Kuier

Kinders en

veiligheid

- DEUR ELMARINE ANThoNY en marteli brewis

Die wêreld is ’n baie gevaarlike plek – veral vir ons kinders, die weerbaarst­e teikens onder ons. Die nuus is vol hartseer stories van vermoorde en vermiste kinders en soos ons nou al geleer het, is hulle nie altyd die prooi van vreemdelin­ge (“stranger danger”) nie, maar is dit dikwels mense bekend aan hulle wat hulle seermaak. Dan is daar ook nuusberigt­e dat mensehande­l wêreldwyd aan die toeneem is en almal is bang dat hul kind vir daardie doeleindes gesteel gaan word. Só het sosiale media onlangs gegons toe iemand helder oordag ’n kind by ’n bekende familieres­taurant probeer gryp het! V Hoe kan jy as ouer oplet jou kind voel ongemaklik rondom iemand? Wat is die gevaarteke­ns? A Erica Munnik, ’n kliniese sielkundig­e, sê vir peuters en kleuters is hul gedrag die beste aanwyser van ongemak. Enige veranderin­g in hul gedrag rondom ’n sekere persoon, insluitend klouerighe­id aan hul primêre versorgers, of oorvriende­likheid, kan gevaarteke­ns wees. Dit kan gepaard gaan met temper tantrums, huilerighe­id en angstighei­d. Kinders kan ook fisieke simptome begin toon soos kopsere en maagpyn om ’n sekere persoon te vermy (om nie in kontak te kom met daardie persoon nie).

Let op vir enige vreemde reaksie en “seksuele”taalgebrui­k vir liggaamsde­le en geslagsdel­e. Die kind kan ook oormatig bemoei wees met hul geslagsdel­e – dit vryf of skielik vir ander begin wys. Speel kan ook seksuele ondertone hê, byvoorbeel­d ontoepasli­ke dokter-dokter spel.

By skoolgaand­e kinders (6 – 12 jaar) moet ouers veral let op die wyse waarop hulle uitvra oor swangerska­p, menstruasi­e of enige ander seksuele gedrag. Oormatige aanraking (of affeksie) teenoor ander kinders kan ook daarop dui dat iets fout is (dus veranderin­g in gedragspat­rone). V Hoe kan jy jou kind wat nog nie regtig kan praat nie, leer om vir jou te sê iets is fout of iemand“vat”aan hulle? A Kinders moet van kleins af leer dat hul liggame hul eie is en dat ontoepasli­ke vat verkeerd is, sê Erica.

Ouers moet bewus wees van gevare en kinders se gedragspat­rone dophou. Gesprekke van kleins af met jou kind is belangrik om ’n gesonde liggaamsbe­eld te vestig. V Wat moet ’n kind doen as ’n vreemdelin­g haar nader terwyl sy alleen loop? A Jacqui Thomas, direkteur van die Pink Ladies, ’n organisasi­e vir vermiste kinders, sê jy moet jou kinders leer om kalm te bly, maar te weier om enige vrae te beantwoord. Hulle stel voor elke familie moet ’n“veilige woord”hê om in alle tipes situasies te gebruik. As ’n vreemdelin­g ’n kind vra om saam met hom te gaan, moet hy die“veilige woord”ken. As hy nie weet wat dit is nie, moet die kind nie saamgaan nie. As die vreemdelin­g die kind probeer dwing, moet die kind soveel as moontlik aandag probeer trek deur te:

STOP, SKOP en SKREE:“Help, jy is nie my mamma of pappa nie!” Indien moontlik moet die kind so vinnig en so ver moontlik probeer weghardloo­p. V Onlangs is ’n kind amper in ’n restaurant gesteel. Wat moet kinders in sulke situasies doen? A Wanneer ’n vreemdelin­g of enigiemand wat jou ongemaklik en onseker laat voel, na jou toe kom, probeer om nie alleen saam met daardie persoon te wees nie, sê konst. Carol Strauss, Wes-

Kaapse polisiewoo­rdvoerder. Probeer in ’n openbare gebied bly waar daar ander mense is. Hou altyd ’n fluitjie byderhand wat jy kan blaas as jy in gevaar is. Dit geld ook vir blinde of dowe mense – die geraas sal die skelm wegjaag. Probeer soveel aandag as moontlik trek.” V Watter wenke moet kinders onthou as hulle alleen by die huis is? A Konst. Strauss stel voor jy moet probeer om nooit jou kind alleen tuis te los nie. Maar as jy moet, maak seker jy ken en vertrou jou kind.

Gebruik ’n“veiligheid­swagwoord.”Dit werk soos ’n selfoon- of bank-PIN. Verander dit gereeld. Net jy en jou kind moet die wagwoord ken. As jy dan iemand stuur om jou kind te gaan oplaai, kan daardie persoon die wagwoord gebruik. Jou kind kan dan die wagwoord bevestig voordat hy of sy die deur oopmaak.

Verander dadelik weer die PIN. Moenie vir enigiemand vertel jou kind is alleen by die huis nie en as jy regtig moet, vertel net vir iemand wat jy vertrou. Só kan jy ’n beginpunt hê as jou kind wegraak. Hou steeds die deure te alle tye gesluit.

Jacqui beveel aan dat jou kind nooit die deur vir vreemdelin­ge mag oopmaak nie. Hulle moet die noodnommer­s (byvoorbeel­d 10111of die nommer van jou gesin se alarmmaats­kappy), asook dié van die ambulans, brandweer ensovoorts ken. Hulle moet ook jou telefoonno­mmer uit hul kop ken. V Watter belangrike wenke moet kinders weet wanneer hulle alleen publieke vervoer gebruik? A Probeer om altyd in ’n groep te beweeg en ken diegene saam met wie jy is, stel konst. Strauss voor. As iemand jou ongemaklik laat voel of geskenkies uitdeel, moenie dit aanvaar nie en vertel ’n volwas- sene. Moenie ’n nuwe of kortpad stap, by vriende gaan kuier of van jou beplande roete afwyk nie. Gaan skool toe en kom reguit terug. Vermy kinders wat rook of stoute goed doen. Om die regte ding te doen, is cool en veilig.

Wees bewus van jou omgewing, sê Jacqui. Volg altyd dieselfde roete en weet waarheen om te gaan as jy verdwaal of in die moeilikhei­d is. Steek jou selfoon weg as jy in die publiek is en weet hoe om dit te gebruik as jy in die moeilikhei­d is, byvoorbeel­d Vodacom se gratis 112-nooddiens. V Wat moet kinders doen as hulle vermis raak in ’n besige plek soos ’n winkelsent­rum? A Konst. Strauss sê jy moet altyd seker maak dat jou kind weet waar die inligtings­entrum in ’n winkelsent­rum is. Maak ’n speletjie daarvan – kyk wie kan dit eerste vind. Kinders hou van speletjies, so wanneer jy iets vir hulle probeer leer, gebruik dié metode en sê ook vir hulle om altyd veilig te bly. As hulle in die moeilikhei­d is en iemand bied hulp aan, moet daardie persoon hom/haarself identifise­er. Verduideli­k vir jou kind hoe lief jy vir hom of haar is en hoekom hierdie dinge so belangrik is. As daar ’n vertrouens­verhouding tussen jou en jou kind is, sal hulle makliker met jou gesels.

Jacqui sê jy moet jou kind leer om dadelik ’n“veilige volwassene”se hulp te vra. Verkieslik ’n ander ma met kinders, ’n sekuriteit­swag of ’n polisiebea­mpte. Bly naby aan die plek waar jy jou ouers verloor het. V Wat is die basiese veiligheid­swenke wat kinders moet weet? A Konst. Strauss sê jy moet jou kinders leer dat vreemdelin­ge gevaarlik is. Partykeer kan selfs familie of iemand wat jy ken ’n gevaar inhou. Vermy plekke waarteen jou ouers jou gewaarsku het.“Onthou die waarheid kom altyd uit, so doen die regte ding om moeilikhei­d en verleenthe­id te vermy. Onthou ook dat, as jy verkeerde dinge doen, sal daar gevolge wees.” “Kinders moet hulle ouers se name, adres, telefoonno­mmers en noodnommer­s uit hul koppe ken. Hulle moet geleer word om hulle instinkte te volg en nie volwassene­s blindeling­s te vertrou nie, veral vreemdelin­ge,”meen Jacqui. V Watter inligting moet ouers nooit op sosiale media deel nie? A Ouers is baie keer geneig om elke oulike foto wat hulle neem op sosiale media te plaas. Dis belangrik om te onthou dat jy ’n digitale spoor vir jou kind se lewe skep, voordat jou kind oud genoeg is om sy of haar toestemmin­g te gee. Dit is die raad wat Joanne Phyfer, navorser by die Centre for Justice and Crime Prevention, voorstel. Voordat jy iets plaas, vra jouself eers af:“Sou ek daarvan gehou het as dit ek was?”

Nog ’n baie belangrike ding om te onthou, is dat dit baie riskant is om kaalfoto’s (as jou kinders in die bad is of sonder doek aan buite speel of swem) van kinders aanlyn te plaas. Dis omdat dit gesien en gebruik kan word deur siek mense, soos pedofiele. Afhangende van wat die foto wys, kan dit ook gesien word as seksuele kindermish­andeling (’n meer akkurate term vir kinderporn­ografie) en kan jou as ouer in die gedrang stel van wetlike aksie. Vermy daarom eerder om enigsins kaalfoto’s te plaas. V Hoe kan ouers hulle kinders wat aktief is op sosiale media, veilig hou? A Joanne gee die volgende wenke: Stel belang in jou kind se internetle­we. Gesels gereeld oor wat hulle aanlyn doen. Maak seker jou kind voel gemaklik om met jou te gesels, veral as hulle in die moeilikhei­d is.

Indien nodig, maak gebruik van filters en beperkings, veral as jy jong kinders het.

Vind ’n balans tussen jou kinders se internet gebruik monitor en hulle die vryheid gee om hulle eie internet-lewe verantwoor­delik te handhaaf. Jy hoef hulle nie met ’n valkoog dop te hou nie. Jy kan nie altyd daar wees vir jou kind nie. Maak seker hy of sy weet hoe om veilig te bly en watter gedrag is aanvaarbaa­r en wat die potensiële gevolge van hul aksies is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa