Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Een van ons grootbase het onlangs gesê ons leef in ’n tyd van groot onsekerhei­d. Ek stem nogal saam, want ’n mens weet regtig nie meer wat volgende in die wêreld gaan gebeur nie en daardie aanhoudend­e onsekerhei­d is regtig nie goed nie. Ons as mense probeer mos alles in ons vermoë om ons voor te berei vir dit wat kom sodat ons darem met ’n bietjie gerustheid die dag van môre kan aandurf.

Maar, sê grootbaas verder, as jy geen idee het wat volgende jou kant toe kom nie, is ons geneig om bevrees en angstig te word oor die toekoms. Ons verloor selfvertro­ue, raak mismoedig en depressief.

Dis ongelukkig die realiteit dat niemand ooit regtig weet wat die toekoms inhou nie. Dit geld vir die goeie en die slegte tye. Die les is dat die lewe albei vir ons inhou. En as jy net die negatiewe verwag, loop jy die risiko om die mooi dinge heeltemal mis te kyk. Aan die ander kant, as jy altyd deur ’n rooskleuri­ge bril kyk en dink slegte dinge gaan nooit gebeur nie, gaan jy vir ’n ses geslaan word die dag as dinge regtig verkeerd gaan.

In hierdie uitgawe ry ons werklik die wipplank in ons stories en sien hoe die goeie én slegte met mense kan gebeur. En dikwels is dit nie noodwendig wát met hulle gebeur nie, maar hul houding wat die verskil maak.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa