Kuier

Kondome in die klas?

Binnekort kan kinders so jonk as 12 gratis by skole kondome kry, maar nie almal dink dis ’n goeie idee nie . . . .

- DEUR ELMARINe ANTHONY

Toe haar seuns 13 jaar oud geword het, het sy self vir hulle kondome gegee sodat hulle ten alle tye gereed kon wees. Kimberley February* (41) van Lavender Hill in die Kaap, stem egter nie saam dat kondome in laerskole beskikbaar moet wees nie.

Maar dis presies wat wel eersdaags kan gebeur nadat die Suid-Afrikaanse kabinet ’n nuwe beleid van die departemen­t van basiese onderwys (DBE) goedgekeur het. Volgens die nasionale beleid oor MIV, STI’s (seksueel oordraagba­re siektes) en TB gaan kinders (meisies en seuns) vanaf die ouderdom van 12 toegang tot onder meer kondome in skole hê. En hulle gaan nie hul ouers se toestemmin­g nodig hê nie.

Kimberley meen om voorbehoed­middels soos kondome vrylik aan sulke jong kinders beskikbaar te stel, stuur die boodskap uit dat seks op so ’n jong ouderdom oukei is. “Kinders moet opgevoed word oor kondome, maar nou sê jy vir kinders dis oukei om seks te hê en dis nie oukei nie, want hulle is kinders,”meen Kimberley.

As iemand wat op die ouderdom van 13 swanger geword het, weet sy alte goed van die vele uitdagings waarvoor kinders wat kinders kry, te staan kom.

Ingevolge die wysigingsw­et op strafreg (seksuele oortreding­s en verwante sake) is dit egter wettig vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 16 om seks met mekaar te hê as hulle daartoe instem.

Kimberley is egter op 13 verkrag en het die skool verlaat omdat sy swanger geword het.“Jy het nie ’n lewe nie. Jou ma is ’n ouma, maar is ook ’n ma vir jou kind. Ek het my kinderjare verloor. Jy kan die opvoeding doen rondom seks en kondome, maar moet dit nie beskikbaar stel nie. Sê vir kinders‘ons wil nie hê julle moet seks hê op die ouderdom van 12 nie, maar daar is iets wat julle kan beskerm indien dit sou gebeur.’”Sy meen ook dat ouers hul kinders reg moet opvoed.

Kimberley praat nie net uit die oogpunt van ’n ma nie, maar ook as ’n voormalige laerskoolo­nderwyser. Sy het twee jaar gelede ’n werkswinke­l oor die beplande beleid bygewoon.“Maatskapli­ke werkers het toe vir ons gesê:‘As ’n kind vir jou sê sy is swanger en wil ’n aborsie hê, mag julle nie vir die ouers sê nie.’Ek het gevoel asof ons as onderwyser­s se hande vasgebind word. Ouers moet mos weet as hul kinders swanger is. Dis hoekom ek die onderwys verlaat het,” vertel sy.

Dis egter nie die eerste keer dat kondome in sommige skole beskikbaar gaan wees nie. David Fourie* (36) sê toe hy in die jare negentig in Mitchells Plain op hoërskool was, was kondome reeds in sy skool se toilette en in die voorligtin­gsonderwys­er se kantoor beskikbaar. Hy sê dit was in die tyd toe almal baie bang was vir MIV/vigs.

Voorkoming

Elijah Mhlanga, ’n woordvoerd­er van die departemen­t van basiese onderwys, sê hy is nie bewus daarvan dat kondome al voorheen in sommige skole beskikbaar was nie, maar sê dit was waarskynli­k die gemeenskap­pe self wat dit deur skole se beheerligg­ame geïmplimen­teer het. Die nuwe beleid beteken kondome gaan in alle openbare laer- en hoërskole landwyd beskikbaar wees. Dit sluit kondome vir meisies en seuns in.

Volgens die beleid gaan die kondome nie net voor die voet uitgedeel word nie. Dit sal gepaard gaan met“holistiese inligting”oor hoe om manlike en vroulike

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa