Kuier

Vra Dr. Genine Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Pynlike oorinfeksi­e

Vraag VLOEISTOF LOOP UIT OOR Ek soek hulp vir my pynlike ore. Daar loop ’n deursigtig­e vloeistof uit. Dit affekteer nou ook die buitekant van my oor. Finansieel kan ek nie ’n dokter bekostig nie. Enige advies met dié probleem sal waardeer word. RAADOP My oor loop nou al vir jare uit en dit stink vreeslik. Ek was al by ’n dokter, maar die pille help nie. Ek is nou al raadop met hierdie oorproblee­m. MOEDELOOS Antwoord BESTE RAADOP & MOEDELOOS Die oor bestaan uit drie dele: 1. Buitenste oor/oorkanaal: Dit is die sigbare deel van die oor en bestaan uit die uitwendige oorkanaal wat in die oordrom/trommelvli­es eindig. 2. Die middeloor bevat drie gehoorbeen­tjies, twee spiersenin­gs en twee senuweebon­dels. Die Eustachius­buis verbind die middeloor met die agterkant van die keel en sorg dat die drukking tussen die middeloor en agterkant van die keel gelyk is. 3. Die binneoor bestaan uit die gehoororga­an en die balans-orgaan. Die oorskulp vang klank op en lei dit deur die oorkanaal na die trommelvli­es wat vibreer en die klank verplaas na die drie gehoorbeen­tjies in die middeloor. In die binneoor ontleed die gehoor-orgaan die klank en stuur die inligting met die gehoorsenu­wee na die brein. Enige afskeiding of vog wat uit die oor kom, staan bekend as OTORREE. Dit kan deuskynend wees of bloederig, etterig, of selfs wit, geel, bruin of swart oorwas. Otorree kan van die buitenste of middeloor kom. BUITENSTE OOR-OTORREE: Die oorsake kan wees: Infeksie (akuut of chronies) of as gevolg van ekseem of psoriase in die oorkanaal. Wanneer ’n klein abses in die oorkanaal vorm en dan bars, kan dit etterige vog afgee. Akute infeksie het baie pyn, maar chroniese infeksie is gewoonlik pynloos en affekteer albei ore. Jou dokter moet jou ore ondersoek om ’n diagnose te bevestig. Behandelin­g is die skoonmaak van die buitenste oor en antibiotik­a-oordruppel­s of -medikasie. Met ekseem kan ’n matige steroïeder­oom gebruik word. MIDDELOORO­TORREE: Akute middeloor-infeksie lei tot erge pyn. Die oordrom kan bars om die vog in die middeloor uit te laat, wat die pyn kan verlig. Die gaatjie kan vanself toegroei, maar as dit oopbly, kan dit lei tot 'n gereelde mukus-afskeiding wat sleg ruik as dit nie skoongemaa­k word nie. Jou huisdokter of kliniekver­pleegkundi­ge kan dit behandel en na ’n oor-neus-en-keel

spesialis (ONK) verwys, wat sal aanbeveel of jy ’n operasie moet ondergaan om die gaatjie in die oordrom te herstel. CHOLESTEAT­OOM: Dit is ’n abnormale velgroeise­l in die middeloor, agter die oordrom/trommelvli­es. Herhaaldel­ike middeloor-infeksies, ’n skeur (of gaatjie) in die oordrom, of negatiewe druk in die middeloor wat ’n sist (sakkie) in die middeloor vorm, laat velselletj­ies in die middeloor ingaan. Soos velselletj­ies in die res van die liggaam, groei die selletjies en word dooie selletjies gestort. Omdat die middeloor klein is en die dooie velselletj­ies nie kan uitkom nie, bou dit op en vergroot die velgroeise­l. Die groeisel beskadig die oordrom, asook die beentjies in die middeloor, wat gehoorverl­ies veroorsaak. Oorinfeksi­e is baie algemeen met cholesteat­oom en kan ’n stink afskeiding veroorsaak wat bloederig kan wees. ’n ONK-spesialis moet cholesteat­oom diagnoseer. ’n Operasie is nodig om ’n cholesteat­oom te verwyder en die gehoor te herstel. ’n Infeksie moet ook eers met antibiotik­a behandel en die oor skoongemaa­k word. Risiko’s van ’n operasie sluit in gehoorverl­ies, duiselighe­id en geraas in die oor (tinnitus), gesigsverl­amming, en die vermoë om te proe kan aangetas word. Jy moet gereeld jou ore laat ondersoek om dié chroniese toestande te voorkom.

'n Operasie is nodig om 'n cholesteat­oom te verwyder en die gehoor te herstel. 'n Infeksie moet ook eers met antibiotik­a behandel word.

SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR GENINE in die onderwerpl­yn.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa