Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

So baie mense kom oor ons lewenspad – dié wat jou liefhet en ander wat jou sal verraai. Maak seker jy weet wie’s wie.

- Deur Ernest Loth

Myoumahet altyd gesê:“My kind wees versigtig vir diegene wat met hul voortande smile, maar intussen jou met hul agtertande kou.”

Die Bybelse figuur Judas, is seker die een met wie Christene persoonlik ’n waatlemoen sou wou skil as hulle hom deesdae sou raakloop!

Want kyk, dit wat hy darem gedoen het om iemand so na aan hom te verraai, iemand van wie se wonderwerk­e hy getuie was, iemand wat liefde verkondig het.

Die ontdekking dat die Messias nie die een is wat hy gedink het nie, was dalk vir Judas hopeloos te veel. Dalk was die ergste toe hy besef dat hy iemand wat hom liefgehad het en bereid was om vir hom te sterf, verraai het en daarom het hy homself van kant gemaak.

Maar is Judas werklik dood? Ek glo nie. Hy dwaal nog openlik tussen ons rond. In ons eie huise, die kerk, ons werkplekke en tussen ons vriende. Dié wat in reïnkarnas­ie glo, sal met my saamstem dat Judas ook deesdae in vroulike gedaantes verskyn.

Dit is nogal skokkend om te sien hoe die mense wat jy soms die meeste vertrou, diegene is wat jou soos ’n pofadder aan die haksteen byt . . . en soms wanneer jy dit die minste verwag. Maar dis wat gekamoefle­erde reptiele doen!

’n Mens moet jou as individu maar daaraan troos dat die Meester ook deur dieselfde teleurstel­ling en innerlike pyn moes gaan met die ontdekking van Sy dissipel se verraad. Dieselfde met die wete dat ’n eie familielid, vriend of kollega met verskuilde agendas in jou beweegarea funksionee­r. Baie keer met die mooiste en skynbaar opregste glimlag.

Soms is ons bewus van die verraaiers tussen ons, in ons familie-, vriendekri­ng of werksplek, maar is te bang om hulle te konfrontee­r. Ek verkies dat mense liewer openlik vyandig is as wat hulle valse vriende is. Openlike vyande wys hul ware kleure sonder enige pretensies en jy weet waar jy met hulle staan. Maar oe wee, dié wat met hul voortande glimlag en jou agter jou rug bespreek en afkraak, is gevaarlik. Want die verspreidi­ng van skindersto­ries om jou swart te smeer, is soos ’n onsigbare web wat jou onwetend later onbewustel­ik wil verstrik en om jou tot ’n val te bring . . . My ouma van die Karoo het altyd gesê: “My kind wees versigtig vir diegene wat met hul voortande smile, maar jou intussen met hul agtertande kou.” Eers was dit nie vir my verstaanba­ar nie, maar ek het mettertyd die wysheid van die skynbaar betekenisl­ose woorde besef.

Die lewe het vir my baie lesse geleer; as ’n mens vir ander gate grawe, val jyself later daarin.

Jy moenie jou ore uitleen aan skindersto­ries en van jou ore vuilgoeddr­omme maak nie. Dat ek my mond moet oopmaak wanneer iemand wat ek goed ken in my teenwoordi­gheid afgekraak word, want sy is nie teenwoordi­g om haarself te verdedig nie.

’n Judas in ’n familie is ’n bitter pil om te sluk. Só kom dit byvoorbeel­d voor waar erfporsies en wonings wat eintlik vir die een suster moes gaan, dan skielik vir die broer nagelaat word wat dit nie verdien nie omdat laasgenoem­de die kop van die oorledene omgepraat het tydens ’n laaste testament veranderin­g sonder dat diere s van die familie weet!

’n Iskariot in vriendekri­nge kom gereeld voor en is meestal maar die oorsaak van jaloesie oor iemand se prestasies of sukses, selfs oor mense se innemende persoonlik­hede en eerlikheid of omdat ander mense van hulle hou.

Ten slotte is ’n verraaier in die werkplek ook iemand om mee rekening te hou. Want heel dikwels word baie mense verblind deur hebsug en beroof van hul menslikhei­d in hul vraatsugti­ge strewe na sukses en rykdom en mag.

Dis goed om te kompeteer en te strewe na die boonste sport, maar as mens daar bo kom, moet jy jouself afvra; hoe het ek hier gekom? Deur my eie eerlike harde werk? Het ek op ander mense getrap om te kom waar ek is? Was ek bestand teen die Judas in my?

Aan die einde van die dag moet ons maar almal introspeks­ie doen en appeltjies met onsself skil voordat ons ’n waatlemoen met ander wil skil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa