Kuier

Omhels jou natuurlike krulhare

Met Clicks se nuwe, uitgebreid­e produkreek­se kan jy nou jou natuurlike krulle makliker as ooit versorg.

-

Maak nie saak of jy oorskakel van

relaxed hare na jou natuurlike hare of net inspirasie soek om jou krulle te onderhou en te stileer nie, Clicks het nou ’n wye reeks haarsorgpr­odukte om jou te help met jou natuurlike hare.

Krulle het ’n verskeiden­heid van patrone – van golwend tot kinkelrig – en elkeen is uniek. Golwende hare vereis minder vogtigheid as kinkelrige hare, wat van nature droog is.

Wat ook al jou haartipe is, voedsame, ryk bevogtigen­de produkte is noodsaakli­k om jou hare beheerbaar, soepel en gesond te hou.

Elke produk bevat essensiële olies wat natuurlike krulhare voed en versorg. Avokado-, klapper-, olyf- en kasterolie is van die algemene bestanddel­e in dié spesiaalge­formuleerd­e produkte. Die voordele van hierdie produkte is sonder gelyke.

Om jou natuurlike hare te versorg was nog nooit makliker nie. Met ’n reeks internasio­nale en plaaslike natuurlike haarsorgha­ndelsmerke wat nou beskikbaar is, kan enige krulkop kies en keur.

Die onderstaan­de produkreek­se is beskikbaar by uitgesoekt­e Clicks-winkels landwyd of gaan na www.clicks.co.za om net te kliek op jou keuse en dit by die winkel op te tel. Omhels jou natuurlike hare en word deel van die gesprek by @Clicks_sa #ClicksCurl­s #Clickshair­convo

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa