Kuier

Sellotape

-

Sellotape (kleefband) kan vir baie dinge gebruik word wat gebreek het, soos om jou besemstok te las wat per ongeluk gebreek het as jy te hard daarop gedruk het terwyl jy die huis uitvee. GARETH HENDRICKS

Om kat- en hondehare van ’n trui, kussing of bank af te haal. Om jou naels twee kleure te verf sit kleefband op die kant wat ’n ander kleur moet wees. Haal versigtig af en laat goed droog word. Verf nou die ander kleur op jou naels. AMANDA BOTHA

Sellotape kan ook gebruik word om ’n romp se soom reg te maak totdat jy by ’n naald en garing kan uitkom. Ek het dit baie op skool gedoen. KARIN BEHRENS

Ek gebruik breë sellotape as ek spykers in die mure wil kap, dan kraak die muur nie. Plak dit daar waar jy die spyker wil inkap − en wala! AMANDA ROOS

Ek draai dit om die hakke van my skoene vas as ek by ’n plek is waar daar baie gras is. Dit beskerm die hakke. LEE-CHÈ LEE

Gebruik dit om jou borste in plek te hou wanneer jy van daai erg kaal rokke aantrek. BERYL BOOI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa