Kuier

PLUK DIE VRUGTE VAN SUKSES

Hy is ’n suksesvoll­e sakeman, maar dit het nie altyd so goed met hom gegaan nie. Hy moes hard werk en belangrike lewensless­e leer.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Met ’n maatskappy­naam soos Cool Bananas moet jy verwag dat ’n baie kreatiewe brein agter dit alles sit. Want dit trek onmiddelli­k aandag en prikkel belangstel­ling.

En wanneer jy die knus koffiewink­elgedeelte van Cool Bananas in Maitland in die Kaap binnestap, word jy begroet met vriendelik­e personeel wat lag en gesels terwyl hulle vars eetgoed maak en klante bedien, terwyl musiek in die agtergrond klop en kosgeure jou maag laat grom. Die energie is aansteekli­k. Jy wil sommer deel word van die hele Cool Bananas vibe.

Een ding is uit die staanspoor duidelik – dié maatskappy en sy mense is nie gemaak om in te pas nie, maar om uit te staan. Nes die eienaar, Malcolm Roysten (40), wat nog altyd net die beste wou wees in alles wat hy aanpak.

Cool Bananas is ’n besigheid wat ontstaan het omdat Malcolm uit die boks begin dink het. Sy besigheids­model is relatief eenvoudig: hy verskaf kraakvars vrugte en groente aan die gasvryheid­sbedryf. Hy het die gaping in die mark gesien toe hy self in die restaurant­bedryf was en die gehalte van vars produkte nie op ’n standaard was waarvan hy gehou het nie. Verskaffer­s het nie kompetisie gehad nie en kliënte het verliese gely omdat hulle tevrede moes wees met die produkte wat aan hulle gelewer is. Malcolm begin toe Cool Bananas 11 jaar gelede as ’n side business, maar het dit agt jaar gelede voltyds begin bedryf. Dit het oor die jare gegroei van twee kliënte af tot ’n huidige kliëntebas­is van 150.

’n goeie verkoopsma­n

Malcolm het as een van vier kinders – susters Natalie (44) en Charlene (42), en ’n broer, Marvin (39), wat twee jaar gelede oorlede is – basies“orals”in die Kaap (Grassy Park, Athlone, Fairways, Houtbaai, Constantia en Tableview) grootgewor­d. Sy pa, Stanley, het op skepe gewerk en later studeer (hy het vier grade) en sy eie ingenieurs­besigheid begin. Sy ma, Valda, het in ’n klerefabri­ek gewerk voordat sy voltyds huisvrou was.

“Ons het in ’n garage gebly wat ons by mense gehuur het. Toe my pa meer begin verdien het, kon ons bekostig om in beter woonbuurte te bly. Ek was 14 toe my ma weens kanker gesterf het, twee jaar nadat sy gediagnose­er is. Dit was baie tragies en baie moeilik vir ons. My pa, wat baie weggewerk het van die huis af, het gesukkel om die huishoudin­g bymekaar te hou,” vertel Malcolm op sy rustige manier.

Dit was ’n rowwe tyd, maar Malcolm glo sekere gebeurteni­sse in die lewe dien as rigtingwys­ers vir die pad vorentoe.

Ná sy ma se dood het Malcolm baie skool gebunk en drank en dwelms begin gebruik. In st. 8 (gr. 10) het hy besluit om finaal uit die skool te gaan.

“So, ek het geen formele kwalifikas­ies nie en my pa was soos as jy nie skoolgaan nie, moet jy gaan werk. Ek het net-net ’n werk gehou, maar ek was van kleins af ’n baie goeie verkoopsma­n. Toe het ek ou strykyster­s verkoop en koerante afgelewer.”

Hy voeg by:“Ek glo ’n goeie sakeman is ’n goeie verkoopsma­n, want ons verkoop

ook altyd iets. Die suksesvoll­es is diegene wat nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie.”

Maar hy was nie altyd die gefokusde sakeman wat hy vandag is nie. Inteendeel. Hy het het die pad behoorlik byster geraak ná sy ma se afsterwe. Hy beskryf homself as ’n“funksionel­e”dwelm- en alkoholver­slaafde van 13 tot 35 en sê hy het van die een werk na die ander gespring.

Maar toe hy sy kop op ’n blok sit om sy lewe om te keer, is ’n entreprene­ur gebore en het dit nie saak gemaak dat hy nie eens matriek of ’n universite­itskwalifi­kasie het nie.

En dit het alles met ’n restaurant-runnerjopp­ie (iemand wat tafels skoonmaak) begin toe hy nog rigtingloo­s was – en ’n skop onder sy dinges deur sy baas toe hy wel geleenthed­e gekry het, maar dit opgemors het . . .

Sonder dat hy dit tóé geweet het, het hy sy eerste rigtingwys­er vir sy loopbaan gevind by ’n seekosrest­aurant in die V&A Waterfront in die Kaap waar hy as ’n runner begin het. Hierdie einste restaurant is later uitgekoop en omskep in die suksesvoll­e restaurant-franchise Cape Town Fish Market. Hy het later by Spur as kelner gewerk en gevorder tot junior kombuisbes­tuurder by ’n ander Spur-tak.“Ek wou nog altyd die beste in alles wees. Selfs toe ek op skool klas gebunk het, wou ek die beste wees!” spot hy en gaan dan voort.“Ek het die beste kelner fyn dopgehou om te sien hoe hy dinge doen en toe copy ek dit.”

Hy lees en hY leer

Dit was in hierdie nie-so glamorous werke dat Malcolm geleer het om veelsydig te wees sodat hy klante effektief kan bedien en om die beste uit personeel in die kombuis en voor in die restaurant te kry.“Om in ’n kombuis te werk, was baie humbling, want ek het die hiërargie geleer en geleer om nie die mama in die kombuis kwaad te maak nie, want sy kan maak dat kos byvoorbeel­d stadiger uitkom,”sê Malcolm.

Hy het gevorder tot op middelbest­uursvlak by Spur en was vier jaar in totaal by dié groep. Toe doen hy weer ditjies en datjies voordat hy in 2000 as kelner by Cape Town Fish Market begin het. Hier het Malcolm homself opgewerk tot kelnerbest­uurder en toe kombuisbes­tuurder, maar is weg daar omdat hy koppe gestamp het met base.

Hy het toe ook nog nie geweet nie, maar die werk wat sy lewe sou verander, het hy gekry toe Cape Town Fish Market in die Canal Walk-winkelsent­rum hom nader om hul kombuisbes­tuurder te word.“Ek het toe gedink ek weet baie, maar ’n vleis- en visrestaur­ant verskil hemelsbree­d. Maar ek het steeds my nonsens aangevang totdat my baas, Philip Senekal, vir my ’n ultimatum gestel het tydens ’n dissiplinê­re verhoor – óf ek ruk myself reg óf ek loop,” vertel Malcolm.

Philip het uiteindeli­k sy mentor geword en Malcolm sê dis baie belangrik om ’n mentor te hê as jy ’n entreprene­ur wil wees.“Uit daardie negatiewe situasie het iets positief gekom. Ek het besluit om myself reg te ruk en het 70 tot 80 uur per week gewerk en net Dinsdae afgevat, wat ek weer gebruik het om myself op te voed deur wyd te lees en om ’n visie vir myself te stel oor waar ek wil wees en wat ek wil skep. Ek het geleer om nie geld bo enigiets of enigiemand anders te stel nie. Moenie geld najaag nie, dit sal na jou toe kom as jy jou ding reg doen,”deel Malcolm sy lesse.

Malcolm glo entreprene­urs móét hou van lees – hyself het entreprene­urs se outobiogra­fieë gelees sowel as boeke oor bestuur en leierskap.“Ek het oral gelees – in die toilet, sitkamer en in die bed. Warren Buffet (een van die rykste en mees gerespekte­erde sakemanne ter wêreld) spandeer 70% van sy tyd deur te lees. Om te lees en groot visies te hê is ’n algemene kenmerk onder entreprene­urs. Ek het vir nege jaar 70 – 80 uur per week gewerk, want my doel was om op 35 ’n Porsche te koop en op 45 af te tree,”sê Malcolm.

Die ure wat hy ingesit het by Cape Town Fish Market in Canal Walk het vrugte afgewerp, want hy het toe ook ’n vennoot in die besigheid geword, met ’n 10%-aandeel wat hy met behulp van ’n lening gekoop het. Dinge het begin vlot verloop vir Malcolm, wat toe R150 000 wins per jaar verdien het; ’n R120 000 produksieb­onus gekry het en R30 000 per maand as salaris.

Die saadjie om Cool Bananas te begin is geplant toe Malcolm ontevrede was met die vars produkte wat verskaffer­s aan Cape Town Fish Market Canal Walk verskaf het. Hy het ook ’n punt in sy loopbaan bereik waar hy onversadig geraak het.

“Ek kon inkom en die besigheid bestuur homself. Ek het alles bereik wat ek wou, want ons tak was die beste. Ek het toe Cool Bananas begin met die idee om net twee kliënte te bedien.

“Ek het vars vrugte en groente by plaasboere gekoop en by die mark in Epping. Toe ek besluit om voluit in dit in te gaan, het ek my aandele verkoop omdat ek ’n alles-of-niks-ou is,” vertel hy.

Met Cool Bananas fokus hy op diens en gehalte. Sy handelsmer­k is ook bold en in your face.“’n Handelsmer­k is ’n belofte en praat met jou. Entreprene­urs moet bold wees, want dit gaan nie daaroor om ’n bestaan te maak nie, maar om ’n verskil te maak. 47 mense werk vir Cool Bananas en as ons hul gesinslede bytel, bedien ons sowat 200 mense. Ons besigheid het ’n maatskapli­ke verantwoor­delikheid ook,”sê Malcolm passievol.

Sy laaste advies is om klein te begin, maar om te begin en as jy misluk, raak jy sterker.“My gawe is om mense te leer om rykdom te skep maar terselfder­tyd om nie my gawe te misbruik nie. Lees en werk hard en moenie geld najaag nie.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Malcolm Roysten (40) glo harde werk lei tot sukses. BO: Malcolm verskaf vars groente aan ‘n groot kliëntebas­is.
HOOFFOTO: Malcolm Roysten (40) glo harde werk lei tot sukses. BO: Malcolm verskaf vars groente aan ‘n groot kliëntebas­is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa