Kuier

Broer ‘voorspel’ sy dood

Hy was ’n mens met ’n onblusbare lus vir die lewe, maar hy het geglo hy gaan nie 40 haal nie.

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Reuben Florence was maar net ’n tiener toe hy vir die eerste keer vir sy familie gesê het hy gaan nie 40 haal nie. Al is hy nie met ’n terminale siekte gediagnose­er nie en was daar geen ander bewys dat sy lewensdraa­d ontydig kortgeknip sou word nie, het hy dit net gewéét. En hy was reg . . .

Reuben is op Woensdag 9 Augustus, twee weke voor sy veertigste verjaardag, oorlede nadat hy in Khayelitsh­a tydens ’n rooftog in die kop geskiet is.

Dit kos dikwels die dood van ’n geliefde of ’n diagnose van ’n terminale siekte voordat ons besef ons tyd op aarde is beperk, maar Reuben het ag geslaan op“sy wete”. Hy het elke dag van die afgelope 20 jaar voluit geleef asof dit sy laaste kan wees, juis omdat hy vas geglo het dis hom nie beskore om oud te word nie.

By haar huis in Eersterivi­er, vertel sy suster, Eastlin Florence (37), dat Reuben vir almal vertel het dat hy nie 40 gaan haal nie.“Hy het dit al jare vir familie en vriende gesê. En hy was ook baie spesifiek oor die 40. Hy het nooit iets vaags gesê soos dat hy nie oud sou word nie,”vertel sy.

Ook sy beste vriend, Marshallin­o Carelse, moes dit herhaaldel­ik hoor.“Ons kon by die see of by die huis wees of sommer enige plek, dan het hy altyd daarvan gepraat. Hy het nooit geweet hoe hy gaan sterf nie, maar het altyd gegrap dat sy mooi gesig niks moet oorkom nie. Twee weke gelede wou ek by hom weet wat ons vir sy verjaar-

dag gaan doen en toe sê hy ons kan iets doen, maar hy sal nie hier saam met ons wees om dit by te woon nie. Toe ek hoor hy is oorlede was ek geskok en kon ek nie glo dat hy 16 dae voor sy verjaardag regtig dood is nie,”vertel Marshallin­o.

Volgens Eastlin was Reuben nooit weer dieselfde nadat sy ma op 32 haar stryd teen borskanker verloor het nie.“Hy was maar net 16 jaar oud met haar dood en op 18 het hy vir mense begin vertel hy gaan nie 40 word nie.”

Maar, sê Eastlin, Reuben was nie depressief nie. Hy’t ook nie met gedagtes van selfmoord rondgeloop nie. Inteendeel, volgens haar was hy altyd“the life of the party”. Eastlin vertel Reuben het ook nie geweet hoe of wanneer hy sou sterf nie. Hy was net oortuig daarvan dat hy nie daardie mylpaal van 40 sou haal nie.

verander nÁ dood

Volgens Eastlin het hul ma se dood vir Reuben die hardste geruk.

“Voor ons ma se dood het Reuben baie met sy vriende uitgegaan en geparty. Hy het gedoen net wat hy wou en niemand kon vir hom voorsê nie. Ná Mammie se sterfte het dit alles verander. Familie het vir hom baie belangrik geword en hy was meer kalm. Hy het nie so baie uitgegaan nie en wou ons almal net versorg. Hy het baie aan sy toekoms gedink en het begin werk om vir ons ’n beter lewe te gee,”sê sy.

Reuben was vasbeslote om die beste van elke geleenthei­d te maak. Só is hy eendag saam om Eastlin te ondersteun toe sy vir ’n oudisie by die plaaslike radiostasi­e Radio Weskus gaan. Hy het sommer ook ’n oudisie gedoen en die werk gekry.

“Ons was almal verstom, want hy het nie oorspronkl­ik belang gestel nie. Hy het maar net saam gegaan om my te ondersteun, maar dit het later sy passie geword. Reuben het ’n hart van goud en ’n passie vir mense gehad. Omdat hy geglo het hy nie 40 sou sien nie, wou hy alles in sy vermoë doen om mense se omstandigh­ede te verbeter terwyl hy nog gelewe het,” vertel sy.

“Hy het omtrent 10 jaar by die radiostasi­e gewerk en in daardie tyd het hy vroue, kinders en arm mense baie gehelp. Elke program of projek wat hy aangepak het, is spesifiek gekies om iemand te help. In daardie tyd het hy ook getrou en met ’n gesin begin.”

Toe word hy in 2006 met ’n skildklier­toestand gediagnose­er. Dit het probleme met sy stem veroorsaak en hy het baie gewig begin verloor.

“Dit was vir hom ’n moeilike tyd en alles het net uitmekaar begin val. Hy moes later sy werk by die radiostasi­e los, hy en sy vrou het geskei en ons verhouding was ook nie meer so sterk nie. Hy het besluit om oorsee te gaan werk en studeer vir omtrent vyf jaar vir ’n veranderin­g. Toe hy terugkom, het hy vir my gevra of hy saam met my en my pa kan kom bly in Kaapstad en dit is toe ons weer close geword het,”vertel Eastlin.

“Toe hy terugkom, was hy baie gelukkig en was hy weer sy ou self. Hy wou onmiddelli­k aangaan met sy planne om mense te help. Sedert sy sterfte is daar so baie mense wat vir ons laat weet het dat hy weekliks gesorg het dat hulle families kos kry, dat hy ’n kind maandeliks gesponsor het vir skool en selfs mense wat vir sy werk laat weet het dat hy vir ure saam met hulle in die donkerte gesit het toe hulle krag af was.”

Vernon Vraagom, Reuben se voormalige bestuurder by Radio Weskus, sê vandat hulle op die stasie aangekondi­g het dat Reuben oorlede is, het hulle oor die afgelope week honderde oproepe en boodskappe van luisteraar­s ontvang.

“Dit is regtig amazing hoe mense nou nog so baie vir hom omgee. Hy was al jare gelede weg, maar almal onthou hom en die luisteraar­s was baie lief vir sy shows. Hy was een van die gemeenskap en het altyd die extra mile gegaan vir sy medemens. Dit is hartseer dat hy só moes sterf.”

Eastlin het Reuben se laaste voice note gespeel wat hy ’n uur voor sy afsterwe gestuur het. Wanneer jy na daardie opname luister, kan jy die lus vir die lewe in sy stem hoor. Hy verduideli­k in die boodskap waar oral hy vir die dag al rondgery het en dat hy een van sy kollegas by die huis eers gaan aflaai omdat hy nie vervoer het nie. Hy het ook aangebied om ná werk kos te gaan koop vir sy familie.

maak vrede

Sy stem klink sterk en gelukkig in die opname. Jy sou nooit kon dink dat hy net ’n uur ná dié opname vir ’n selfoon en ’n horlosie met sy lewe moes boet nie.

Eastlin sê al het Reuben gewéét hy sou nie tot 40 leef nie, dink sy nie hy sou kon raai dat hy so wreed vermoor sou word nie. Maar, volgens haar, het hy in die aanloop tot sy 40ste verjaardag sy sake in orde begin kry juis omdat hy geglo het hy sou dit nie maak nie.

Volgens Eastlin het hy tyd met haar deurgebrin­g om haar te bedank vir alles wat sy vir hom beteken het en ook dinge met sy eksvrou gaan regstel en met haar vrede gemaak.

“Hy het gesê hy het alles gedoen wat hy op aarde moes doen. Hy het probeer om al sy foute reg te maak en hy dink hy het dit nou reggekry. Hy is klaar en reg om te gaan,” vertel Eastlin.

“Dit is wonderlik om te sien wat hy vir ander beteken het en die verskil wat hy in so baie mense se lewens gebring het. Hy het regtig vir ons almal gewys hoe om voluit te lewe en die beste van jou lewe te maak. Hy was die afgelope jaar die gelukkigst­e mens.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Reuben se suster, Eastlin Florence. REGS: Reuben het jare lank as omroeper gewerk.
HOOFFOTO: Reuben se suster, Eastlin Florence. REGS: Reuben het jare lank as omroeper gewerk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa