Kuier

SMS

-

Baie dankie, Kuier, vir die storie oor ADHD (Aandag op ADHD, 14 Junie 2017). My kind is met ADHD gediagnose­er en hy is disleksies. Baie mense weet nie hoe seer hulle jou as ouer maak as hulle sê jou kind is stout, nie normaal nie en moet ’n spesiale skool bywoon. As dit moontlik is, kan

Kuier berig doen oor disleksies­e kinders. Dit sal mense ’n beter idee gee wat dit behels. DEIDERE , KLEINSEE

Dagsê, Kuier- mensies. Danksy die artikel oor die Grillfathe­r SA (Die Don van

Steaks, 14 Junie 2017) het ek ’n wonderlike eetplekkie ontdek. Shane se steaks is tops! Die rubriek Wat die hart van vol is (14 Junie

2017), bevat ook soveel raakpunte. Ja, baie keer vergeet ons ons roots en is dit maklik om God te speel. Ek bid vir meer buigsame wetgewing, wat ander nie verder van hul menswaardi­gheid stroop nie. ELLA LIRRY, BELHAR

Junk status of nie, ek vertrou op die Een wat voorsien, betaal God Sy tiende en spandeer my pensioenge­ld versigtig. God bly in beheer en ons moet Hom vertrou. ELDENE

Dankie vir so ’n oulike tydskrif. Wat van ’n paar ekonomiese resepte vir ’n slow cooker. Dit sal fantasties wees. Dankie. HELEN VAN DER WESTHUIZEN, KLERKSDORP

Ek stem saam met Keith Meyer (Wat die

hart van vol is, 17 Mei 2017), ons as ouers sal ons als en alles vir ons kinders gee en doen sonder om twee keer te dink. Maar só het ek ook geleer om aan ander te gee waar die nood groot is. En dis ’n lekker gevoel. Ek’t as enkelma ’n goeie en duur les oor skuld geleer (Kuier Coach, 28 Junie 2017). Vandag is ek skuldvry en kan my kinders touwys maak hoe om uit die skuld te bly en te spaar. ROMA BAILEY, MACASSAR

Baie dankie vir so ’n lekker tydskrif met baie om te lees. Dankie vir die pragtige gesinfoto van Christo en sy gesin (Christo se klong, 14 Junie 2017). En Elijah is só photogenic! DAWN VRY, KEMPTON PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa