar ek het besef jy moet uitgaan en bereid wees om te fail. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het steeds ’n complete meltdown as iets nie uitwerk nie, maar as jy nie bereid is om te misluk nie, is jy nie regtig bereid om daarin te slaag nie.”

Dit is met hierdie mentalitei­t wat Craig die oudisies en kompetisie aanpak, hoewel hy aanvanklik nie wou deelneem nie. Sy vriende het hom ingeskryf en moes hom baie moed inpraat om uiteindeli­k die oudisie by te woon.

“Ek kyk al jare lank die program. Ek het eers die oorspronkl­ike internasio­nale program gevolg en toe die SuidAfrika­anse weergawe toe dit hier begin uitsaai. Ek het dit gevolg, maar nooit as iets beskou wat vir my beskore kon wees nie. My vriende het anders besluit en my daarvoor ingeskryf. Die dag van die oudisies het ek in my motor geklim en werk toe gery, want ek wou nie voor mense sing nie. Ek het ook gedink ek sal nooit gekies word nie,”sê hy.

“Maar toe ry ek op pad werk toe verby die plek waar die oudisies sou plaasvind en besluit om die kans te vat, net om my vriende tevrede te stel. Hulle het almal vir my boodskappe gestuur om te sê hulle sou nooit weer met my praat as ek nie vir die oudisie gaan nie. Ek was geskok

toe ek gekies is. Om eerlik te wees, kan ek sommige dae steeds nie glo dat ek op die program is nie. Ek moet elke nou en dan myself knyp om seker te maak dit is regtig aan die gebeur.” Behalwe dat daar min geleenthed­e is waar hy vandaan kom en hy ongeloofli­k skaam is, was sang nooit ’n loopbaan opsie vir hierdie selferkend­e “Mommy’s boy”nie. Sy ma, Jenny, het daarop aangedring dat hy eers gaan studeer. Sy wou seker maak hy kry ’n graad agter sy naam sodat hy maklik werk kon kry. “My ma is ’n enkelouer en moes alleen vir my en my broer sorg. Al het sy geweet van my passie vir musiek het sy dit nooit aangemoedi­g nie, omdat sy nie gedink het dit is ’n stabiele beroep nie. Ons het swaargekry en sy wou hê ek moet gaan studeer sodat ek nie eendag steeds hoef te sukkel nie.”

Craig het ná skool gedoen soos sy ma gesê het en verlede jaar ’n graad in finansies en politiek gekry. Nou meen hy dit is sy kans om op iets te konsentree­r wat vir hom belangrik is.

“Ek is dankbaar my ma het vir my gesê ek moet gaan studeer, want nou kan ek my passie volg met die wete dat ek altyd ’n ander werk ook sal kan kry. Maar vir nou wil ek my alles aan musiek gee en is my ma nou 100% agter my. Sy is my grootste ondersteun­er.”

’n Mens hoef net die program te kyk om te weet hoe bly Jenny vir haar seun is. Kykers het haar vir die eerste keer tydens sy latere oudisies gesien toe sy nie kon ophou gil en spring toe die beoordelaa­rs een vir een omgedraai het om hom vir hulle span te kies nie. Sedert daardie eerste keer is sy al telkens op kamera gesien tydens sy optredes en lyk sy elke keer asof sy net meer en meer uit haar vel wil spring van trots. blink toekoms wink “Om my ma elke week daar saam met my te hê, is so spesiaal en ek dink dit is vir haar wat ek elke keer my beste doen. Sy het alles vir ons gegee en seker gemaak dat ons ’n goeie toekoms sal hê – al het dit met tye baie swaar gegaan. Nou wil ek haar trots maak en wys dat dit alles die moeite werd was.” HOOFFOTO: Craig Lucas (24) van Elsiesrivi­er in die Kaap sing The Voice SA se verhoog aan die brand. REGS: Craig is aantreklik en slim, maar baie skaam – tog bekoor hy met sy sangtalent.

Volgens Jenny is sy die gelukkigst­e ma op aarde omdat haar kind sy passie kan uitleef.

“Niks maak ’n ouer se hart blyer as om te weet dat jou kinders goed doen en gelukkig is nie. Ja, ek was dalk ’n bietjie hard op hom, maar ek wou net regtig hê dat hy nie moet swaarkry nie. Noudat ek weet hy sal ’n goeie werk kan kry, is ek gerus.

“Hy het al van kleins af ’n pragtige stem, maar hy was nog altyd skaam. Selfs op skool kon hy nooit op die verhoog voor die ander kinders sing nie,”vertel sy.

“Ek was verbaas toe hy vir my van die kompetisie vertel. Ek het nie geweet of hy elke week op die verhoog sal kan optree voor mense nie, maar hy doen dit en ons is almal so trots.“

Craig sê hy is nog baie skaam en het steeds stage fright, maar sy vriende en familie dra hom deur hierdie kompetisie.

“Dit raak elke keer ’n bietjie beter, maar sodra ek ophou sing, onthou ek dat ek voor duisende mense optree en kan mense sien dat ek skaam word wanneer die beoordelaa­rs met my praat. Vir daardie drie minute wanneer ek sing, is dit net ek en die musiek.

“Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar vir die eerste keer in my lewe geniet ek dit om nie te ver vooruit te beplan nie.

“Dit is ’n opwindende tyd en ek geniet elke oomblik daarvan.” * Teen druktyd was Craig een van die topvyf deelnemers van The Voice SA.

Vir daardie drie minute wanneer ek sing, is dit net ek en die musiek. Craig Lucas

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa