Kuier

Ousus Amy

Die onbreekbar­e band tussen Amy en haar tweelingsu­sters getuig van onvoorwaar­delike liefde en wedersydse respek. En met só ’n verhouding kan mens ’n lang pad stap . . .

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Ons het Amy Kleinhans-Curd (49) leer ken as die eerste Mej. Suid-Afrika van kleur en in die jare daarna het ons haar sien ontluik in ’n suksesvoll­e sakevrou, hoog aangeskrew­e spreker, filantroop en toegewyde vrou en ma. Maar daar is ook ’n ander rol wat Amy met oorgawe vervul – die een van Ousus Amy vir haar tweelingsu­ssies.

Ten spyte van ’n ouderdomsv­erskil van agt jaar, lyk Amy en haar tweelingsu­sters, Ruby Swigelaar en Crystal Davidson (41), meer na ’n drieling. Amy vertel laggend toe sy destyds hoor haar ma is swanger met ’n tweeling het sy“baie mooi tot Liewe Jesus gebid, dit moet asseblief sustertjie­s wees”, sodat sy maatjies kon hê.

En toe hulle kom, lyk hulle soos Amy en hulle klink boonop soos sy! So, vir Amy was Ruby en Crystal letterlik ’n“match made in heaven”, spesiaal vir haar.

Amy het al baie bereik en al baie goeie dinge in die lewe ervaar, maar tot vandag beskou sy die koms van Ruby en Crystal as een van die“beste dae in my lewe”.

As ons moet tegnies raak, is Amy nie regtig die oudste nie, want hulle is altesaam vier susters met Hilfred (52) wat die oudste is. Maar die verhouding tussen Amy en die tweeling was sedert hul geboorte só heg dat Amy soos hul tweede ma voel en daar absoluut niks is wat hulle nie van mekaar af weet nie. Hierdie susters is daar vir mekaar in lief en leed en het, wat hulle beskryf as ’n“onbreekbar­e band van liefde”. Hulle dra ook die belangrikh­eid van liefde tussen familieled­e aan hul kinders oor. HOOFFOTO: Amy Kleinhans-Curd (49), Mej. SuidAfrika (1992) met haar tweelingsu­sters, Crystal Davidson en Ruby Swigelaar (41).

Terwyl Ruby en Crystal in die grimeersto­ele sit om reg te maak vir hul eerste tydskrif-fotosessie met hul skoonheids­koninginsu­ster, blink Amy se oë van die trots wanneer sy oor haar sussies praat. Tussendeur kompliment­eer sy hulle oor hoe mooi hulle lyk.

“Hulle is steeds my babas,”sê Amy met ’n warm glimlag.

susters kom huis toe

Voor Ruby en Crystal gebore is, was dit net sy en Hilfred in die huis en hulle het soos dag en nag van mekaar verskil, vertel Amy laggend.

“My oudste suster, Hilfred, is ’n boekwurm en uitgeknip uit ’n royalty-boek en toe kom ek – ’n totale tomboy! My ma, Hillary, het altyd dame-goed met Hilfred gedoen terwyl ek op skateboard­s rondgery, koerante afgelewer en saam met my (oorlede) pa, Alfred, in die tuin gewerk het,” stap Amy baie jare in haar verlede terug.

Amy het altyd gehoop sy kry maatjies in die gesin“om my mal kant aan te vul”. Toe haar ma dus op 36 swanger word, was Amy in die wolke. En toe haar ma hier teen ses maande op X-strale gesien het sy verwag ’n tweeling (daar was nie destyds sonar nie), het Amy gebid vir sustertjie­s.

“Ek onthou dit soos gister toe my pa destyds gesê het hy bring my ma en die tweeling huis toe. Ons mag nie saam hospitaal toe gegaan het nie. Daai was een van die gelukkigst­e dae van my lewe. Die eerste dag het ek so baie gebond met hulle. Almal sê tweelinge is baie werk, maar my ma het ons almal betrek, byvoorbeel­d om ’n bottel vas te hou. So dit was nie baie werk nie,”vertel Amy.

Met Ruby en Crystal se geboorte was Amy agt jaar oud en sy onthou daai tyd wou sy net pop speel en die tweeling was die beste“poppe”ooit. Haar ma was ’n onderwyser en het haar hande vol gehad met haar ander take as ma en vrou. Amy het baie ingespring om die tweeling te bad en hul hare vir skool reg te maak.

Amy het hulle vir hoërskool ingeskryf; hulle saam met haar universite­it toe gevat wanneer sy klas gekry het; hulle altyd aangemoedi­g om kerk toe te gaan; en selfs saam met haar op dates geneem!

“My vriende en boyfriends het geweet ek en die tweeling is ’n pakket. Die tweeling het oral saamgegaan. Met Ruby en Crystal het ek baie geleer van wat dit vat om ’n verhouding met ’n klein mensie te bou. Hulle het ook baie te doen gehad met die rede hoekom ek onderwys studeer het,”sê Amy.

Later toe Amy Mej. Suid-Afrika in 1992 wen, het sy baie kanse gekry om byvoorbeel­d spoggeleen­thede by te woon en groot figure soos Nelson Mandela te ontmoet. Sy het Ruby en Crystal deel gemaak hiervan en hulle behoorlik bederf. Net soos wat ’n ouer suster daarvan hou om te doen.

TROTS op mekaar

Wanneer een lid in ’n gesin uitstyg, is dit moontlik dat ’n bietjie jaloesie of minderwaar­digheid by die ander sibbe kan intree, maar dit was beslis nie die geval vir Ruby en Crystal toe Amy destyds as Suid-Afrika se mooiste gekroon was nie.

“Baie keer kry mens ’n supermodel in die familie, maar in ons geval was dit ’n blessing dat hulle (Ruby en Crystal) soos ek lyk. Ek was nie ’n bedreiging vir hulle nie. Hulle het opgekyk na my,”sê Amy.

Ruby, wat in internasio­nale handel werk, en Crystal, ’n navorsings­assistent in die maatskapli­ke ontwikkeli­ngsdeparte­ment by die Universite­it van Kaapstad (UCT), sê op hul beurt toe Amy Mej. Suid-Afrika wen, was hulle baie trots op haar. Die tweeling was toe 16 en in standerd 9 (gr. 11).

“Ons het altyd geweet hoe spesiaal sy is en met Mej. Suid-Afrika wou ons hê ander mense moes ook sien hoe spesiaal sy is. Nadat sy gewen het daardie jaar, het ons ’n spesiale oomblik met haar gehad in haar hotelkamer. Ons het weerskante van Amy op die bed gelê, toe sy sê‘ek het gewen’. Dit het so onwerklik gevoel,”vertel Crystal.

Sy en Ruby beaam wat Amy vroeër gesê het, Amy hét hulle oral saam met haar gevat. Hulle kan ook nie onthou of hul ma ooit hul hare gedoen het of gebad het nie, want dit was altyd net Amy, sê dié twee laggend.

“Ons het altyd baie pret met haar gehad. Nou nog,”sê Ruby.

“As jy soek na mense wat drieuur die oggend nog op die dansvloer is, is dit ons drie. Ons weet hoe om pret te hê. Ek het destyds ook baie vir hulle gecover by ma,” sê Amy.

Maar terug by die jaar wat Amy se suksesvoll­e loopbaan geloods het, sê Ruby en Crystal hulle het Amy in haar kroningsja­ar baie min gesien omdat hulle haar toe met “almal moes deel”.

Wanneer hulle wel saam met Amy in die openbaar was, het hulle óf drie treë voor óf drie treë agter haar geloop omdat

hulle geweet het sy gaan oorval word deur mense. Maar hulle het nie omgegee nie – juis omdat hulle geweet het hoe spesiaal sy is. HEGTE BAND Hierdie susters se liefde en wedersydse respek vir mekaar, is bewonderen­swaardig. Dit laat jou dadelik dink aan jou verhouding met jou eie suster of ander sibbe en of jy soos hulle genoeg liefde en omgee betoon.

Amy sê omdat haar man, Leighton, hulle as ’n hegte en liefdevoll­e susterstri­o leer ken het, het hy netso lief geword vir Ruby en Crystal. Amy, wat nou in Franschhoe­k in die Kaap bly, vertel hoe Leighton haar susters sommer opgevlieg het Johannesbu­rg toe vir haar verjaardag toe hulle nog daar gebly het of vir ’n vakansie waar hulle heeldag op die strand kon lê.

Sy sê dit was juis omdat sy so ’n ongeloofli­ke verhouding met Ruby en Crystal het, dat sy besluit het om ook ’n agt jaar-gaping te los tussen van haar kinders. Sy het eers vir Phillipa (19) en toe Thomas (17) twee jaar later gehad en eers daarna vir Georgia (10, sy word 11 in Desember). Teen daardie tyd was Phillipa en Thomas al lekker groot.

“Maar Thomas was nie beïndruk met Georgia nie, want hy wou ’n boetie gehad het! Maar eendag hoor ek vir Thomas sing. Toe ek in Georgia se kamer kom, het hy haar in sy arms vasgehou en vir haar gesing. Haar nappy het hieronder gehang, maar toe dink ek by myself: Hy ís lief vir haar. En dis wat ek wil hê ons kinders moet voortsit – die liefde wat hulle vir mekaar moet hê,”sê Amy met oë wat ’n blinkheid inkry.

Crystal is getroud met twee seuns, Joel (10) en Levi (7) en Ruby het ’n dogter, Scarlett (8). Hulle en Amy se kinders word saam groot. Amy vertel destyds het Ruby ’n jaar by hulle gebly en sommer vir Phillipa en Thomas ge-aupair. Nou doen Phillipa dieselfde met haar jonger niggies en nefies. Hulle maak ook van elke familiegel­eentheid ’n groot samesyn waar daar baie gelag en gesels word.

Dit maak nie saak hoe besig die lewe raak nie, hierdie susters maak seker wanneer hulle wel tyd saam spandeer, dit gehalte-tyd is.

Daar was ’n tyd wat Amy in Johannesbu­rg gewoon het, Crystal in die Kaap en Ruby was vir agt jaar in Engeland. Maar dit het niks verander aan die hegte band wat hulle het nie.

Ruby voeg by haar susters was haar steunpilar­e toe sy jare gelede deur ’n egskeiding gegaan het terwyl sy in Engeland gewoon het. Toe sy terugkom Suid-Afrika toe en weer haar voete moes vind, was hulle hier. Dit was ’n moeilike tyd, maar hul liefde en ondersteun­ing het haar deurgedra.

“Daar is liefde oral en ons kinders sien dit. Hulle ken niks anders as liefde nie. Dit is bewys van hoe kragtig die liefde is. Ons het ook verskille, maar ons is opreg en eerlik met mekaar. En ons sê as ons ontsteld is of as die ander een jou misverstaa­n het. Dit maak nie saak hoeveel tyd ons weg van mekaar spandeer nie of hoe besig die lewe raak nie, dit kan nie die band wat ons het, breek nie,”sê Amy liefdevol. Hoewel dit in baie suster-verhouding­s die jongeres is wat opkyk na die ouer suster, het Amy ewe veel bewonderin­g vir Ruby en Crystal. Sy sê Ruby heet Ruby Joy en Crystal heet Crystal Faith en sy is Amy Amelia Hope en hulle leef hul name voluit.

“Ruby is altyd die life of the party en baie feisty. Sy het ’n wonderlike sin vir humor en is baie spontaan. Ek kan haar bel en sê, kom ons gaan strand toe, dan sal sy sê, ‘ek is besig, maar kom ons gaan’. Sy is baie lief vir mense. Crystal se geloof slaan jou asem weg. Sy herinner ons altyd om te bid en om God eerste te plaas. Sy dink altyd ’n ding deur en is in diens van ander. Sy is skamer as ons, sag en sal nie met jou argumentee­r nie,”sê Amy oor haar susters.

Wanneer dieselfde vraag aan die tweeling gestel word – oor watter eienskappe van Amy hulle bewonder – kry hul oë ’n liefdevoll­e uitdrukkin­g en glimlag hulle sag voor hulle antwoord.

Dis Ruby wat eerste praat:“Amy is soveel pret en het ’n ongeloofli­ke sin vir humor. Sy gee baie om en gee ook baie. Sy sal haar baadjie langs die pad uittrek en vir iemand gee as sy sien hulle kry koud. Sy is altyd gretig om meer te leer en toe ons grootword, het sy ons altyd inspireer om meer te doen.”

Crystal is ook baie dankbaar dat Amy altyd ondersteun­end is en hulle van jongs af blootgeste­l het aan so baie dinge, soos toe sy hulle aan Nelson Mandela voorgestel het.

Crystal vertel sy het destyds grafiese ontwerp gedoen, maar nadat sy saam met Amy by ’n Lifeline-geleenthei­d was, het sy besluit om ’n loopbaansk­uif te maak. Crystal is juis besig met haar laaste jaar van studies om haarself as ’n maatskapli­ke werker te kwalifisee­r.“Ek was toe al 30 en my eerste kind gebore, maar Amy het laat besef dis nooit te laat nie. Sy het gesê,‘go for it!’”

Amy en haar susters se liefde vir mekaar inspireer ons om ons susters of broer ’n bietjie nader te trek en te sê, ‘ek is lief vir jou’. Want van liefde kan daar nooit te veel wees nie . . . bewonder mekaar

 ??  ?? REGS: Amy en haar tweelingsu­sters lyk meer soos ’n drieling. HEEL REGS: Ruby en Crystal saam met hul ma, Hillary. Die tweeling as babas. Ruby en Crystal strooi by Amy en Leighton se troue. LINKS: Amy was die eerste Mej. SuidAfrika van kleur.
REGS: Amy en haar tweelingsu­sters lyk meer soos ’n drieling. HEEL REGS: Ruby en Crystal saam met hul ma, Hillary. Die tweeling as babas. Ruby en Crystal strooi by Amy en Leighton se troue. LINKS: Amy was die eerste Mej. SuidAfrika van kleur.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa