Kuier

Carien se wenke vir enkelma’s

-

Moenie dissipline­er as jy kwaad is nie

Makliker gesê as gedaan?“Indien jou kind iets doen wat jou baie ontstel, neem ’n paar minute om diep asem te haal voor jy reageer,”sê Carien. As jy baie emosioneel is, is dit maklik om iets te sê of te doen waaroor jy later gaan spyt wees.

Besluit wat is belangrik

“Neem tyd vir selfonders­oek en besluit wat in die lewe is vir jou belangrik.”Dit kan dinge insluit soos geloof, gehoorsaam­heid, geduld, respek, eerlikheid, kreatiwite­it, dapperheid en nog meer. “Dink daaroor, praat met ander wat jy vertrou. Kies dan vier of vyf wat vir jou die belangriks­te is en skryf dit neer. Gebruik dié waardes as jou riglyn vir huisreëls.”

Betrek jou kinders by die huisreëls

Dit is belangrik om jou kinders betrokke te maak by die huisreëlsp­roses omdat dit hulle eienaarska­p gee. ’n Goeie idee is om hulle voorstelle te vra oor die gevolge van ongehoorsa­amheid. Kweek ook begrip by jou kinders oor reëls sodat dit nie afgedwing is nie.

Geen huishoudin­g gaan presies dieselfde huisreëls hê nie.

“Dit hang af van die ouderdom van jou kinders, hul

geslag en jou unieke omstandigh­ede. Baseer jou huisreëls op jul gesinswaar­des en kommunikee­r dit duidelik aan jou kind dat hy presies weet wat van hom verwag word.

Wees altyd konsekwent

“Konsekwent­heid skep ’n gevoel van veiligheid by kinders. As hulle nie vandag na agtuur mag televisie kyk nie, mag hulle ook nie môre nie.”Jy mag die reëls nou en dan bietjie buig, maar oor die algemeen moet reëls konsekwent bly.

Moenie dreig dreig dreig nie.

Dis baie belangrik om net een keer te waarsku en as hulle aanhou, op te tree soos jy gesê het jy sal.“Kinders kom vinnig agter wanneer jy net dreig en niks doen nie en dan sal hulle jou nie ernstig opneem nie.”

Wees ouderdom spesifiek

Doen navorsing oor wat“normale” gedrag is vir ’n sekere ouderdom en wat jy te wagte kan wees.“Byvoorbeel­d, is dit billik om van ’n tweejarige te verwag om vir ’n uur lank in die kerk stil te sit?”

Leer ken jou kind

“Net omdat jou buurvrou se seun alleen kan fietsry, beteken nie joune moet ook

nie,”sê Carien. Deur kwaliteitt­yd met jou kinders te spandeer, leer ken jy hulle unieke persoonlik­hede.“Fokus dan op jou kind se sterkpunte in plaas daarvan om hul swakhede te kritiseer.”

Skep ’n span

As jy gelukkig genoeg is om ’n familielid te hê wat jou help, is dit belangrik dat julle ’n gesprek moet hê oor dissipline. Jy moet vir hulle verduideli­k hoe belangrik konsekwent­heid is en dat dit ’n gevoel van veiligheid skep vir die kind. “Natuurlik wil ouma bietjie bederf en dis oukei. Maar probeer sover moontlik dat dieselfde reëls by albei huishoudin­gs geld.”

Ons almal maak foute!

Niemand is perfek nie.“Jy gáán soms jou humeur verloor. Jy gáán soms onredelik of onregverdi­g wees. Vergewe jouself, sê jammer en beweeg aan.”

Maak seker jy het ’n ferm, ernstige stemtoon

Noem dit sommer jou“kwaaistem”! Kinders ontwikkel vroeg-vroeg die vermoë om af te skakel as jy begin skel. Ontwikkel eerder ’n“kwaaistem”wat jou kinders sal laat regop sit en luister. Praat in ’n diep, stadige, duidelike stemtoon om te wys jy is ernstig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa