Kuier

word een met die natuur

Marakele Nasionale Park is die perfekte bestemming as jy op soek is na gemoedsrus.

- DEUR Nonzwakazi cekete

Die gewoel van die stad kan soms te veel raak en daarom is dit belangrik om elke nou en dan weg te breek van die lewe se gejaagdhei­d. Marakele Nasionale Park, ’n verborge juweel in die hartjie van die Waterberg, Limpopo, is net die regte bestemming hiervoor. Die park het iets vir almal – jonk en oud, natuurento­esiaste en mense op soek na gemoedsrus. Die beste van alles is dat dit nie ’n plaas se prys kos om een te word met die natuur in dié perfekte toevlugsoo­rd nie, en dis net 3 uur van Johannesbu­rg af!

tyd vir die bos

Een van verskeie aktiwiteit­e by Marakele Nasionale Park is wildbesigt­igingsritt­e wat gaste die geleenthei­d gee om dele van die 67 000 hektaar-park te verken en die moontlik die Groot 5 te sien. Die park spog met olifante, leeus, Kaapse buffels, luiperds en renosters. Die veldwagter­s maak dié ritte so opvoedkund­ig moontlik en teen slegs R240 per persoon is dit fantasties­e waarde vir geld.

ANDER AKTIWITEIT­E

Nog ’n gunsteling vir besoekers aan die park is begeleide staptoere wat jou nog nader aan die natuur bring. Saam met die gewapende veldwagter­s word gaste geneem op ’n 2 uur lange staptog en blootgeste­l aan die kleiner inwoners en plantegroe­i van die park. Daar is ook 4x4roetes vir adrenalien­verslaafde­s. ’n Groot verskeiden­heid voëllewe word aangetref in Marakele en die Lenong-uitkykpunt is enige voëlkyker se droom. Die Thutong Environmen­tal Centre verseker dat skoolkinde­rs meer leer oor die versorging van die omgewing.

AKKOMMODAS­IE

Of jy vyfster-akkommodas­ie soek of naby die natuur wil leef, Marakele het die perfekte akkommodas­ie wat jou sak sal pas! Die Bontle-kamp het 37 staanplekk­e vir karavane en tent-akkommodas­ie. As jy nog altyd wou weet hoe dit voel om in ’n tent te slaap, maar nie alle gerief wou agterlaat nie, bied die Tlopi-tentkamp jou die ideale geleenthei­d. Dié kamp spog met ’n pragtige uitsig oor die Apiesrivie­rpoortdam. Elke tent het twee beddens, ’n privaat-badkamer en ’n ten volle toegeruste kombuis. Tariewe begin by R1 445 per nag vir 2 persone wat ’n tent deel. As

jy die luuksheid van ’n hotel in die bos wil ervaar, bied die Motswere-gastehuis jou akkommodas­ie vanaf R1 445 vir die eerste vier persone. Elke kothuis het 2 badkamers met stortgerie­we, 2 slaapkamer­s, elk met ’n dubbelbed, 2 slaapkamer­s met 2 enkelbedde­ns elk, ’n braai-area, ten volle toegeruste kombuis, sitkamer en ’n veranda.

Besoek dié juweel, ’n hanetree van Johannesbu­rg, en vind lafenis vir jou verstand, liggaam en gees!

KONTAKBESO­NDERHEDE

MARAKELE NASIONALE PARK Tel: 014 777 6928/9/30/31 Bespreking­s: 012 428 9111 E-pos: Marakele@sanparks.org Website: www.sanparks.org Instagram: @sanparks Twitter: @SANParks Facebook: South African National Parks YouTube: SANParks

 ??  ??
 ??  ?? Kyk uit vir ons eerste wegbreek-kompetisie in die uitgawe van 23 Augustus! Marakele is nie net ’n tuiste vir die Groot 5 nie, maar huisves ook ander diere soos bosbokke, ape en kameelperd­e.
Kyk uit vir ons eerste wegbreek-kompetisie in die uitgawe van 23 Augustus! Marakele is nie net ’n tuiste vir die Groot 5 nie, maar huisves ook ander diere soos bosbokke, ape en kameelperd­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa