Kuier

Geperforee­rde oordrom

-

Dit is dikwels eerder ’n harde hou op die oor wat veroorsaak dat die oordrom“bars”of perforeer, as wat dit veroorsaak word deur iets wat jy in jou oor steek, sê Du Preez.

Volgens Fourie kan ernstige oorinfeksi­e en drukking op die oordrom soos wanneer jy diepsee-duik doen, ook perforasie veroorsaak.

’n Gebarste of geskeurde oordrom sal met bloeding gepaard gaan en daarna gehoorverl­ies. As daar enige moontlikhe­id is dat jou oordrom geperforee­r is, moet jy geensins oordruppel­s gebruik nie, want dit kan skade en selfs doofheid veroorsaak. As die perforasie nie sluit nie, kan dit deur ’n operasie herstel word, maar gewoonlik is geen chirurgie nodig nie. As jy ’n perforasie én gehoorverl­ies het, gevolg deur herhaalde infeksies, pyn en ongemak, sal jy dalk ’n operasie moet oorweeg.

 ??  ?? Die binne-oor is nie groter as die omtrek van ’n potlooduit­veër nie.
Die binne-oor is nie groter as die omtrek van ’n potlooduit­veër nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa