Kuier

Alles oor slym

Dis daardie tyd van die jaar wanneer baie mense siek word en slym ’n groot irritasie kan wees. Hier is raad oor wat om te doen.

- DEUR Maretha Botes

Dis daardie tyd van die jaar en maak nie saak waar jy gaan nie, iemand is altyd verkoue of grieperig. Dit beteken ’n gehoes en ’n geproes en jy moet net koes of die kieme kry jou. Al die slym is dalk ’n morsige saak, maar dit is deel van die liggaam se natuurlike prosesse en daar is maar min wat die sieke daaromtren­t kan doen nie.

Trouens, ’n gesonde mens maak tot 1,5 liter slym per dag en kom dit nie eens agter nie. Al is dit soms ’n narigheid, is dié glibberige, snotterigh­eid soos die olie in ’n masjien en daarsonder hou die masjien op werk.

Oral in jou lyf is slymprodus­erende weefsel. In jou mond, neus, sinusholte­s, keel, longe en selfs jou dermkanaal. Slym is soos ’n beskermend­e kombers oor al hierdie oppervlakt­es en voorkom dat dit uitdroog en krakies maak. Behalwe om as moisturise­r te dien, is slym se ander werk om soos ’n vlieëplak te wees. Dit vang al die ongewenste bakterieë en stof op voor dit lêplek in jou lyf en organe kan kry.

Slym bevat ook:

• teenliggaa­mpies wat help om jou liggaam vry van bakterieë en virusse te hou • ensieme wat indringers verteer • proteïene om slym taai te maak • en ’n verskeiden­heid selle.

AtsjoE!

Jy het spesiale witbloedse­lle in jou liggaam wat gedurende ’n allergiese reaksie histamiene produseer. Dié histamiene laat jou nies of jeuk, of laat jou neus toetrek. Die weefsel van die slymmembra­ne begin vloeistof lek, en jou neus begin loop.

Hoekom het ek soms meer slym?

Dr. Sonia Hattingh van Bloemfonte­in en dr. Quinten Fourie van Sasolburg verduideli­k: Wanneer ’n allergie of infeksie die immunstels­el aktiveer, maak die respirator­iese sisteem meer slym om die liggaam te beskerm. Medikasie, rook, besoedelin­g en stuifmeel kan ook meer slymproduk­sie stimuleer. As slym nie uitgehoes kan word nie, kan dit skade of infeksie in die longe veroorsaak, en dit is ook rede vir rokershoes in die oggende. Die selletjies wat slym uit lugpype moet verwyder word deur rook verlam. Sodra jy ophou rook, bv. in die aand, begin die selletjies weer beweeg en dan kom slym op en het jy sogenaamde rokershoes in die oggend. Statiese slym (daardie slym wat nie uitgehoes kan word nie) raak meestal geïnfektee­rd of veroorsaak kroniese irritasie wat later probleme soos kanker en longskade kan veroorsaak.

Hoe behandel ek slym wat pla?

As jy chroniese sinusprobl­eme het en aanmekaar jou neus blaas, wil jy alles in jou vermoë doen om die snotterigh­eid weg te kry. Gewoonlik help ’n antihistam­ien om oormatige slymproduk­sie te verminder, mukolitika verdun dik slym en soutwater (wat jy snuif of inspuit) help om dit verder te verdun en uit te spoel. Kortisoonn­eussproei help om inflammasi­e teen te werk, sê dr. Hattingh. ’n Dekongesta­ntneusspro­ei kan vir slegs drie tot vyf dae gebruik word. Antibiotik­a kan ook voorgeskry­f word. ’n Dekongesta­nt help om die bloedvate in die wand van die neus te vernou, wat bloedtoevo­er verminder. Jou neus voel minder toe en jy produseer minder slym.

Dekongesta­nte en antihistam­iene

Dekongesta­nte is oukei as jy nie kan asemhaal nie, maar hulle is eintlik nié so goed vir dik slym oor die algemeen nie. Dit droog jou uit en maak op die ou einde weer dik slym wat die teenoorges­telde uitwerking het as wat jy graag wil hê. Nou neem jy meer dekongesta­nte en word in ’n aaklige slymprodus­erende siklus gedompel.

Antihistam­iene beperk die aksie van histamiene (wat jou allergiese reaksie trigger, soos stuifmeel, en ver-oorsaak dat jou neus toeswel en meer slym maak).

Slym en hoes

Hoes word dikwels veroorsaak deur dik, taai slym wat die bors irriteer. ’n Oplossing hiervoor sou wees om die slym te target en te verdun sodat dit meer effektief deur jou liggaam opgeneem of uitgewerp

kan word. Om dit te doen kan jy oor-dietoonban­k-medisyne probeer wat N-acetylcyst­eine (NAC) bevat. Jy kry dit in produkte soos ACC 200, Solmucol en Mucofizz. NAC is vinnig en effektief om die dik slym af te breek en los te maak sodat jy dit makliker kan uithoes. Dit is veilig om te gebruik vir kinders ouer as twee jaar, en ook vir volwassene­s. Vra jou dokter vir ’n produk wat veilig is vir die hele gesin.

Wanneer is te veel slym gevaarlik?

As jy verkoue of griep kry, verdik die slym om jou liggaam te help om die virus of bakterieë te beveg en infeksie te voorkom. As jy ’n infeksie het wat die normale ingang na die lugweë en keel blokkeer, kan die slym nie dreineer nie en hoop dit op. Dit word moeiliker om van ontslae te raak en laat jou sleg voel. Hierdie dik slym is bekend as“phlegm”. Dit bestaan uit slym, dooie bakterieë en virusse, lewendige en dooie witbloedse­lle (die immuunsell­e wat daar is om‘n verkoue te beveg) en verskillen­de ander weefsels en selle. Al dié goed maak die afskeiding dikker as normaalweg.

Volgens dr. Hattingh kan te veel slym of loopneus wees as gevolg van sistiese fibrose, kinkhoes en nasale tumors, wat dan op meriete behandel moet word. Ná ‘n hoofbeseri­ng en skedelfrak­tuur kan vog uit die neus die oorsaak wees van serebrale vog wat uitlek. Wanneer te veel slym in longe ophoop, kan dit veroorsaak dat die persoon sukkel om asem te haal, borskaspyn het en benoud voel.

Postnasale drip

Postnasale drip kom voor wanneer te veel dik slym deur die neus en sinus-slymvlies geprodusee­r word en dan agter in die keel en neus versamel en ’n seer keel en hoes veroorsaak. Die oorsaak kan infeksie of allergieë wees wat ’n immuunreak­sie veroorsaak. Dit is nie dan gevaarlik nie, en kan met mukolitiku­m (slymverdun­ner) be- handel word. As dit veroorsaak word deur sooibrand, moet teensuurme­dikasie of chirurgie gebruik word om die sooibrand op te klaar en om ernstige gevolge van suur op die slymvlies te voorkom.

Slym en jou kind

Volgens dr. Fourie het kinders onder drie nog nie sinusse nie, en daarom nie die kapasiteit om slym te akkommodee­r nie. “Daarom gaan dit agter toe (in die keel af) en daarom gaan dit vorentoe (deur die neus),”sê hy. Kinders raak gewoonlik van slym ontslae deur dit op te gooi.

Dr. Hattingh sê ’n gewone loopneus by kinders is meestal die gevolg van allergieë of ’n virale infeksie wat deur simptomati­ese behandelin­g beheer kan word. Indien die sinuskanal­e verstop, kan sinusitis ontwikkel. Indien die Eustachius­buis (tussen die keel en oor) verstop, kan oorinfeksi­e veroorsaak word. Klein kinders en babas haal hoofsaakli­k deur hul neuse asem, en nie deur hul monde nie. ’n Toe neus kan dit moeilik maak vir hulle om asem te haal. Daar is baie oulike botteltjie­s wat goed werk vir die groter kinders, en hope slym kan so verwyder word. Die beginsel hiervan is om ’n soutwater oplossing in jou een neusgat in op te spuit, en dit dan deur die ander neusgat te dreineer. Al die slym wat in die een neusgat versamel is, dreineer deur die ander neusgat.

Menthol-salf is te sterk vir babas; kies ’n alternatie­f wat spesiaal vir babas gemaak is.“Ek voel dat mens net ’n dekongesti­e moet doen met ’n spuit voor ’n baba drink en eet en voor ’n baba slaap,”sê dr. Fourie. Slym kan ook met ’n spesiale apparaat uit die baba se neus gesuig word.

Dr. Hattingh sê dit is eintlik beter om te snuif as om met ’n enorme neusblaas van slym ontslae te probeer raak. As jy te hard blaas, veroorsaak dit hoë drukking in jou neusholte, wat dan kieme in jou sinusse en Eustachius­buis indwing. Hierdie slym kan weer verstoppin­gs en infeksies veroorsaak.

Maak jou eie soutwater oplossing

• 1 Koppie gedistille­erde water of gekookte water wat jy laat afkoel het • • 2,5 g sout 2,5 g koeksoda. Meng alles saam. Staan kop onderstebo oor die wasbak en trek die oplossing eers deur jou een neusgat, en daarna deur die ander neusgat op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa