Kuier

Het baba verloor

-

Vraag PYN NÁ SWANGERSKA­P

Hoe gebeur dit dat ’n baba in jou tubes beland? Ek was onlangs swanger en het my baba op 10 weke weens ’n ectopic pregnancy verloor. Ek het ’n keisersnee ondergaan en hel gehad met wond-infeksie. Ek moes weer twee keer opereer word om die wond skoon te kry. Ek is baie deurmekaar oor die hele affêre en verstaan nog steeds nie wat gebeur het nie. VERWARD

Antwoord BESTEVERWA­RD

Ek is regtig jammer dat jy hierdie uiters moeilike en pynlike ondervindi­ng moes deurmaak. Nie net fisiek nie, maar ook sielkundig.

’n Ektopiese swangerska­p (ectopic pregnancy) ontstaan wanneer die bevrugte eiersel /embrio buite die baarmoeder/ uterus vasheg. In 95% – 99% van ektopiese swangerska­ppe heg die bevrugte eiersel aan die wande van een van die twee Fallopiusb­uise vas. Dan word dit ’n buisswange­rskap genoem, omdat dit in die Fallopiusb­uis (Fallopian tube) vasheg. In minder as 5% van ektopiese swangerska­ppe kan die bevrugte eiersel ook in die buikholte/serviks/ lewer/maag/

milt vasheg. Oorsake kan dalk wees: • ’n Beskadigde Fallopiusb­uis as gevolg van ’n vorige buisswange­rskap. Pelviese inflammato­riese siektes, byvoorbeel­d van die baarmoeder/uterus. Sekere seksueel oordraagba­re siektes. Abnormalit­eit aan die Fallopiusb­uis. Vergroeiin­gs en vernouings van die lumen (buisholte) van die Fallopiusb­uise. Hormonale voorbehoed­middels. Intra-uterine toestelle. Baarmoeder­misvorming. Soms is dit nie een van die bogenoemde oorsake nie, dit gebeur maar net.

Die simptome van ’n buisswange­rskap kan die volgende wees: ligte vaginale bloeding (amper soos ’n ligte maandstond­e of“spotting”); naarheid; pyn in die lae gedeelte van die buik of skerp krampe in die buik; pyn slegs aan die een kant van die buik; lighoofdig­heid en ’n gevoel van swakheid. Daar kan ook pyn in die nek of rektum of skouer wees – dit dui gewoonlik interne bloeding aan: die bloed in die buikholte irriteer die senuwees, wat dan die pyn verwys na die skouer of nek of rektum.

’n Buisswange­rskap word gewoonlik gediagnose­er deur ’n positiewe swangerska­pstoets (urine/bloedtoets) en ’n“leë” baarmoeder wanneer ’n sonar/ultrasound gedoen word. Die sonar kan dan die buisswange­rskap in een van die buise lokaliseer.

Indien die swangerska­p nog nie ver gevorder het nie, kan dit deur middel van medikasie beëindig word. Die embrio kan ook met ’n laparoskop­ie uit die Fallopiusb­uis verwyder word as die swangerska­p nog nie die buis laat bars het nie. Die laparoskop­ie doen minder skade en die buis kan dan weer normal funksionee­r. Indien die swangerska­p al ver gevorder is, en die buis geskeur of selfs gebars het, móét ’n noodoperas­ie gedoen word om die interne bloeding te stop. Tydens die operasie word die embrio en die geskeurde of gebarste buis verwyder. Die operasie wat jy ondergaan het, was dus nie ’n keisersnit nie, maar wel ’n salpingekt­omie (verwyderin­g van een van die Fallopiusb­uise). Die eksterne snit/wond is dieselfde, maar die interne operasie verskil hemelsbree­d. Die infeksie wat jy in die wond opgedoen het, kan baie oorsake hê. Miskien is dit die haas waarmee die noodoperas­ie gedoen is. Dis regtig jammer dat jy dit óók nog moes deurmaak, veral ná so ’n traumaties­e ondervindi­ng. ’n Buisswange­rskap beteken nie dat jy nooit weer sal swanger raak nie. Soms is dit ’n geïsoleerd­e geval. Jy moenie jouself blameer ná ’n buisswange­rskap nie. Daar is niks wat jy kon doen om dit te verhoed nie. Gaan spreek die maatskapli­ke werker by die hospitaal of kliniek en vra dat sy/hy jou vir berading verwys. Jou ondervindi­ng was baie traumaties en jy het al die hulp nodig om daardeur te werk. Alle sterkte.

SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR GENINE in die onderwerpl­yn.

’n Ektopiese swangerska­p (ectopic pregnancy) ontstaan wanneer die bevrugte eiersel /embrio buite die baarmoeder/ uterus vasheg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa