Kuier

VARKREPE OP ’N STOKKIE

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

1 kg ontbeende varklies (pork belly), vel verwyder 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 ui, fyngekap ¼ koppie heuning 1 teelepel varsgemaal­de swartpeper 1 koppie sojasous ½ koppie tamatiesou­s ½ koppie appelbier (cider) ¼ koppie suurlemoen­sap

METODE

Sny die varklies in lang stroke van ongeveer 1 cm dik en 5 cm breed en plaas in ’n glasbak. Plaas die res van die bestanddel­e in die voedselver­werker en meng goed. Giet oor die vleisrepe en meng dit goed met jou hande sodat elke repie met die sous bedek is. Bedek die bak en laat 30 minute in die yskas marineer. Ryg die repe, losweg konsertina-styl elkeen op ’n stokkie en braai oor matige kole tot net-net gaar terwyl jy dit kort-kort bedruip met die marinade wat in die bak oorgebly het. Geur met sout en varsgemaal­de peper na smaak.

WENK: Sny die vel van die pork belly wat jy verwyder het in repe en plaas dit saam met die velletjies wat van die tjops afgesny is op die draadrak van ’n oondrooste­rpan. Vryf dit eers goed in met sout en laat staan vir 20 minute. Rooster dit in ’n voorverhit­te oond van 220ºC vir 20 – 25 minute. Hou fyn dop sodat dit nie brand nie. Meng 1½ eetlepels sout met ¼ teelepel gerookte paprika, ½ teelepel komynsaad en ½ teelepel vinkelsaad en bedien saam met die brosgebraa­ide repies. Heerlik!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa