Kuier

BAK ’N HOENDER IN DIE BRAAIKETEL

-

Die resep is só maklik en mense vra dikwels daaroor, so hier is hy. (vir 4 mense)

WAT JY NODIG HET

1 hoender 1–2 sopies van jou gunsteling­hoender spesery of“ru b” 1 blikkie appelwyn, gemmerbier, bier, Coke, appelsap of druiwesap 4 – 8 middelslag- tot groot aartappels

LAATWAAI!

1. Maak die blikkie appelwyn/bier/sap/ koeldrank oop en gooi ’n derde van die inhoud in jou keel af. Laat die res van die vloeistof in die blikkie kamertempe­ratuur bereik. (’n Blikkie teen kamertempe­ratuur is beter as ’n koue een omdat die vloeistof binne-in vinniger sal begin stoom.) As jy ’n outydse blikoopmak­er het, druk nog ’n paar gate bo in die blik. Anders kan jy die een of ander deel van jou veeldoelig­e mes gebruik om die gate mee te maak, maar wees versigtig om nie jouself ook vol gate te maak nie!

2. Steek die houtskoolv­uur aan en stel jou braaiketel op vir nie-regstreeks­e braaiwerk. By ’n Kamado-tipe ketel behels dit dat jy die weerkaatsi­ngs plaat moet gebruik; by ’n gewone braaiketel beteken dit jy moet twee hopies kole op die onderste rooster hê met ’n oop strook in die middel.

3. Verwyder die binnegoed uit die binneholte van die hoender (as dit nodig is).

4. Vryf die binne- en buitekant van die hoender goed met hoenderspe­serye of ‘rub’.

5. Druk die blikkie van punt 1 hierbo in die binneholte van die hoender.

6. Maak die hoender staan (die blikkie binne-in sal ook regop wees) in die middel van die boonste rooster van jou braaiketel en pak die aartappels om die hoender.

7. Sit die deksel op en bak die hoender vir 1 uur teen 180°C. Maak seker die onderste en boonste lugluike is oop, anders gaan die kole uitdoof en doodgaan.

8. Moenie die deksel in die eerste 50 minute oplig nie.

9. Ná 50 minute tot 1 uur sal die hoender

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa