Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Ou lieg oor MIV-toets Vraag NOOIT GETOETS NIE

Antie Val, my hart is vandag seer en ek is bang, want my ou het vir my gelieg. Ek en hy gaan nou al amper 7 maande uit en ons gebruik niks kondome nie. Ek het reg in die begin dit duidelik gemaak dat ons onsself vir Aids moet toets en dat ons nie voor dit sonder beskerming kan seks het nie. Ons sou saam gegaan het, maar iets het skielik voorgeval en toe kon hy nie kom nie. Hy het belowe om op sy eie te gaan. Nou kom dit uit dat hy nooit gegaan toets het nie en ek is seergemaak en bang. Hy het al baie meisies gehad. BANG EN SEER

Antwoord BESTE BANG EN SEER

’n Mens kan regtig nie ’n verhouding op leuens bou nie. Hy het geen respek vir homself of vir jou nie, want niemand speel met hul eie of met iemand anders se lewe nie. Jy sal onmiddelli­k weer jouself moet laat toets, nie net vir MIV nie, maar vir die volledige STD-reeks. Dit sal jou net help om gemoedsrus te hê. Onthou dat MIV graag wegkruip en dat daar ’n vensterper­iode is, so jy sal heel moontlik weer binne drie maande jouself moet laat toets. Skop die ou onder sy bas en beweeg aan. Al is hy gesond weet mens nie hoe hy weer vir jou in die toekoms sal lieg en bedrieg nie. Sy woord is duidelik nie sy eer nie.

Vraag MY KINDERS LUISTER NIE

Liewe antie Val, ek is ’n enkelma van twee dogters. Hulle is nou 16 en 17 jaar oud. Ek is nie seker hoe om my kinders te oortuig dat dit nie die moeite werd is om hulle so gou aan boyfriends bloot te stel nie. Hulle luister net mooi niks na my nie en ek is bewus dat hulle nou al seksueel aktief is. Ek kan nie nou al ’n ouma word nie en kan ook nie bekostig om na nóg ’n kind om te sien nie. Wat moet ek doen? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Dit is seker elke ouer – of jy nou enkel is of nie – se groot kopseer oor hoe hulle die beste vir hul kinders sal kan sorg. As ouers kan ons nie regtig voorsienin­g vir alles maak nie. Jou dogters is groot en as jy hulle mooi geleer het, is dit al wat jy kon en kan doen. Wat hulle daarvan maak, is hulle eie besluit en hulle sal dus duur lesse leer as hulle jou minag. Wees oop en eerlik met hulle. Dit maak dinge makliker en hulle sal jou dalk beter in hulle doen en late ken. Dit is onmoontlik om hulle van alles te beskerm, maar wees ten minste oop en eerlik oor jou gevoelens. Gee praktiese advies en moedig hulle aan om die regte ding te doen sonder om te preek. Vat hulle self kliniek toe en help om hulle teen siektes en swangerska­p te beskerm. Die stadium wat hulle nou deurmaak, is nie van die beste nie, maar as hulle daar vir mekaar kan wees, sal hulle ook dalk minder swak besluite neem. Gee hulle net al die liefde en ondersteun­ing wat jy kan. Hulle weet tog wat jy deurmaak, so gee hulle ’n bietjie meer krediet.

Vraag EKWIL ’N MAN HÊ

Antie Val, my man is 6 maande gelede oorlede. Ons het ’n baie goeie verhouding gehad. Hy is ná ’n baie lang siekbed oorlede en ek het self na hom omgesien. Ons het vir jare geen aksie gehad nie, want hy was nie in staat om enigiets te doen nie. Ek was so alleen op daardie punt alhoewel ek baie lief was en steeds vir hom is. Ek het nou deur my niggie en haar man ’n maat ontmoet en nou, alhoewel almal dink dit te vroeg is, is ek opgewonde oor my toekoms. Is ek uitgelate om só te voel? Is ek besig om ’n bespotting van my man te maak? VERWARD

Antwoord BESTEVERWA­RD

Ag nee, mense moet ophou so oordeel. Jy het jou man tot sy dood bygestaan en dit is wat jy belowe het om te doen. Wat daarna gebeur, is jou besluit, want jy is die een wat saans sag moet slaap. Mense sal altyd van ander praat en ’n beter plan het, maar in die werklikhei­d is dit jy wat jou lewe in eie hande moet neem. Wees geduldig met jouself. Moenie die ding oordink nie. ’n Groot vrou soos jy hoef nie skuldig te voel omdat sy die aandag van ’n man wil hê nie. Ek wens jou sterkte toe en hoop jy kry wat jy wil hê. Ek is seker jou man wil jou graag gelukkig sien. Stuur ’n SMS met die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of e-pos kuier@kuier.co.za met ANTIE VAL in die onderwerpl­yn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa