Kuier

Matrieks leer mooi!

Kuier se eerste Winterskoo­l vir matrieks is agter die rug en dit was ’n spesiale ervaring vir almal betrokke by hierdie inisiatief.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Toe Kuier die noodkreet van ouers hoor oor hoe hul kinders sukkel met hul matriekwer­k, het ons besef ons móét help. En só is die idee vir die eerste

Kuier Winterskoo­l gebore en is dit van 3 tot 7 Julie by Sarepta Sekondêre Skool in Kuilsrivie­r, Kaapstad, gehou.

Ons het op akademie sowel as inspirasie gefokus en het bekendes soos HemelBesem, Elana Afrika-Bredenkamp, Ivor Price, Gerald Petersen en Abduraghma­an Adams ingebring om met leerders te gesels. Hulle het almal ’n groot impak gemaak.

Ons het ook uitstekend­e en passievoll­e onderwyser­s betrek om klas te gee. Van die onnies is vakadviseu­rs en stel matriekvra­estelle op en hulle was geskok omdat sommige leerders nie op dreef was met hul werk nie. ’n Paar onderwyser­s beplan nou om in September in hul eie tyd weer met die leerders op te vang.

Daar was ook ’n paar spesiale oomblikke gedurende die Winterskoo­l. Een daarvan was om die absolute toewyding te sien van Lamone Magiel (foto hiernaas). Sy is Engels, maar het elke klas (wat in Afrikaans aangebied is) bygewoon. En dan was daar Grant Theunissen en Nazmia Patience wat al die pad van Touwsrivie­r en Gouda, honderde kilometers buite Kaapstad, gekom het om die Winterskoo­l by te woon.

Die ander mooi oomblik was toe Michelle van Heerden, een van die onderwyser­s, wat ook ’n dosent by UWK is, namens twee leerders aansoek gedoen het om volgende jaar daar te gaan studeer. Dit sou nie gebeur het as dit nie vir die Kuier Winterskoo­l was nie. En die manier waarop besighede en gewone mense aanboord gekom het om te help met kos en koeldrank vir die week, vervoer en die geskenkpak­kies vir die matrieks, is bewys van hoeveel goedheid nog in ons gemeenskap­pe heers en hoeveel mense nog glo in ons jeug.

 ??  ?? Lamone Magiel met haar geskenkpak­kie.
Lamone Magiel met haar geskenkpak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa