Kuier

Wat sÊ gelowe oor vleis?

-

Halaal

Halaal is ’n Arabiese woord wat“wettig” of“toelaatbaa­r” beteken vir Moslems. Die antoniem van halaal (wettig) is haram (onwettig) wat verwys na onwettige items. Moslems word slegs toegelaat om die vleis van sekere diere te eet. Vark word glad nie toegelaat nie en niks wat as halaal geklassifi­seer was, mag enigsins in aanraking kom met enige iets wat haram is nie. Diere moet ook volgens die gespesifis­eerde rituele prosedures geslag word. Die dier moet lewendig en gesond wees, slegs ’n Moslem mag die slagwerk volgens die gepaste ritueel uitoefen, en die dier se keel moet vinnig en met een slag met ’n skerp mes gesny word en die dier mag nie in die proses ly nie. Daarna moet die bloed uit die karkas gedreineer word.

Kosher

In Hebreeus beteken “Kashrus”, waarvandaa­n die woord kosher afkomstig is, geskik of suiwer. Die wette van “Kashrus” bevat ’n omvattende wetgewing oor hoe toegelate en verbode kosse vir Jode voorberei moet word. Die enigste tipe vleis wat geëet kan word, is beeste en wild wat kloofhoewe het en plantvrete­rs is. Voorbeelde van kosherdier­e is bulle, koeie, skape, lammers, bokke en springbokk­e. Verder moet ’n kosherspes­ie slegs deur ’n “Schochet” (’n rituele slagter) geslag word. Aangesien die Joodse wet dit verbied om diere te laat ly, moet die slagtery op só ’n wyse plaasvind dat bewusteloo­sheid oombliklik is en die dood byna onmiddelli­k plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa