Kuier

Antwoorde gegee

-

Spuit meubelpoli­toer waar miere lastig is. Dit werk soos ’n bom. ROSALINE COERT, MAMRE

Om ontslae te raak van suur in jou liggaam, drink elke aand ’n mespunt koeksoda gemeng met ’n bietjie water. ISABELLA BENADIE, MIDDELBURG

Om van bosluise ontslae te raak en vlooie van ’n hond af te kry, was die hond met Sunlight-seep en water. Dit werk! EVELEEN SNOEK, ROBERTSON

Gooi motballe in jou dakplafon as jy wil ontslae raak van rotte. Hulle hou niks van die reuk nie.

BREGGIE FOURIE, CENTURION

Om van bosluise op honde ontslae te raak, gee hom aalwyn om te eet of sit aalwyntakk­ies in sy drinkwater. ANNA VLOK, WORCESTER

Om ontslae te raak van kakkerlakk­e, kook ’n aartappel en druk dit fyn en meng met boorpoeier. Vorm balletjies, en sit dit in eierbakkie­s en plaas oral in die kaste. Boorpoeier is te kry by apteke. GRIZELDA JACOBS, BELLVILLE-SUID

As jou strykyster onder swart aangebrand het, maak dit warm en spuit met oven cleaner en skuur dit dan skoon. Spuit dit ook met Scottsbrig­ht. Dit werk! CHAMILA MADATT, ATLANTIS

As jou neus toe is weens ’n verkoue of as jy sinus-probleme het, eet ’n stukkie rou ui. Dit maak dit byna onmiddelli­k oop. LYDIA KLEYNHANS, TOEKOMSRUS

As jy ontslae wil raak van kakkerlakk­e. Neem piesangski­lle en sit dit in jou kombuiskas­sies en bo-op en agter jou yskas en kassies. Jy sal sien hulle verdwyn gou. EVELYN HARZENBERG, ATLANTIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa