Kuier

JA OF NEE VIR INENT?

Al word aanvaar dat kinders ingeënt móét word, twyfel party ouers of dit die regte ding is, want doen dit regtig meer goed as sleg? DEUR elmarine anthony

-

onlangse gevalle van masels in die Wes-Kaap en Gauteng, het weer die fokus op inentings geplaas. Die gevalle in Gauteng is veroorsaak deur ’n kind wat nie teen die siekte ingeënt was nie. Dít het opnuut die debat laat opvlam oor sommige ouers wat verkies om nie hul kinders te laat inent teen aansteekli­ke siektes soos masels nie.

Teenstrydi­ge inligting en navorsing het veral oorsee gelei tot ’n beweging van teen-inenters wat glo dat inentings meer sleg as goed doen en onder meer lei tot outisme. Dié beweging het ook nou na Suid-Afrika oorgespoel.

Michelle van Niekerk* (21) van die Noord-Kaap is een van ’n toenemende aantal ma’s in Suid-Afrika wat onseker voel oor die veiligheid van inentings. Sy het ’n vierjarige dogter en eenjarige seun wie se inentings nie op datum is nie. Sy het haar seun vir inentings geneem toe hy ses weke oud was. Hy het daardie aand ’n koors gekry. Michelle het alles probeer om dit af te kry, maar niks het gewerk nie.

“Dit was die skrikwekke­ndste oomblik van my lewe,”vertel sy. Sy het die hospitaal gebel en hulle het aan haar gesê dis normaal ná intentings. Die volgende dag was hy fine en hy het nie weer daarna siek geword nie. Twee weke later het haar dogter kolle oral op haar lyf gekry. Dit was waterpokki­es. Haar man, wat ook ten volle ingeënt is, het ook waterpokki­es gekry. Haar seun, wat ook nog nie teen waterpokki­es ingeënt was nie, het dit egter nie opgedoen nie.

Michelle het toe begin vrae vra.“Ek het begin oplees oor die bestanddel­e in inentings en die feit dat dit my seun so siek gemaak het. My dogter en man het steeds siek geword, ten spyte daarvan dat hulle ingeënt is. Ek het besluit om te stop. Ek was besig om te borsvoed en my seun het ’n sterk immuunstel­sel gehad wat ek glo hom gehelp het om nie die virus te kry nie.”

Michelle glo dit is veiliger vir haar kinders om nie voort te gaan met inentings nie.“Ek dink as ouers probeer ons net doen wat die beste is vir ons kinders. Dit is baie omstrede, maar ek glo nie die risiko van die inentings is die moeite werd nie, aangesien dit baie newe-effekte het, terwyl masels en dies meer behandel kan word.”

Dr. Aaron Motsoaledi, nasionale minister van gesondheid, het egter alle ouers aangeraai om te verseker dat hul kinders ten volle ingeënt is.“Masels is ’n aansteekli­ke siekte wat vinnig kan versprei in gemeenskap­pe waar kinders nie ingeënt is nie. Dit is dus belangrik vir alle ouers en versorgers om te verseker dat hul kinders op datum is met inentings vir masels en ander siektes,” het die minister in ’n persveklar­ing gesê.

Volgens die Center for Disease Control and Prevention, is die MMR-inenting (teen Duitse masels, pampoentji­es en masels) baie veiliger as om die siektes op te doen. Inentings het newe-effekte soos enige ander medikasie, maar die meeste mense wat dit kry het geen ernstige probleme daarmee nie. Algemene newe-effekte van die MMR-inenting is ’n seer arm, koors en ’n ligte veluitslag. Ander siektes waarteen kinders ingeënt word, sluit in Hepatitis A en B, Haemophilu­s Influenzae Tipe B, waterpokki­es, tuberkulos­e en polio.

Kinders word by geboorte, op 6 weke, 10 weke, 14 weke, 9 maande, 18 maande, 6 jaar en 12 jaar ingeënt. Staatsgeso­ndheidsfas­iliteite bied gratis inentings tot op 12 jaar aan.

Masels is ’n virale infeksie wat deur middel van spoeg van mens tot mens versprei word wanneer iemand hoes, nies of in nabye kontak kom met iemand wat die siekte onder lede het. Dit is hoogs aansteekli­k en

is volgens dr. Anchen Laubscher, mediese direkteur van die Netcare-hospitaalg­roep, een van die gevaarliks­te kindersiek­tes.

Masels kom meestal in die winter en lente voor en meer algemeen onder jong kinders.“Babas wat nog nie een jaar oud is nie, ondervoede individue of mense wie se immuunstel­sel verswak is, is veral vatbaar vir ernstige komplikasi­es weens masels. Die meeste sterfgeval­le kom by mense onder die ouderdom van vyf of bo die ouderdom van 20 voor,”verduideli­k Anchen.

Die stryd duur voort

Die vroeë simptome van masels is soortgelyk aan dié van ’n lugweginfe­ksie. Die simptome sluit in ’n hoë koors, loperige neus en hoes. Dit is in hierdie stadium reeds aansteekli­k. Dit neem gewoonlik 7 tot 14 dae vir simptome om te verskyn nadat iemand die infeksie opgedoen het. “Masels word geassosiee­r met ’n ernstige uitslag wat in die eerste twee tot vier dae van die siekte uitbreek. Voor die uitslag kan Koplik-kolle (klein kolletjies met wit of blouerige middelpunt­e) in die binnekant van die pasiënt se wange gesien word. Wanneer die uitslag verskyn, begin dit dikwels agter die ore en op die wange en versprei na die maag en die boonste dele van die liggaam,”volgens Laubscher.

Suid-Afrika se laaste groot uitbreking van masels het tussen 2009 en 2011 plaasgevin­d, waar ongeveer 19 000 gevalle aangemeld is. Die departemen­t van gesondheid het dus vinnig opgetree met die mees onlangse uitbreking waartydens 33 gevalle in Gauteng (tussen Maart en April) en 29 gevalle in die Wes-Kaap (tussen Januarie en Februarie) aangemeld is.

Vanaf Januarie tot April 2017 is daar nog vier gevalle aangemeld, een elk in die Noordwes, Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo. In die Wes-Kaap is die uitbreking beheer deur ’n inentingsv­eldtog wat meer as 450 000 kinders bereik het. In Junie vanjaar was daar ’n landwye maselsveld­tog om alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar teen die siekte in te ent.

Suid-Afrika beoog om teen 2020 masels uit te skakel, wat beteken dat selfs net ’n enkele geval ondersoek móét word.

Baie ouers laat hul kinders inent omdat dit volgens hulle die natuurlike en vanselfspr­ekende ding is om te doen.

Salma Bhatti* (29) sê sy doen letterlik net wat haar ouers vir haar as kind gedoen het. “Ek is ingeënt en ek lewe nog. Ek het dit tot op 29 gemaak en gaan nog sterk. Die beste ding was om my kind te laat inent,” vertel sy. Salma sê sy is egter ook bewus van studies wat aandui dat sekere bestanddel­e in inentings tot outisme lei.

Maar vanaf 2003 het die Center for Disease Control and Prevention nege studies gedoen wat bevind het dat daar geen verband tussen die bestanddel­e in inentings en outisme is nie, sowel as geen verband tussen die MMR-inenting en outisme in kinders nie. Die“teenstrydi­ge” inligting oor die veiligheid van intentings laat baie ouers egter onseker. Hoewel sy haar kind laat inent het, was Salma onseker en“baie bang”nadat sy verskeie artikels gelees het wat ouers aanraai om nie hul kinders te laat inent nie.“Ek het tydens en ná my swangerska­p en selfs vandag nog lees ek oor inentings, want as ’n ma wil jy altyd die beste vir jou gesin hê.”

Volgens Jo-Anne Otto, ’n kommunikas­iebeampte van die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, is die getal ouers wat verkies om nie hul kinders in te ent nie, in die minderheid. Dit beteken ook nie dat kinders wat nie ingeënt is, veilig is teen siektes soos masels nie. Hulle dra nie net ’n risiko vir hulself nie, maar ook vir hul bure of ander familieled­e.

Inentings is geweldig doeltreffe­nd wanneer tussen 90% en 95% van ’n gemeenskap die inenting ontvang het.“Hierdie groot getal mense wat ingeënt is, verhoed dat ’n aansteekli­ke siekte kan posvat. Ons noem dit ’n‘herd immunity’(groepsimmu­niteit). Vir ’n siekte soos masels om as uitgeroei beskou te word, moet daar vir ’n tydperk van 10 jaar geen gevalle dwarsoor die wêreld wees nie. Dit is heeltemal haalbaar om siektes soos masels en polio uit te wis, en ons kinders die kans te gee om in ’n wêreld te leef waar daar geen vrees is of inentings nodig is nie. Maar dit sal beteken dat alle kinders in alle lande ingeënt moet word. Ons het dit reggekry met pokke; met samewerkin­g kan ons dit regkry met masels,”sê Jo-Anne. * Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa