Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Die lewe gee en die lewe vat, en ons moet gou besef wie en wat vir ons belangrik is. Onthou, waardeer wat jy het.

- Deur Mauricia Benn

Daar is ’n gesegde wat sê:“You win some; you lose some.” Hoeveel van ons besef regtig wat ons elke dag verloor en hoeveel ons regtig wen.

Ons verloor so baie dat ons nie eens meer daaraan dink as ’n verlies nie. Soos om die geld wat ons uitgee op noodsaakli­ke items teenoor die geld wat ons maar te maklik uitgee op goed wat ons net dink ons nodig het.

Maar dan verloor ons kosbare goed soos wanneer diewe inbreek en goed steel wat nie weer vervang kan word nie. Goed soos ’n rekenaar waarop al jou foto’s is. Goed wat diewe vir ’n appel en ei sal verkoop om geld te kry, sonder om twee keer te dink aan die leed en verlies wat hulle jou aandoen.

Ons verloor vriende deur vriendskap­pe wat doodgeloop het. Ons verloor geld deur swendelary. Ons verloor weddenskap­pe. Ons verloor ons werk, hetsy deur ons eie toedoen of deur die werkgewer wat minder mense nodig het.

Ons verloor tyd wat geen mens kan vervang nie. Ons as mense is geneig om dinge op ons manier te wil uitsorteer wanneer daar konflik is. Ons kan so maklik vir ure, dae en soms weke en maande wat later verander in jare, kwaad vir mekaar rondloop. Dit is kosbare tyd wat nooit weer opgemaak kan word nie. Al is ons weer goed met mekaar, kan die verlore tye nooit ingehaal word nie. As ons dan jare later terugkyk en nabetragti­ng doen, dan besef mens dat dit waarvoor jy eintlik kwaad was, nie die moeite werd was nie. Somtyds

As ons almal besef wat in die lewe vir ons belangrik is en dit ons prioriteit­e maak, sál die wêreld ’n wonderlike plek wees.

kan jy nie eens meer onthou hoekom jy so kwaad was dat jy vir ’n lang tydperk nie met iemand gepraat het nie. Dan is daar die verlies van geliefdes wat ons aan die dood afstaan. Dit kan ook ’n geliefde hond of kat wees. Jy raak lief vir die dier en neem hom as jou eie aan. Die een gebeurteni­s wat niemand kan vermy nie, is die dood van ’n geliefde. Ons almal kan enige tyd weggeneem word en niemand weet presies wanneer dit gaan gebeur nie. Al weet ons dat ons eendag gaan sterf, is die tyding van ’n geliefde wat afgesterf het, steeds ’n skok waarop niemand jou kan voorberei nie. Jy vra nog steeds die vraag hoekom nou en hoekom gebeur dit met my? Van die tyd dat jy die tyding van die dood kry, tot die dag van die begrafnis en baie lank daarna is dit asof jy in ’n ander wêreld is en niemand tot jou kan deurdring nie. Dit is iets wat niemand ooit sal kan verander nie. Die dood, van ’n pasgebore baba of ouer mens, bly seer en elkeen verwerk dit op sy eie unieke manier – maar almal stem saam dat niemand die seer kan wegvat nie. Hoeveel van ons wen regtig enigiets as ons aan kompetisie­s deelneem? Hoe- veel van ons gee soveel meer uit om die kompetisie te wen en is dan teleurgest­eld as ons nie die miljoene of die mooi kar of idilliese vakansie wen nie.

Dan is daar baie meer wat jy wen in die lewe as wat ons besef en waarvoor ons elke dag moet dankie sê.

Goedjies wat ons as gewone mense as vanselfspr­ekend aanvaar, maak van jou ’n wenner: Jy wen elke dag as jy jou oë oopmaak en ’n nuwe dag en nuwe lewe kan aanskou. Jy wen as jy iets kan lees, want jy kon leer om te lees en jy het oë om te kan sien. Jy wen as jy kan ruik dat jou kos brand, want ten minste het jy iets om te eet. Jy wen as jy ’n motor het, want so baie gebruik publieke vervoer en kla nie. Jy wen as jy ’n werk het. So baie smag daarna om ’n inkomste te kan verdien om vir die basiese benodigdhe­de te kan sorg.

Dan wen jy vriende wat baie meer in jou lewe beteken as wat jy besef. Vriendinne wat saam met jou bly is en saam met jou huil. Vriendinne wat weet as iets fout is sonder dat jy dit hoef te sê.

As ons almal besef wat in die lewe vir ons belangrik is en dit ons prioriteit­e maak, sál die wêreld ’n wonderlike plek wees om in te leef totdat jou stem vir ewig stilgemaak word.

Te veel keer is ons spyt dat ’n lewe kortgeknip is, want ons wou nog een keer iets sê of doen.

Die lewe is darem net te kort.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa