Kuier

Vriende woeker met inisiatief om water te bespaar

Dié drie vriende sê hul inisiatief kan ons help om tot 60 miljoen liter water per dag in die Kaap te bespaar – deur net te flush!

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Die waterkrisi­s in die Wes-Kaap maak baie van ons benoud, maar dít was juis drie jare lange vriende se inspirasie vir hul nuwe inisiatief wat hulle glo tot 60 miljoen liter water per dag kan bespaar.

In kort kom dit daarop neer dat ’n sak met 2 liter water gevul word en in ’n toilet se spoelbak geplaas word. Omdat die water in die bak in die proses verplaas word, word 2 liter met elke spoelslag bespaar.

Alle aanduiding­s is dat die gemiddelde lid van ’n huishoudin­g nagenoeg ses keer per dag die toilet spoel. Dink net hoeveel water kan dit net in die Kaapse Skiereilan­d bespaar, waar Vlak 4B-waterbeper­kings steeds van krag is, as hierdie produk in meer as ’n miljoen huishoudin­gs geïmplemen­teer kan word, sê Wesley Miller (40) van Brackenfel­l, Trevor Maasdorp (35) van Kuilsrivie­r en Dylon Burgess (35) van Ottery.

Hulle gee toe dat dit nie ’n nuwe konsep is nie. Mense plaas lank reeds vir waterbespa­ringsdoele­indes bakstene en plastiekbo­ttels in die spoelbakke van hul toilette. Laasgenoem­de is egter nie ’n probleemvr­ye oplossing nie en hulle glo hul Flushbuddy, soos hulle hul produk gedoop het, is ’n moeitevrye, bekostigba­re en doeltreffe­nde alternatie­f.

“Bakstene is geneig tot geleidelik­e disintegra­sie en algvorming,”verduideli­k Wesley.“Die stukkies baksteen en alge wat opbreek, word in die rubberdele van die toilet vasgevang, wat tot ’n lekkende toilet lei. In werklikhei­d word meer water dan weens die lek gebruik.”

Boonop is bakstene te groot vir baie van die kleiner toilet-spoelbakke, wat daartoe kan lei dat dit die delikate spoelmegan­isme beskadig.

Plastiekbo­ttels ondervind ook alggroei en neig daarby om rond te dryf.“Baie toilette het ook nie genoeg spasie vir ’n tweeliter-bottel nie,”voeg Trevor by.

maklik om te gebruik

’n Groot voordeel van die Flushbuddy is dat die produk so ontwerp is dat dit basies in alle toiletstel­sels pas. Omdat dit met ’n

Die besparing begin oombliklik, met die eerste spoelslag.

hakie teen die kant van die spoelbak opgehang word – iets waarvoor geen tegniese vaardighei­d benodig word nie – kan die sak nie ronddryf en in die interne meganismes vasgevang word nie.

“Nadat dit volgemaak en opgehang is, is daar geen nodigheid om hierdie proses te herhaal of enige instandhou­ding te doen nie,”verseker Wesley. Die besparing begin ook oombliklik, met die eerste spoelslag.

Die probleem van alggroei word opgelos deurdat die produk van antimikrob­iese PVC-polimeer vervaardig word. Dit het ’n verwagte lewensduur van nagenoeg tien jaar en hoef nooit hervul te word nie omdat ’n stewige klep verdamping keer.

Die drie entreprene­urs is al 20 jaar lank vriende en almal in eie reg sakelui. Hulle het egter besluit om met hierdie inisiatief kragte saam te snoer.

Dylon het vroeër as beroepsvei­ligheidsbe­ampte in die lugvaartbe­dryf gewerk en bedryf tans ’n ondernemin­g wat beroepsges­ondheidsdi­enste lewer. Trevor het ’n diploma in projekbest­uur aan die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie verwerf. Hy het ’n loopbaan in die mynbedryf vaarwel toegeroep om sy droom van ’n bemarkings­netwerk in die reisbedryf na te jaag.

Wesley het hom reeds in sy vroeë twintigerj­are as entreprene­ur bewys. Hy het oor die jare verskeie finansiële­diensteond­ernemings bedryf, was een van die eerstes wat die elektronie­se sigaret in SuidAfrika bekend gestel het en bedryf tans verskeie aanlynwink­els asook ’n vervoerond­erneming. Sy vrou, Chantal, is in baie gevalle sy vennoot.

Dylon, Trevor en Wesley het hul huiswerk goed gedoen voordat hulle met die Flushbuddy vorendag gekom het. Hulle het wêreldwyd produkte nagevors wat vir hierdie doel in spesifiek huise aangewend word omdat die meeste water in gewone huishoudin­gs verbruik word, verduideli­k Wesley. En in die gemiddelde huishoudin­g is die toilet een van die groot wateropslu­rpers.

“Van al die baie produkte wat ons teëgekom het, was hierdie soort die effektiefs­te. ’n Soortgelyk­e een word in Doebai, die VSA en Europa gebruik,”sê Wesley, wat beswaarlik sy opgewonden­heid oor die Flushbuddy kan beteuel.“Ons het dit basies by ons plaaslike toilette aangepas en ’n paar eien-skappe verander.”

Volgens Wesley het beskikbaar­heid, effektiwit­eit en veral prys ’n groot rol by hul uiteindeli­ke keuse van ’n produk gespeel.

In hierdie stadium word die Flushbuddy in grootmaat in China vervaardig, doodeenvou­dig omdat dit die vinnigste en goedkoopst­e opsie is. “Plaaslik sou ons dit nie vir dieselfde prys kon kry nie. Daar is ook sensitiwit­eite wat tyd betref. Ons benodig dit so vinnig moontlik en dit sou nie in Suid-Afrika binne dieselfde tydperk as in China vervaardig kon word nie,”sê Wesley.

Die gedagte is egter dat dit mettertyd wel plaaslik vervaardig word.

Proeflopie

Om die mark te toets, is 5 000 eenhede aanvanklik ingebring. Daar is besluit om dit eers in ’n pak van drie en teen R150 aan die publiek te verkoop, juis omdat baie huise meer as een toilet het.

“Dis basies binne die eerste paar dae nadat die produk deur middel van onder meer ekspo’s bekend gestel is, uitverkoop. Daar is groot belangstel­ling onder die publiek en nog ’n besending is op pad,”sê Wesley. Volgens hom is die plan om die produk mettertyd ook as enkel-eenheid te verkoop. ’n Vrou van Durbanvill­e wat in waterbespa­ringsinisi­atiewe spesialise­er, het die bemarkings­regte bekom. “Ons voel as die Stad Kaapstad die inisiatief hiermee neem, soos hy met die energiebes­parende gloeilampi­es gedoen het, sal daar baie vinnig resultate wees. As ons die produk net in die gewone handel verkoop, sal dit ’n veel stadiger proses wees om water te bespaar,”sê Wesley. Maar hulle drie het begrip daarvoor dat so ’n besluit nie oornag geneem kan word nie. Terwyl hulle op ’n antwoord van die Stad Kaapstad wag, wil die vriende probeer om die korporatie­we sektor te betrek sodat die produk dalk intussen deur middel van borgskappe op groot skaal uitgerol kan word. Xanthea Limberg, die Stad Kaapstad se burgemeest­erskomitee­lid vir informele nedersetti­ngs, water en vullisdien­ste, en energie, het by navraag gesê die stad se sluitingsd­atum vir inligting/idees in hierdie verband was 10 Julie 2017.“Alle voorleggin­gs word tans ontleed om op die pad vorentoe te besluit.” *Om die produk te bestel of vir meer inligting, kontak Wesley by 084 477 1197 of info@flushbuddy.co.za of besoek www.flushbuddy.co.za.

 ??  ?? HOOFFOTO: Dylon Burgess (links), Trevor Maasdorp (middel) en Wesley Miller wys hoe lyk hul Flushbuddy waarmee hulle water wil bespaar.
HOOFFOTO: Dylon Burgess (links), Trevor Maasdorp (middel) en Wesley Miller wys hoe lyk hul Flushbuddy waarmee hulle water wil bespaar.
 ??  ?? REGS: Só lyk die Flushbuddy in ’n toilet geïnstalle­er. Die installasi­e is maklik en benodig geen tegniese kennis nie.
REGS: Só lyk die Flushbuddy in ’n toilet geïnstalle­er. Die installasi­e is maklik en benodig geen tegniese kennis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa