Kuier

KERRIEFRIK­KADELPASTE­I

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Vir die frikkadell­e

750 g maalvleis 1 klein ui, fyngekap of gerasper 1 knoffeltoo­ntjie 1 brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 2 teelepels matige kerrie 1 eetlepels fyngekapte koljanderb­lare 1 teelepel gerasperde vars gemmer

Vir die kerriebone­laag

3 eetlepels botter 1 groot ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 eetlepel koekmeelbl­om 2 teelepels matige kerriepoei­er 2 koppies gekerfde groenbone, in kookwater geblansjee­r of gestoom tot amper gaar 1 koppie vleisaftre­ksel sout en varsgemaal­de swartpeper

Vir die beslag

4 eiers 1½ koppie melk 3 eetlepels gesmelte botter 1½ koppie koekmeelbl­om 1½ teelepel bakpoeier 1 teelepel sout

METODE

Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e. Gebruik jou hande en vorm frikkadell­e wat net-net groot genoeg is om in die holte van jou hand te pas. Plaas op ’n bord en hou in die yskas terwyl jy die bonelaag maak: Verhit die botter in ’n swaarboomk­astrol en braai die uie tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Roer die koekmeelbl­om en kerriepoei­er by en braai vir 30 sekondes. Roer die bone by en sorg dat alles goed gemeng is. Voeg die aftreksel by en geur met sout en peper. Kook – terwyl jy heeltyd roer – totdat die mengsel begin dik word. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste bak. Rangskik die frikkadell­e bo-op en maak die beslag: Klits die eiers tot lig en skuimerig. Voeg die melk en botter by en klits goed. Sif die koekmeelbl­om, bakpoeier en sout saam en voeg alles gelyk by die eiermengse­l. Klits totdat die mengsel glad is en giet oor die frikkadell­e. Bak vir 40 – 50 minute teen 180ºC of totdat die frikkadell­e gaar en die pastei mooi goudbruin bo-op is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa