Kuier

Begin só:

-

DIE PAD NA GENESING Dit is nie maklik om ná ’n geliefde se selfmoord aan te beweeg nie. Dit ís egter belangrik om te besef dat jy steeds leef en ’n rol te speel het in die lewens van jou geliefdes wat agtergebly het. Indien jy jou geliefde aan die anderkant sou vra of hulle verkies dat jy vir ewig stukkend en gebroke moet wees, sou hul antwoord“nee”wees.

Tel só die stukke op om te genees en aan te beweeg:

• Onthou dat jou emosies oor jou geliefde se selfmoord gaan wipplank ry. Jy voel die een dag goed en asof jy reg is om die seer te verwerk, terwyl jy die volgende dag emosioneel heeltemal uitmekaar kan val.

• Die rouproses se tydsduur verskil van mens tot mens. Niemand kan aan jou voorskryf hoe lank jy moet rou nie.

• Wanneer die rouproses egter so lank duur dat dit later jou hele lewe in beslag neem en jy nie effektief kan funksionee­r nie, moet jy profession­ele hulp kry.

• Dalk sukkel jy met gevoelens van isolasie gedurende jou rouproses. Dit is dan raadsaam om by ’n ondersteun­ingsgroep aan te sluit. So ’n groep sal daardie gevoel van isolasie help verlig en kan dit later heeltemal laat verdwyn.

• Indien daar nie ’n ondersteun­ingsgroep in jou omgewing is nie, kan jy self een begin; of jy kan jou geloofsgem­eenskap vra om so ’n groep te begin.

• Dit sal baie help om te skryf oor jou pyn en die onsekerhed­e wat deur jou kop maal. Indien jy nie oor jou gevoelens van seer skryf nie, moet jy daaroor praat. Dit is belangrik om ’n uitlaatkle­p te hê, anders kan jy emosioneel siek word; iets wat ook later as ’n fisieke siektetoes­tand kan manifestee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa