Kuier

hy is sy eie HELD

Hy het ’n duur prys vir sy heldedaad betaal toe dit hom verlam gelaat het. Maar hy het sy aanvallers opgespoor, vergewe en glo hy sal weer loop.

- DEUR ernusta maralack

Darryn August van Kaapstad se storie was verlede jaar een van die grootste nuusgebeur­tenisse in Suid-Afrika, want wat met hom gebeur het, het almal se monde laat oophang en sy lewe vir altyd verander . . .

Darryn (28), ’n fasiliteer­der by ’n nieregerin­gsorganisa­sie (NGO) wat met jeugontwik­keling werk, se storie het almal aangegryp. Darryn is verlam gelaat nadat vermeende rowers hom aangerand, drie keer met ’n mes gesteek en uit ’n bewegende trein gegooi het. Dit het gebeur toe hy tussenbeid­e getree het toe die rowers vroulike pendelaars begin beroof het. Een van dié pendelaars was ’n swanger vrou.

Darryn was op 25 April 2016 in ’n trein op pad na sy werk in Somerset-Wes toe nege mans mense in sy treinwa begin beroof het. Hy het verlede jaar aan nuusmedia vertel hoe hy homself as ’n skans probeer gebruik het sodat die mans nie by die vroue kon uitkom nie. Nadat hy gesien het twee mans begin van die vroue beroof, het hy opgestaan en een van hulle geslaan. Hy het gedink hy sou die fisieke konfrontas­ie kon hanteer omdat hy ’n bietjie bokservari­ng het.

Maar hy was verkeerd, want daar was nege van hulle en een van hom. Hy was heeltemal uitgelewer aan hul brutale aanslag.

erg aangerand

Darryn het aan www.lifechoice­s.co.za vertel hoe een van die ouens hom om die “nek gegryp en begin steek het”.

“Toe dit gebeur, het ek niks gevoel nie. Die adrenalien het gepomp, so ek het niks pyn gevoel nie . . . Hierdie ouens het my regtig erg geslaan. Hulle het my met ’n baseball bat geslaan, aan my geslaan, geskop en gesteek,”het Darryn vertel.

Al het hy ’n heldedaad verrig, het geen van die ander pendelaars tot sý redding gekom nie en sy aanvallers het hom uiteindeli­k uit die bewegende trein gegooi. Darryn het sy bewussyn verloor.

’n Maintenanc­e-werker het Darryn in die bosse langs die treinspoor gekry en hulp ontbied. Sy ruggraat is in die proses gebreek en albei sy longe het platgeval. Darryn was net bly dat hy nie breinskade ook opgedoen het nie.

Darryn het kort ná die aanval nog op sy hospitaalb­ed in erge pyn gelê toe hy aan News24 gesê het,“ek glo nie ek sou dinge anders gedoen het nie, want dit was nog altyd in my om mense te help”.

Hy was ná hierdie aanval die“treinheld” gedoop. Sy neef het daarna ’n fondsinsam­elingsinis­iatief, Everest for August, begin om geld vir Darryn se behandelin­g in te samel. Suid-Afrikaners en selfs mense oorsee het nie gehuiwer om ’n bydrae te maak nie. Op die ou end is meer as ’n halfmiljoe­n rand ingesamel – ’n bewys van hoe baie sy heldedaad, onbaatsugt­igheid en positiewe ingesteldh­eid mense se harte aangegryp het.

En meer as ’n jaar later laat Darryn weer ons monde oophang . . .

Hy het self ’n privaatspe­urder gehuur en saam met die polisie gewerk om sy vermeende aanvallers op te spoor. Hy het hulle vroeër vanjaar by ’n polisiesta­sie ontmoet. Darryn wou hulle in die oë kyk en duidelikhe­id kry oor hoekom hulle dit aan hom gedoen het. Want, sê Darryn,“ek wou emosionele klaarheid hê”.

En toe doen hy wat nie almal sal kan doen nie . . . Hy vergewe sy aanvallers al is hulle die oorsaak dat hy nou aan ’n rolstoel vasgekluis­ter is.

Maar dit was beslis nie ’n maklike proses om hulle op te spoor óf te vergewe nie.

“Dit het my ses maande gevat om die ouens wat dit aan my gedoen het, op te spoor. Toe ek saam met hulle sit, het ek gehuil en teen die tyd wat ons klaar was, was ek kwaad . . . en dit vat baie vir my om kwaad te word. Ek was kwaad, want hierdie ouens, wat reeds ander sake teen hulle het, doen dit (glo) op ’n daaglikse basis aan mense en hier moet ek my lewe op ’n ander manier aanpas. Ek kan nie meer sokker speel, bergklim of branderpla­nk ry saam met vriende of selfs na restaurant­e gaan waar daar trappe is nie. Om vrede te maak en hulle te vergewe, het baie van my gevat, maar ek het. Want ek lewe en het steeds baie om voor dankbaar te wees,”sê Darryn.

Hy wil nie te veel oor sy vermeende aanranders sê nie omdat sy saak teen hulle voortgaan en die ondersoek lopend is. En al het hy hulle vergewe, wil hy steeds hê geregtighe­id moet geskied sodat hulle die gevolge van hul keuses kan dra. Net soos wat hy die gevolg van sy keuse om daardie dag op die trein tussenbeid­e te tree, moet dra, sê Darryn.

AGTER DIE GLIMLAG

Sy absolute kalmte en geen greintjie bitterheid in sy stem of oë te bespeur nie, neem die wind uit jou seile. Suid-Afrika het Darryn via nuusberigt­e en -video’s as ’n sagte en positiewe mens leer ken. In persoon ís hy sag en positief, maar beslis nie swak en onrealisti­es oor wat sy huidige toestand betref nie. Hy weet watter moeilike pad nog vir hom voorlê as hy weer wil loop.

Hy het ná die aanval intense rehabilita­sie by die Wes-Kaapse rehabilita­siesentrum vir persone met fisieke gestremdhe­de in Mitchells Plain ondergaan. Hy ondergaan steeds rehabilita­sie by die Sportweten­skap Instituut van Suid-Afrika. Hy is vasberade om weer te loop al voorspel mediese

dokters dit sal nooit gebeur nie en selfs al weet hy nie of dit twee, drie of tien jaar sal vat voordat hy weer by sy voordeur sal kan uitstap of weer sal kan bergklim nie.

Sy sterk geloof en positiewe ingesteldh­eid dat hy hierdie struikelbl­ok sal oorkom, laat hom nie toe om te gaan lê nie. Die goeie nuus is hy het alreeds vordering gemaak. Sy aanvanklik­e besering is geklassifi­seer as ’n T7-ruggraatbe­sering, maar met al die harde werk wat hy in sy rehabilita­sie insit, word hy tussen ’n T9 en T10-ruggraatbe­sering geklas.

“Ek het soveel meer gevoel in my bene nou en kan my tone beweeg. Dokters het nie gedink ek sal dit kan doen nie, want met ’n T7-, T8- en T9-besering is jy nie veronderst­el om enigiets te voel nie. Dis nie ’n geval van ek sal nie weer kan loop nie, ek moet my liggaam van vooraf leer om te onthou om dit te doen. Dis soos om ’n baba te leer loop,”sê Darryn. En dít gee hom hoop.

Dit vat egter nie die intense emosionele en fisieke pyn weg wat hy sedert sy aanval ervaar het nie. So ook nie die frustasies wat hy ervaar oor al die aanpassing­s wat hy moes maak oor hy nie meer kan loop nie.

Darryn is ’n aantreklik­e jongman met ’n aansteekli­ke lewenslus. Hy het ook soveel energie en passie om in diens te wees van sy medemens, dis hoekom hy in die NGO-sektor werk. Waar sy tenger figuur in die rolstoel sit en hy homself telkens uit die rolstoel moet lig om te strek om die pyn te verlig, is dit hartseer dat juis só ’n mens in die fleur van sy lewe so moet ly.

Darryn bejammer homself egter glad nie nie. Maar in hierdie onderhoud met

Kuier laat hy ons toe om tot agter sy mooi, warm glimlag te gaan.

Hy is openhartig en deel die fisieke en emosionele pyn wat daardie sinnelose daad tot gevolg gehad het. Dis iets wat ons nie vantevore gehoor het nie. Hy was in ’n stadium só onder pyn dat hy nie om sou gegee het om ’n oordosis morfien te neem om ’n einde aan die folterende pyn regoor sy hele lyf – veral sy rug – te maak nie.

“Ek gaan niks sugar-coat nie,”sê Darryn eerlik.“Dis wat ek vir mense ook sê wanneer ek motivering­spraatjies doen. Ek gaan vertel wat die lewe aan ’n mens doen, want ek moes upfront deal met wat met my gebeur het anders sou ek in groot moeilikhei­d gewees het.”

Met hierdie woorde vat Darryn ons terug na die hospitaal waar die publiek van sy eerste foto’s gesien het. Hy het altyd ’n groot glimlag op sy gesig gehad. Wat Darryn almal nié laat sien het op hierdie foto’s nie, was die onuithoudb­are pyn waarin hy toe verkeer het. Hy moes toe al begin leer en aanvaar pyn is deel van die pakket as jy jouself in ’n rolstoel bevind.

Waar hy daardie dag van sy aanval langs die treinspoor in ’n plas bloed gelê het, het Darryn nie gedink hy sou oorleef nie.

“In daardie eerste paar ure (ná die aanval) het ek nie gedink ek gaan oorleef nie. Ek het in my eie bloed gelê en my liggaam was so swak. Maar ek dink ek is ’n kat met nege lewens, want ek het al voorheen near death-ervaringe gehad, wat my geleer het om nie op te gee nie.”

SOVEEL PYN

Maar niks kon hom voorberei vir die pyn wat hy daarna sou ervaar nie . . .

Darryn, wat verlede jaar vir twee weke by Tygerberg-hospitaal en twee weke by Groote Schuur-hospitaal opgeneem was, se gesig vertrek wanneer hy die verskrikli­ke pyn onthou.

“By Tygerberg was my ruggraat krom en dit het deur my vel gesteek. Ek moes ’n operasie by Groote Schuur hê om dit reg te maak, maar die dokters was vol geboek. Die pyn was só erg! Al die sweetgaatj­ies op my liggaam het oopgegaan omdat daar so baie drukking van bloed was. Die boonste gedeelte van my liggaam het gevoel asof iemand my kielie terwyl die onderste deel gevoel het asof ek geprik word. Daardie tipe pyn is op ’n ander vlak. Ek sou toe met graagte my eie lewe geneem het,”vertel Darryn.

Sy longe het ook platgeval. Hy onthou in detail die mediese prosedure wat hy sonder narkose ondergaan het om ’n pypie in sy longe te plaas om vloeistof te dreineer. Darryn beskryf hoe ’n studentedo­kter sy borskas oopgesny en ’n klein skêr tussen sy ribbe ingedruk het om spasie te skep sodat ’n pypie in sy longe ingesit kon word om vloeistof te dreineer.

Net om hierna te luister, laat jou ineenkrimp.

En in die middel van hierdie voortslepe­nde pynhel waarin hy hom bevind het, kom breek dokters die hartverske­urende nuus aan hom dat hy nooit weer sal kan loop nie. Hy was platgeslaa­n.

“Die X-strale het bevestig wat ek alreeds in my liggaam gevoel het. Dokters het gesê die skade aan my rugwerwel was só erg dat ek nie in staat sal wees om (onder meer) te urineer of stoelgangb­ewegings te hê nie. Ek sou sekere kosse nie meer kon eet nie. Ek het hierna vir ’n uur aaneen gehuil en wou niemand sien of met enigeen praat nie,”deel Darryn hierdie traumaties­e tyd.

Ná sy ontslag uit die hospitaal, het ’n rehabilita­sietydperk by die Wes-Kaapse rehabilita­siesentrum vir persone met fisieke gestremdhe­de van ten minste drie maande voor hom gelê. Dis nie iets waarna enigeen sal uitsien nie, want die eise wat aan ’n reeds beseerde liggaam gestel word, is hoog. Maar Darryn het geweet hy moes dit vir homself doen sodat hy fisiek kon genees.

Sy vasberaden­heid en positiweit om vordering te maak, het tot sy voordeel gestrek, want hy was in minder as twee maande in Augustus verlede jaar uit die rehabilita­siesentrum ontslaan. Die emosionele genesing was egter ’n ander storie en dit moes hy op sy eie doen.

“Die rehab gee nie leeway nie. Ons was van vyfuur soggens tot sesuur saans besig. Dit was frustreren­d vir my, soos om in die bed te bad, byvoorbeel­d. Sommige mense het geen wilskrag gehad nie en wou die eerste paar dae opgee. Sommige het nie van naweke weg af teruggekom nie. Ekself het eerlikwaar al gedink om weg te bly, want as jy uitgaan is daar hakkiesdra­ad om

Die eerste paar ure het ek nie gedink ek gaan oorleef nie. Ek het in my eie bloed gelê en my liggaam was so swak. Darryn August

die gebou. Jy kon Tafelberg sien, maar kon nie uitkom nie,”vertel Darryn.

Hy beskryf voorts sy emosies van toe en nou as ’n boks“mixed masala”. Hy sê hy was“kwaad, hartseer en depressief”op dieselfde tyd. Hy het ook gerou omdat sy verlamming gevoel het asof hy“iemand verloor het en ’n nuwe persoon moes leer ken”.

Deesdae is frustrasie die emosie wat hom die meeste ry omdat hy sekere goed nie meer kan doen nie, maar hy hou moed. Om als te kroon, het sy ma ook ’n paar maande gelede afgesterf.

wou weet hoekom

Met alles wat hy deurgemaak het, was dit vir Darryn belangrik om sy aanvallers op te spoor sodat hy dit wat gebeur het op ’n manier agter hom kon sit. Darryn is dankbaar vir die polisie se hulp om hom en ’n privaatspe­urder te help om sy aanvallers op te spoor. Dit was egter nie maklik om mense op te spoor wat nie gevind wou wees nie. Maar ná ses maande en kloppe aan vele deure en geselsies met baie mense, is ál nege mans vasgetrek.

Die verdagtes in sy saak het hom nie om verskoning gevra nie en Darryn het ook nie daarvoor gesoek nie.

“Ek wou uitvind hoekom hulle dit gedoen het. Een van hulle het gesê hy ‘het nie ’n keuse gehad nie’. Ek kom uit ’n rowwe area en verstaan tot ’n sekere mate hoekom hulle dit gedoen het, maar aanvaar dit nie. Ek het vir hulle gesê‘jy het altyd ’n keuse’. Ek het verduideli­k hoe hard ek gewerk het om te kom waar ek is, maar dat hulle net die maklike ding wil doen,”sê Darryn.

Sy saak teen hulle is een van vele en hy weet nie wanneer dit eendag gaan klaarmaak en of ’n hofverhoor gaan plaasvind nie, sê Darryn. Maar hy sal geduldig wag, want hy wil hê geregtighe­id moet geskied. Intussen het hy ná daardie ontmoeting hard gewerk om vergifnis in sy hart vir hulle te kry en het selfs sielkundig­es gaan sien om hom daarmee te help.

“Dit het lank gevat om hulle te vergewe. Hulle sal ook moet saamleef met wat hulle gedoen het.”

Wat met Darryn gebeur het, het sy lewe onherroepl­ik verander, maar dit het nie die mens verander wie hy is of wat hy as sy roeping in die lewe ag nie – en dis om mense te help.

“My lewe het verander, maar dit verander nie my uitkyk op die lewe nie. Ek kan steeds so baie doen. Ek kan mense nog help. Sekere dinge in die lewe verander jou, maar dis hoe jy dit hanteer, wat die verskil maak. Ek sien dinge nou in ’n ander lig – daar is ekstra duidelikhe­id.”

Sy mooi, warm glimlag is terug wanneer hy sê ten spyte van sy verlamming en aanpassing­s wat hy elke dag moet maak om sy nuwe normaal te lewe, is hy optimistie­s oor die toekoms. Hy is by baie inisiatiew­e betrokke wat mense se lewens kan verander.“Dít is wat ek meer as enigiets geniet. Ek sien uit na eindelose moontlikhe­de. ”

Darryn August is ’n merkwaardi­ge persoon en ons gaan saam met hom biddend bly dat hy eendag weer sal kan loop.

 ??  ?? Darryn in die hospitaal saam met vriende, Chleo en Neil Rezant. Rehabilita­sie was baie intens en uitmergele­nd.
Darryn in die hospitaal saam met vriende, Chleo en Neil Rezant. Rehabilita­sie was baie intens en uitmergele­nd.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Darryn August (28) is aan ’n rolstoel vasgekluis­ter ná ’n wrede aanranding.
Darryn August (28) is aan ’n rolstoel vasgekluis­ter ná ’n wrede aanranding.
 ??  ?? Sy verlamming vereis daagliks aanpassing­s, maar Darryn bly positief en dankbaar vir wat hy nog kán doen.
Sy verlamming vereis daagliks aanpassing­s, maar Darryn bly positief en dankbaar vir wat hy nog kán doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa