Kuier

ITALIAANSE BEESVLEISK­ASSEROL MET KLUITJIES

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vir die kasserol

½ koppie koekmeelbl­om sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 teelepel droë origanum 1 kg beesstowev­leis 3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 2 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 koppie beesvleisa­ftreksel 1 x 400 g blik geskilde en gekapte tamaties 2 groot rooi soetrissie­s, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repe gesny 2 – 3 kleinerige murpampoen­tjies, in muntstukki­es gesny 1 kleinerige eiervrug, in blokkies gesny 1 eetlepel vars gekapte origanum

Vir die kluitjies

1∕2 koppie koekmeelbl­om ¼ koppie mieliemeel 1 teelepel bakpoeier ½ teelepel sout 1 eierwit 2 eetlepels melk 1 eetlepel olie

METODE

Maak eers die kasserol: Meng die halwe koppie koekmeelbl­om met die origanum en geur met sout en peper. Giet die meelmengse­l op ’n plat bord uit en rol die vleisstukk­ies daarin. Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die vleisstukk­ies alkant mooi bruin. Skep met ’n gaatjiesle­pel uit en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde pot (jy kan nog ’n bietjie olie byvoeg indien nodig) tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Plaas die vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddel­e by, geur met sout en peper en laat liggies prut vir 1½ uur. Maak die kluitjies: Meng die koekmeelbl­om, mieliemeel, bakpoeier en sout saam in ’n groterige bak. Maak ’n holte in die middel en giet die eierwit, melk en olie daarin. Meng goed. Skep teelepels vol van die deegmengse­l op die kasserol. Bedek die pot en laat vir nog 20 minute saggies prut. Bedien dit net so uit die pot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa