Kuier

CRAIG, JOU LEKKE DING!

-

Veels geluk aan CRAIG LUCAS (24) van Elsiesrivi­er in die Wes-Kaap wat op 9 Julie as die wenner van die tweede seisoen van The Voice SA aangewys is!

Teen hierdie tyd is dit seker ou nuus vir die meeste van ons lesers, maar ons moes net vir julle foto’s van sy groot oomblik wys nadat ons hom in die vorige uitgawe aan julle bekend gestel het. Dit het nogal fyn tydsbereke­ning en baie duim vashou gekos, want met ’n kompetisie soos The Voice weet ’n mens mos nooit wat gaan gebeur nie. Deur die loop van die reeks het Craig ons egter so met sy talent beïndruk dat ons seker was hy sal nog daar wees teen die einde, maar ons was absoluut verheug toe hy as wenner uit die stryd tree.

Dis veral ’n indrukwekk­ende prestasie as jy daaraan dink dat hy geen formele sangopleid­ing het nie. Voeg daarby die verlammend­e stage fright wat dit vir hom moeilik maak om voor ’n gehoor op te tree en dis g’n wonder dat sy vriende hom vir die kompetisie moes inskryf nie. ’n Paar maande gelede het hy ook nooit gedink sy droom om ’n sanger te word, sal waar word nie, maar nou is daar niks wat in sy pad staan nie. Kort voor sy oorwinning het Craig besluit om sy werk as beplanner by die klerewinke­l Naartjie te los en sy passie vir musiek uit te leef.

Craig is nog heeltemal oorstelp dat hy The Voice SA gewen het en sê hy was geskok toe sy naam as een van die twee oorblywend­e deelnemers tydens die regstreeks­e uitsending uitgeroep is. En toe hulle aankondig dat hy die wenner is, het ’n skaam en nederige Craig in trane uitgebars en in sy trotse ma, Jenny, se arms gaan val.

“Ek het gehoop ek sou wen, maar het nie gedink dit is moontlik nie. Toe hulle my naam uitroep vir die top-twee het ek eers gedink ek het verkeerd gehoor. Ek onthou bitter min van die oomblik toe ek gewen het, dit was overwhelmi­ng en alles het so vinnig gebeur,”sê hy. “Sonder my ma sou ek dit nie kon doen nie. Ek was die laaste aand net so skaam soos die eerste aand, maar dit raak al beter. . Almal wat in my geglo het, toe ek nie in myself geglo het nie en vir my gestem het, het my lewe vir ewig verander. Ek sal nooit genoeg kan dankie sê nie.” Volgens Jenny, wat tydens die finale lekker in die gehoor gedans het terwyl haar seun die liedjie“Lady in Red”vir haar gesing het, was dit ’n sprokiesaa­nd.

“Ons het geweet hy het die talent om te wen, maar om te sien hoe jou kind se drome voor jou oë waar word, is iets wat ek nie kan beskryf nie. Hy verdien dit en ek is so opgewonde vir hom. Ek het dit saam met hom gevoel en ek weet hy gaan almal trots maak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa