Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Dis elke jaar se storie. Ons begin werk aan die Verjaardag­uitgawe en skielik dring dit tot jou deur hoe gelukkig ons is om ons daaglikse brood op hierdie manier te kan verdien!

Ek kan nie glo die tydskrif is al agt jaar oud en die grootste Afrikaanse vrouetydsk­rif in die land nie! Jy kan nie help om nostalgies te raak as jy dink aan al die stories wat ons al vertel het en die mense wat ons ontmoet het nie. En heimlik hoop ek ons het langs die pad ’n verskil gemaak en ’n paar lewens ook verander.

Ek dink dis daarom dat die span alles uithaal om hierdie uitgawe ekstra spesiaal te maak. Dis regtig ons manier om ons lesers te bedank vir al hul ondersteun­ing oor die jare deur dik en dun. Ons wys ook wat ons die beste doen en dit is om mense se stories vertel, veral diegene wat nie noodwendig die aandag in die media kry wat hulle verdien nie en ons celebrate ook behoorlik ons rolmodelle. Regtig, ons doen alles wat lekker is in hierdie uitgawe en daarom is die resepte ook uit die boonste rakke, want hulle moet gebêre word.

Maar dis die inspireren­de mensestori­es wat ons die afgelope agt jaar laat groei het tot die derde grootste in die land. Moenie Charilene Scheepers en Darryn August se stories misloop nie. Hulle bewys die ware helde is om ons en dis Kuier se voorreg om hul stories te kan vertel. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa