Kuier

ROOSTERKOE­K EN KLEURVOLLE SMOORTJIE MET WORS

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

Roosterkoe­kdeeg (Lewer ongeveer 1 dosyn) 500 g koekmeel 1 pakkie kitsgis (yeast) 1 teelepel sout 1 eetlepel suiker 2 eetlepels olyfolie Genoeg louwarm water om ’n hanteerbar­e deeg te vorm

Vir smoortjie

3 eetlepels olyfolie 2 rooi uie in groot stukke gesny 2 koppies tamaties, in kwarte gesny 1 koppie gemengde soetrissie­s, grofgesny (rooi, geel, groen) ¼ koppie gekapte grasuie (chives) 2 eetlepels knoffel, grofgekap ’n Handvol geskeurde basilblare 1 teelepel suiker Sout en grofgemaal­de swartpeper na smaak

METODE Vir roosterkoe­kdeeg:

Voeg al die bestanddel­e bymekaar om ’n hanteerbar­e deeg te vorm. Knie die deeg op ’n skoon oppervlak vir 10 minute. Plaas in ’n bak en bedek met kleefplast­iek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume. Knie liggies af en verdeel in ewe groot stukke. Laat rys op ’n warm plek vir omtrent 30 minute. Braai stadig oor matige kole tot deurgaar en bruin.

Vir smoortjie:

Verhit ’n pan met hittebesta­nde handvatsel op die rooster oor matige tot warm kole. Plaas die olyfolie daarin, gevolg deur die uie, soetrissie­s, tamaties, knoffel, sout, peper en suiker. Roer gedurig sodat dit nie aanbrand nie. Sodra die tamaties en uie begin opbreek, voeg die basilblare en gekapte grasuie by. Bedien saam met gebraaide wors en roosterkoe­k. Hierdie gereg is voorwaar ’n lekker ontbyt om jou gesin mee te verras op Braaidag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa