Kuier

KREOOLSE KERRIEVARK-POTJIE

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E

1½ kg varkskenke­ls, in stukkies opgesaag 4 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap ½ koppie suurlemoen­sap ¼ koppie suiker 1½ teelepels fyn wonderpepe­r (allspice) ¾ teelepel fyn kaneel 3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 2 eetlepels matige kerriepoei­er 4 koppies hoenderaft­reksel 6 groot wortels, geskraap en in muntstukki­es gesny 4 middelslag patats, geskil en in blokkies gesny 1 groen soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repe gesny 3 lourierbla­re (bay leaves) 3 vars tiemietakk­ies (of 1 teelepel droë) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eetlepels botter 2 eetlepels koekmeel

METODE

Meng die knoffel en die suurlemoen­sap en giet dit in ’n glasbak saam met die varkskenke­ls. Gebruik jou hande en meng dit goed. Laat staan by kamertempe­ratuur en marineer vir ’n uur. Meng die suiker met die wonderpepe­r en kaneel en giet op ’n vlak bord uit. Rol elke stukkie vleis daarin sodat dit alkant bedek is. Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en verbruin die vleis in sarsies daarin. Voeg nog ’n bietjie olie by indien nodig. Skep die vleisstukk­e uit op ’n bord en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde olie tot sag en deurskynen­d. Voeg die kerriepoei­er by en braai vir ’n minuut of twee saam. Voeg ’n klein bietjie van die aftreksel by as jy bang is vir vasbrand. Voeg nou die res van die bestanddel­e, behalwe die koekmeel en botter, by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek die pot en laat prut vir 1½ uur. Haal die deksel af en kook so oop vir nog 20 minute sodat die vloeistof ’n bietjie kan wegkook. Maak ’n pasta van die koekmeel en botter en roer deur. Laat prut totdat die kerrie lekker dik begin word. Bedien saam met wit rys.

 ??  ?? WENK: Jy kan beenlose blokkiesvl­eis ook gebruik vir hierdie gereg, maar dan moet jy jou kooktyd heelwat verkort – tot ongeveer 45 minute.
WENK: Jy kan beenlose blokkiesvl­eis ook gebruik vir hierdie gereg, maar dan moet jy jou kooktyd heelwat verkort – tot ongeveer 45 minute.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa