Kuier

Wenke wat werk

Hier is wenke vir artritis-pyne, swak hare en raad met Coca-Cola.

-

Vir sterker hare, meng ’n eier saam met jou sjampoe en los aan jou hare vir 15 minute. FREDELINE CAROLUS, WORCESTER Vir sagte wasgoed: In plaas van versagmidd­el (Staysoft) gooi jy ’n halwe koppie wit asyn in die houer vir versagmidd­el. Jou handdoeke en klere kom babasag en reukloos daaruit. JOYCE DE LEEUW, KIMBERLEY Om jou wenkbroue vinniger te laat groei, en vir dié wat nie meer wenkbroue het nie, vryf elke aand klapperoli­e aan. Jy sal resultate in ’n week sien. DANIELLE MARSHALL, WORCESTER Vir artritis-pyne, smeer sap van fyngekapte groen gemmer aan pynlike joints. REGINA ADENDORFF, STRAND As jy bakke en skinkborde bo-op jou kassies het, clingwrap dit. Só bly dit langer skoon en as dit vol stof is, gooi die clingwrap weg. AULBANY DYERS, SOMERSET-WES Bloekomoli­e verwyder gom van plakkers af wat vassit aan bottels en plastiek. ELIZE OLIVIER, HERTZOGVIL­LE Trek ’n gebruikte duvet cover oor jou nuwe sponsmatra­s. Dit spaar geld en tyd om ’n nuwe oortreksel te maak. RACHEL ANTHONY, UPINGTON Wanneer dit reën, los ek my motor buite om die vullis af te spoel. Trek dit dan in die motorhuis. Was dit met ’n bietjie reënwater wat ek opgevang het van die afvoerpyp van die huisdak. Trek dit weer uit en los dit in die reën om af te spoel. Trek die motor in en maak droog. B. DAVIDS, BELHAR Hou altyd ’n braai-knyptang byderhand, veral as jy gereeld jou sleutels of foon laat val . . . Baie handig vir oumense! CHRISTINE MARTHINUS, WELLINGTON As ek stew of ’n potmaaltyd maak, maak ek altyd dubbel en vries die helfte. Dan het ek altyd iets vir aande wat ek te besig, moeg of lui is om te kook. BEVERLY HALL, GRABOUW As jy nie weet of jou eiers nog reg is nie, gooi dit in ’n bak water. Dié wat bo dryf is vrot, dié wat onder lê is reg vir gebruik. ASHA SOLOMON, MALGAS Ek gooi suurlemoen skywe in my kombuisasb­lik om seker te maak die slegte reuke neem nie oor nie. TALITHA SALIE, GROENHEUWE­L As jou skottelgoe­dsponsie sleg begin lyk, sit dit in die mikrogolfo­ond vir 30 sekondes om bakterieë dood te maak. Jy kan dit ook in die wasmasjien gooi. BRENDA WILLEMSE, SPRINGS

Gooi ’n knippie sout in die water voor jy jou eiers kook om te keer dat die doppe kraak. MAUREEN MOLLER, CERES

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa