Kuier

Skaam tv-ster

Sy was nog altyd ’n loner, maar dit het haar nie gekeer om voor die kameras naam te maak nie.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Wanneer jy die kykNET-sepie

Suidooster kyk en die talentvoll­e Simone Biscombe (32) in haar rol as Bianca Fourie sien, sal jy nie sommer dink dat deure vir TV-rolle al in daardie einste mooi gesig toegeklap is nie. Dít het haar male sonder tal laat voel sy is nie goed genoeg nie.

En om te voel jy is nie goed genoeg nie, is nie ’n lekker gevoel nie, want dit krap aan jou selfvertro­ue, jou selfbeeld en laat jou onseker oor wie jy nou eintlik is en wat jou waarde in die lewe is.

Maar Simone, van Idasvallei in Stellenbos­ch in die Wes-Kaap, weet nou as sy nét op die verwerping gefokus en kleinkoppi­e getrek het toe sy nié die rolle gekry het waarvoor sy oudisies gedoen het nie, sou sy dalk nooit ’n rol in Suidooster gekry het nie. Dan sou ons haar nie leer ken het as Jerome October (gespeel deur Danny Ross) se Beautiful B of haar TV-ma Mymoena (Jill Levenberg) se Blom nie.

Simone, wat beide ’n onderwys- en dramagraad het, is nog ’n relatief nuwe gesig op TV en op 32 nog in die fleur van haar lewe, maar sy het reeds geleer die draaiboek van jou lewe speel nie altyd uit soos wat jy hoop dit sal nie, maar dit wel uitwerk soos dit moet.

Daarom het sy vroeg geleer om vrede te maak met wie en wat sy is en om sterk te staan as dit voel asof die storms van die lewe haar wil omslaan.

INTROVERT én aktrise

toegelaat dat dit haar keer om ’n loopbaan te volg wat haar“out there”gaan sit nie. Simone het ’n baie kalm energie en gesels soos ’n ou vriendin. Die grys in haar hare wat sy nie met kleurmidde­ls probeer wegsteek nie, verklap ook dat sy min gespin is oor wat mense van haar sê en baie gemaklik is in haar eie vel. “Ek is ’n introvert. Ek was altyd die loner op kleutersko­ol en die onnies was bekommerd dat ek nie met ander (kinders) gespeel het nie. In die samelewing word dit as iets negatiefs beskou as jy ’n introvert is, maar Audrey Hepburn was ’n introvert en tog een van die grootste sterre in Hollywood. Hoe boring sou dit in elke geval gewees het as ons almal dieselfde was,”sê Simone met ’n glimlag. Sy erken egter haar werk by Suidooster het haar gedwing om uit haar boksie uit te kom, want aanhangers van die sepie wil dikwels foto’s saam met haar neem. En hoewel sy steeds nie lief is vir crowds nie en baie gelukkig op haar eie is, skram sy nie weg nie en het gewoond aan die aandag begin raak namate die sepie gegroei het. Dit is nie net die sepie wat gegroei het. Sy én haar karakter, Bianca, het ook gegroei, want sy het ingekom in die fiktiewe Ruiterbosc­h as ’n baie skaam meisie sonder vriende of familie en is nou ingeburger as een van die Samsodien-gesinslede. Wat egter vir kykers én Simone geskok het, was toe die stil en voorbeeldi­ge Bianca swanger word en ons tot vandag toe nie regtig weet wie haar kind se pa is nie.

Hieroor lag Simone baie lekker en sê:“Ek was aanvanklik geskok oor Bianca se swangerska­p, maar ek vertel iemand se storie en dit gebeur tog dat die stilste meisie swanger word.”

Opgee is nie ’n opsie

Sy raak vir ’n oomblik stil en in haar oë kan ’n mens sien sy stap terug in haar verlede. Dan sê sy uiteindeli­k sy doen hierdie werk omdat sy die voorreg het om mense se stories te vertel. Dit maak dus al die verwerping­s wat sy oor die jare gekry het, die moeite werd.

“Ek het my dramagraad op 21 verwerf en het daarna my onderwysdi­ploma op 22 gekry, maar ek het voor Suidooster vir agt jaar deur die rejection-fase gegaan. Ek moes eendag ’n oudisie in Observator­y doen, maar het geweet ek gaan nie daai 17:30-Stellenbos­ch-trein (terug huis toe) maak nie. Ek kom toe 18:00 op Kaapstasie aan en het ook nie geld nie. Ek het ’n vriendin gebel en op haar bank geslaap. Die volgende dag het ek terug huis toe gegaan – ek was nie gewas nie – en ek dog by myself,‘kyk waardeur is ek gister; ek wag al vir agt jaar, moet ek nie maar opgee nie?’”

Dit was juis toe sy op hierdie laagtepunt was dat lig in haar donker tonnel begin deurbreek het, want presies twee weke ná daardie teleurstel­ling het Simone ’n oproep van Suidooster gekry. Dit was die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar lewe en loopbaan waarop sy vir agt lange jare gewag het.

Simone het haar groot deurbraak in ’n splinternu­we Afrikaanse sepie gekry en terselfder­tyd die geleenthei­d om teenoor veteraan-akteurs soos Cedwyn Joel, Abduraghma­an Adams en Denise Newman te speel en by hulle te leer.

Simone het saam met haar karakter gegroei en vertel voorts toe haar karakter swanger word en sy skielik die rol van ’n ma ook moes vertolk, het haar eie moederskap-instinkte ingeskop, want as die oudste van drie meisies, het sy groot skoene gehad om vol te staan toe haar ma, Colleen (58), ’n paar jaar gelede baie siek geword het.

Simone, wat twee jonger susters, Monique (28) en Cleo (20) het, vertel toe sy 25 was, het haar ma ’n kwaadaardi­ge gewas in haar kolon gehad. Dit het haar baie siek gemaak en Simone moes haar plek in die huis volstaan.

“Dit was ’n verskrikli­ke moeilike tyd in my lewe, want ek moes kyk dat als in plek val, maar tussendeur moes ek baie teater doen en het gewaitress ook. Maar dit het my geleer hoe sterk ek eintlik is, want ek moes na ander (mense) ook kyk. Monique was toe 20 en Cleo in st. 5 (gr. 7) en my pa, Hilton (63), het eendag nog ’n vrou gehad en die volgende oomblik is sy in die hospitaal. Wanneer jy in so iets is, gaan jy net deur die motions,”voeg Simone by.

Haar onderwyser­ma, wat sy“my alles” noem, is gelukkig weer gesond en hou weer skool en sy het die voorreg om haar dogter te sien floreer. Simone is nou dankbaar dat sy uitgehou het in ’n tyd toe sy geen uithou meer in haar oorgehad het nie. Want sy weet nou dinge in die lewe werk nie altyd uit soos en wanneer ons dit wil hê nie, maar wel soos dit moet . . .

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Simone Biscombe (32) is dalk ’n introvert, maar haar loopbaan op TV het behoorlik vlamgevat. REGS: Kykers ken haar as Bianca in kykNET se Suidooster.
LINKS: Simone Biscombe (32) is dalk ’n introvert, maar haar loopbaan op TV het behoorlik vlamgevat. REGS: Kykers ken haar as Bianca in kykNET se Suidooster.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa