Kuier

Wenke wat werk

Hier is wenke vir skimmel op teëls, gekookte eiers, soeter aarbeie en raad met sellotape.

- SUSAN ADAMS

Om Sunlight Liquid te vermeerder, gooi die helfte van ’n vol bottel in ’n ander bottel. Gooi in elke bottel twee lepels sout en maak dit verder vol met water. Skud dit liggies en siedaar, twee vol bottels Sunlight! BARBIE MALGAS, CARNARVON

Spinnerakk­e help om bloeding te stop, veral as jy jou raaksny aan jou hand of vingers. BONITA UITHALER, PORT ELIZABETH

Plaas groen tamaties in ’n papiersak saam met ’n ryp piesang om gouer ryp te raak. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Smeer vaseline aan areas op jou lyf waaraan perfuum gewend word. Die reuk van die parfuum sal baie langer hou. BELINDA DAMONS, PACALTSDOR­P

As aarbeie nie soet genoeg is nie, sprinkel ’n bietjie bruinsuike­r daaroor. Laat dit staan totdat die suiker smelt en ’n geurige sousie vorm. Dit proe lekker soet! P. WILLIAMS, CITRUSDAL

Vir heerlike brosgebakt­e (crispy) vis, druk die rou vis eers vir ’n paar minute in die yskas en bak dit dan in warm olie. MOREEN DE VOS, BELHAR

Gebruik die mooi gekleurde proppies van leë spuitkanne­tjies as interessan­te houers vir sierkerse vir spesiale geleenthed­e. GRIETA PRETORIUS, GRIEKWASTA­D

Gooi ’n eetlepel asyn in die water waarin jy eiers kook. Die eiers sal nie bars nie. RACHEL STUURMAN, GEORGE

Merk jou kinders se klere met kolletjies op die etikette: 1 vir die oudste, 2 vir die tweede oudste, ens. Die raad het ek baie jare gelede by ’n dokter gekry. As jou kind allergies is vir huismiete, spoel dan al sy klere en beddegoed met witasynwat­er uit en hang dit op die wasgoedlyn om droog te word. FREDA BOND, HANOVERPAR­K

Om van hardnekkig­e skimmel tussen stortteëls ontslae te raak, bespuit met Jik uit ’n spuitbotte­l. Jy sal nooit weer sukkel nie. VERNA CAMPBELL, PORT ELIZABETH

Smeer ’n bietjie tandepasta op jou foon of tablet se skerm en bedek die hele oppervlak daarmee. Vat dan ’n nat lap en vee dit af en vryf dit droog met ’n handdoek. Dit sal baie blink. ANELDI ROUX, BRACKENFEL­L

Om frikkadell­e te maak en jy het nie mince nie maar wel wors, maak so: Ontvel die wors en rol in die groterige balletjies (die wors is reeds gegeur). Wors is soms ook goedkoper as minc. MARTHA BOOYSEN, PORT ELIZABETH

As die pluk van wenkbroue vir jou pynlik is, vryf eers met ’n ysblokkie oor die wenkbroue as ligte verdowing. Om jou groente fyn te kap, gebruik ’n leë bief-blikkie. Die blikkie is skerp en maklik hanteerbaa­r. FLORENCIA ADAM, TULBAGH

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa