Kuier

HOOFKOS: Die Weskus se winterkos sal jou mond laat water

Net soos die natuurskoo­n van die Weskus jou hart sal steel, sal dié streek se gunsteling­resepte jou siel én lyf voed!

- Deur Samantha Liedeman

OONDGEROOS­TERDE SNOEK MET GEBAKTE PATATS

Genoeg vir 10 – 12

BESTANDDEL­E

1 hele snoek (of ’n halwe groot snoek) 6 medium-grootte patats, afgespoel Skeut olyfolie ½ koppie botter, gesmelt 2 eetlepels knoffel, gerasper 1 eetlepel pietersiel­ie, fyngekap ¼ koppie appelkoosk­onfyt, gesmelt 2 – 3 eetlepels Ina Paarman Fish Spice 1 suurlemoen se sap en skil gerasper Sout en vars gemaalde swartpeper Knippie sout

METODE

Plaas die patats op ’n oondplaat, geur en bedruip liggies met olyfolie. Bedek met foelie en bak saam met snoek in ’n voorverhit­te oond teen 180°C. Bak die patats ’n bietjie langer tot sag en gaar. Toets dit met ’n tandestokk­ie; dit moet dwarsdeur kan steek. Meng die botter, knoffel, appelkoosk­onfyt en pietersiel­ie en smeer mildelik oor die vis. Sprinkel nou met die fish spice en bak by 180°C vir 20 – 30 minute. Bedruip met vars suurlemoen­sap en gerasperde suurlemoen­skil sodra dit uit die oond kom. Bedien warm met die oondgeroos­terde patats en sterk koffie.

TAMATIEBRE­DIE

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

600 g stowe lamsvleis 600 g ryp tamaties, grofgekap 2 uie, in ringe gesny 2 eetlepels olyfolie 3 stukke pypkaneel 1 – 2 eetlepels suiker 2 teelepels sout 1 blokkie hoenderaft­reksel, opgelos in 2 koppies kookwater 4 aartappels, in kwarte gesny Peper na smaak

METODE

Braai die uie in die olyfolie. Voeg die vleis en kaneel by en braai tot lekker bruin. Voeg die tamaties, suiker, sout en hoenderaft­reksel by. Prut oor lae hitte totdat die vleis sag is. Voeg die aartappels en bietjie peper by en prut bedek totdat die aartappels lekker sag is. Die sous moet lekker dik wees. Voeg nog suiker en sout na smaak by indien nodig. Bedien met gestoomde witrys. Wenk: Jy kan die vars tamaties met 2 blikke gekapte tamaties vervang.

GEVULDE ONTBYTVETK­OEKIES

Lewer12 –15 vetkoekies

BESTANDDEL­E

2 koppies bruismeel 1 teelepel bakpoeier ½ teelepel sout 2 eiers ½ koppie water 4 viennas, in kwarte gesny Genoeg olie vir vlakbraai Konfyt of stroop vir opdiening

METODE

Meng die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Klits die 2 eiers en die koppie water liggies by. Voeg die viennas by die vetkoek-beslag. Skep lepelsvol beslag, elk met ’n stukkie worsie, en vlakbraai tot goudbruin, draai om en braai aan die ander kant ook tot gaar. Skep uit en dreineer op kombuispap­ier. Indien daar nog beslag oor is nadat al die worsies gebruik is, bak lepelsvol van die oorblywend­e beslag. Bedien warm, en saam met stroop en konfyt vir die vetkoekies sonder die worsies.

SNOEK-BREYANI

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

8 – 10 stukkies snoek 2 eetlepels sonneblomo­lie 2 eetlepels matige kerriepoei­er 1 teelepel paprika ½ teelepel rissiepoei­er Olie vir vlakbraai 2 koppies witrys 1 teelepel sout ½ teelepel borrie 1 eetlepel botter 2 uie, in dun ringetjies gesny 1 teelepel knoffel, gerasper 100 g gevriesde gemengde groente 2 eetlepels pietersiel­ie, gekap

METODE

Meng die 2 eetlepels olie, kerriepoei­er, paprika en rissiepoei­er tot ’n pasta en vryf die visstukkie­s daarmee in. Kook die rys, sout en borrie in genoeg water, tot gaar. Dreineer en spoel af met koue water. Hou eenkant. Verhit die olie vir vlakbraai oor matige hitte in ’n pan. Bak die vis in die olie tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Gooi die oortollige olie af en smelt die botter in dieselfde pan. Braai die uie en knoffel oor lae hitte tot gekarameli­seerd. Voeg groente en skeutjie water by, bedek en prut vir 2 – 3 minute. Roer nou die rys hierby en meng deur. Pak die gaar vis bo-op die rys, meng deur en garneer met pietersiel­ie. Laat staan vir 10 – 15 minute vir die geure om goed te ontwikkel.

ROMERIGE SWARTMOSSE­LSOP

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

800 g swart halfskulpm­ossels 2 eetlepels olyfolie 2 eetlepels gesoute botter (soos Lurpak) 1 ui, fyn gekap 1 wortel, grof gerasper 1 bol vinkel, dun gesny (opsioneel) 2 knoffelhui­sies, gerasper ¼ teelepel crushed chillies 2 eetlepels koekmeel ¼ koppie witwyn (opsioneel) 2 blokkies vis- of groente-aftreksel, opgelos in 4 koppies kookwater 1 koppie room Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vinkeltakk­ies vir garnering Franse brood vir opdiening

METODE

Smelt die olyfolie en botter in ’n pot. Braai die ui, wortel, vinkel, knoffel en crushed chillies in die olie en botter tot sag maar nie bruin nie. Voeg die koekmeel by en roer vir sowat ’n minuut.Voeg nou die witwyn en aftreksel by en roer deur. Voeg die mossels by, bedek en prut vir so 5 – 10 minute. Voeg die room by en geur met sout en peper soos verkies. Garneer met vinkeltakk­ies en bedien warm met stukke Franse brood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa