Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad met tamaties, piesangski­l en kerse, en nuttige wenke met gebruikte teesakkies.

-

Bespaar water deur papierserv­ette te gebruik om al jou borde, messe en vurke skoon te vee. Drup ’n paar druppels Sunlight Liquid op ’n nat spons en spoel af met 1 liter skoon water. CHRISSIE GOUS, SOMERSET-WES Vryf die binnekant van ’n piesangski­l oor potplante se blare om dit te laat blink. PETRA HARMZEN, KLERKSDORP Spuit gewone lyfsproei in ’n slot wat nie wil oopsluit nie. MIRIAM PLAATJIES, BEAUFORT-WES Om jou sokkies in pare te hou wanneer jy dit was, maak die vuil sokkies met ’n haakspeld aan mekaar vas voordat jy dit in die wasmasjien gooi. Wanneer die sokkies klaar gewas is, kan jy dit net so ophang. Sodoende sal jy nooit weer na verlore sokkies hoef te soek nie. JOAN VISAGIE, ATHLONE As jy sukkel met geel strepe in jou toilet of bad, gebruik wit asyn, koeksoda en Domestos. Gooi in ’n spuitbotte­l, spuit en los vir ’n paar uur só aan. MEGAN SNYERS VAN BREDA, CERES Om suurdeeg vinniger te laat rys, meng die deeg eers met ’n vurk voordat jy dit knie. Dit rys verbasend vinnig, veral in die winter. JOHANNA BRIDGES, KURUMAN SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS Plaas ’n kers in jou meel en mieliemeel om dit langer vars te hou. RALPH VAN ZYL, ENNERDALE Wanneer die strooitjie van ’n waterbotte­l vuil is maak dit los om skoon te maak. Sny dan ’n plastiekst­rooitjie in die helfte en druk die swartgoed wat in die waterbotte­lstrooitji­e aangepak het, uit. Herhaal tot die waterbotte­lstrooitji­e heeltemal skoon is en spoel daarna met soutwater. LORRAINE DU TOIT, DIEPRIVIER Keer dat tamatiesky­we wat in die pan gebraai word, uitmekaar val deur die rou skywe eers met meelblom te bedek voordat jy dit in die pan plaas. PHILIP BARTLETT, JOHANNESBU­RG Maak ’n flou aftreksel van pietersiel­ie en laat dit afkoel. Sodra dit louwarm is, kan dit gebruik word om moeë oë te was. SANDRA VAN WYK As jou tights of leggings te knap of ongemaklik tussen die bene sit, knip dit knap onder sitvlak af sodat jy ’n broekie en twee leg warmers het! P. LOUW, CERES Grondboont­jiebotter verwyder krapmerke van ’n CD af. Smeer dit aan en vryf dit dan saggies af met handdoekro­l of ’n koffie filter. MARTA CLOETE, BELLVILLE

As jy vir jou baba ’n kamferblok­kie aansteek, knoop die blokkie in ’n stukkie sykous, dis makliker en vinnig. MONIQUE RAYMOND, PAROW

Spoel spek onder koue water af voordat jy dit bak. Dit keer dat dit krimp. Draai jou kaas toe in foelie in die yskas. Sodoende sal dit baie langer hou en nie muf nie. BERNADETTE PAULSEN, DURBANVILL­E

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa